SA Grain October 2013 - page 57

Weer
Insette/Produksie
Produk-inligting
PLAASWEERSTASIES
vergemaklik besluitneming
HANNES ENSLIN, BVG
Ons is almal bewus van die groot invloed wat
die weer op die graanprodusent in Suid-Afrika
het. Die grootste risiko vir die produsent en
verbruiker in die graanbedryf, is natuurlik die
gebrek aan reën op kritieke tye.
Deur die jare heen het allerlei planne na
vore gekom – met die uitsluitlike doel om
beter besluite te kan neem – maar die mees
betroubare was nog altyd om baie deeglik
rekord te hou van wat gebeur het en die
patrone van die verlede as ‘n riglyn te gebruik.
Trouens, die meeste internasionaal erkende
voorspellingsmodelle werk op hierdie beginsel.
Rekordhouding was altyd beperk tot
handgeskrewe dokumente wat veral deur
produsente gebruik is. Ná baie jare se
ontwikkeling het outomatiese weerstasies
meer betroubaar begin raak en kan nou met
baie min onderhoud in stand gehou word.
In die nuutste navorsing word daar meer van
satellietdata en lugfoto’s gebruik gemaak om
weerdata te versamel. Hierdie tegnologie
is nog in die toetsfase en daar is nog baie
ontwikkeling nodig om die akkuraatheid
daarvan te bepaal en te verseker.
Ondervinding het ons geleer dat produsente
en gebruikers graanbemarkingsbesluite neem
op grond van gerugte, in plaas van goed
nagevorsde inligting. BVG het daarom besluit
om ‘n weerstasienetwerk daar te stel waarmee
die graanbedryf betroubare, akkurate weerdata
op ‘n daaglikse basis kan kry.
Teen dié agtergrond het BVG ‘n eie unieke
produk ontwikkel – ‘n weerstasie vir landbou-
toepassing wat die volgende metings kan lees:
Reënval asook die intensiteit daarvan;
Hael se intensiteit;
Windrigting en windspoed;
Temperatuur;
Lugdruk;
Humiditeit;
Sonstraling-intensiteit; en
Boonop word daar daagliks op ‘n bepaalde
tyd ‘n foto van die gebied geneem.
Die produk kan selfs aan sensors gekoppel
word vir die lesing van blaarnatheid, grondvog
en grondtemperatuur op verskillende dieptes.
Daar is geen bewegende dele aan die totale
digitale Vaisala Multi-sensor wat deur BVG
gebruik word nie en die waardes wat gemeet
word, is baie meer akkuraat en betroubaar
as die tradisionele instrumente. Veral die
reënmeter is baie uniek, want dit skakel
onder meer die effek van die wind op die
reënvallesing uit.
Die enigste werklike afwykings wat soms
waargeneem word, is reënlesings tydens ‘n
wolkbreuk óf baie fyn misreëntoestande en dit
is as gevolg van die werking van die sensor.
Hierdie weerstasie se hart is ‘n unieke
data
logger
wat die kommunikasie en werking
van die stelsel beheer, met ‘n battery en
sonpaneel wat die krag verskaf en via
bestaande kommunikasienetwerke aan die
sentrale rekenaarstelsel koppel, wat dit
weer na die internet vir kliënte en die bedryf
beskikbaar stel.
Verskillende opsies is beskikbaar vir die
uiteenlopende gebruikers van hierdie weer-
stasie. Daar is tans reeds 12 stasies in die
somergraangebied ontplooi wat uurliks data in
vyfminuut-intervalle stuur en dan is daar ook
die foto wat geneem word van die area waar
die weerstasie staan. Die gedagte rondom die
weerstasie is om uiteindelik die produsent en
die verbruiker in staat te stel om beter besluite
te neem deur akkurate en betroubare inligting
te verskaf. Saam met die basiese inligting,
wil BVG dan ook die inligting verwerk om ‘n
aanduiding te gee van die impak wat die weer
op die oes het.
Om die basiese weerinligting van die situasie
in Suid-Afrika aan te vul, het ons ook ‘n
internasionale weerverslag wat weekliks
verskyn en dan kyk ons ook in besonder na die
impak van El Niño en La Niña (wat die gevolg
is van die ENSO-verskynsel) op die weer
– hierdie verslag verskyn ongeveer twee keer
per maand, wanneer die internasionale verslae
beskikbaar is.
Al hierdie nuttige inligting is uiteindelik
op die webtuiste beskikbaar teen ‘n baie
billike tarief. BVG wil jou as rolspeler in die
mark bemagtig om op ‘n ingeligte basis jou
graanbemarkingsbesluite te neem.
55
October 2013
Die Vaisala Multi-sensor wat BVG gebruik, is ‘n totale digitale sensor wat geen bewegende dele het nie.
1...,47,48,49,50,51,52,53,54,55,56 58,59,60,61,62,63,64,65,66,67,...116
Powered by FlippingBook