SA Grain October 2013 - page 56

Tegnologie
Insette/Produksie
Oktober 2013
54
“Die stapelgeenbasters is die antwoord vir
volhoubare en suksesvolle mielieproduksie
vandag. Bt beskerm die mielies teen stronk-
boorder.
“Voor Bt, as jy vir een of ander rede vir
14 dae nie in jou lande kon kom om wurms te
monitor nie, het jy 30% van jou oes verloor.
Met die Roundup onkruiddoder wat bo-oor die
Roundup Ready mielie gespuit word sonder
om die gewas te beskadig, beheer ek onkruide
soos olieboom, kankerroos, jongosgras,
kruisvingergras en die hardnekkigste onkruide,
soos Johnsons- en tarentaalgras asook wilde
sorghum, suksesvol.
“Dit maak die totale beheer en bestuur van
die onkruidspektrum soveel makliker. Dit gee
‘n mens gemoedsrus en meer tyd om elders
te bestee. Met die hoogloopspuit, spuit ek
laat-opkomende onkruide baie geslaagd
met valarms wat tussen die rye hang. Ek
het nog geen onkruid- of wurmweerstand
ondervind nie, maar ek volg die voorskrifte vir
toevlugsareas slaafs na.
“Ek ervaar ook nog geen omgewingsbesoede-
ling nie; Roundup is die mees natuurvriendelike
onkruiddoder en ook mensvriendelik – my
arbeiders wat daarmee werk het nog geen
newe-effekte opgedoen nie. Wat voed-
selveiligheid betref, eet almal van ons op die
plaas, insluitende my arbeiders en hul kinders,
GM-mielies en ek voer my vee daarmee sonder
enige nadelige gevolge,” beklemtoon De Klerk.
Mnr Richard Hobson, van die plaas Nonen
Ranch, Setlagole in die Noordwes Provinsie
plant die afgelope 15 jaar GM-mielies. Sedert
2007 plant hy die stapelgeen Bt/RR.
Hy plant 5 070 ha droëland teen ‘n plante-
stand van 15 000 plante/ha – 22 000 plante/
ha. Voor Bt was sy gemiddelde opbrengs
2,9 ton/ha. Die afgelope vyf jaar is dit gemid-
deld 5 ton/ha. Teen 5 ton/ha en die huidige
gemiddelde mielieprys, is sy gemiddelde
wins vandag R2 500/ha, waarvan 20% toe
te skryf is aan GM-tegnologie. Die res is te
danke aan gevorderde boerderybestuursdis-
sipline, soos byvoorbeeld presisieboerdery.
Met ‘n opbrengs van 2,9 ton/ha onder die-
selfde toestande sal sy gemiddelde wins slegs
R530/ha beloop.
“Een van die grootste voordele van hierdie
tegnologie, isomdiebestuurvanonkruidbeheer
te vergemaklik om vog te bewaar. Dit gee vir
ons optimale vogbenutting. As jy hier in die
weste met mielies wil boer, moet jy in Roundup
Ready belê. Ek kan nie sien dat ek ooit weer
sonder dié tegnologie kan boer nie.
“Hier boer ons met vog wat deur onkruide
opgeslurp word. Ons produseer meer graan
as wat ons reën kry. Nou is die hardnekkigste
onkruide, grasse, dubbeltjies en oliebome hok
geslaan en die mielies kan die vog beter benut.
Ek kan tot op agtblaar-stadium in my lande kom
om laat-onkruide met Roundup PowerMAX te
spuit,” sê Hobson.
Stronkboorders wat verwoesting gesaai het
onder mielies, is ook iets van die verlede. “Dit
dra alles by tot verhoogde opbrengs en as jy
opbrengs het, het jy volhoubaarheid wat vir ‘n
man gemoedsrus gee om al die bestuursfasette
in ‘n boerdery sonder stres te hanteer,” aldus
Hobson.
In 2009 was hy Agri Noordwes Toyota se
Jongboer van die Jaar en in 2010 Terratex se
Presisieboer van die Jaar.
Mnr Sarel Haasbroek van Terra Aqua Boerdery,
van die plaas Holfontein by Carletonville in
die Noordwes Provinsie plant die afgelope
15 jaar GM-mielies. Sedert 2007 plant hy stapel-
geenbasters en sedert 2011 ook YieldGard ll.
Hy plant 2 000 ha droëland waarvan 80% die
stapelgeen is. Sy gemiddelde opbrengs die
afgelope vyf jaar is 5 ton/ha. Met konvensionele
mielies was dit 3,5 ton/ha. Onder besproeiing
plant hy 350 ha met ‘n plantestand van
60 000/ha. Sy opbrengs wissel tussen 11 ton/ha
en 12 ton/ha. Hoewel bewerkingsmetodes ver-
beter het, meen hy dat tegnologie die hoofrol
in die verbeterde opbrengs speel. Met kon-
vensionele mielies was dit 9 ton/ha.
“Een van die hoofredes waarom ek GM-
mielies plant, is om stronkboorders te beheer
wat die oorsaak is dat mielies omval en groot
skade veroorsaak. Om stronkboorders in die
verlede te beheer, het ‘n verskeidenheid van
moeisame bestuursvereistes geverg. Daar
moes gereeld deur lande geloop word om
te monitor vir wurms en daar was die las en
koste van spuitprogramme wat gevolg moes
word. Daardie bestuursvereistes is nou iets
van die verlede en dit is ‘n groot verligting.
As gevolg van minder bestuursvereistes en
doeltreffender onkruidbeheer, kon ek my
aanplantings die afgelope 15 jaar verdubbel,”
sê Haasbroek.
Volgens hom is die huidige spuitkoste om
stronkboorders op konvensionele mielies
te beheer, soos volg: Insekdoder is R80/ha
- R320/ha, afhangende van die tipe middel;
hoogloopspuitkoste is R154/ha. Dit beloop
‘n totaal van tussen R234/ha en R474/ha. Die
koste om die insekdoders deur die spilpunt aan
te wend, beloop tussen R80/ha en R320/ha.
Met die bykomende opbrengs van 1,5 ton/ha
meer met GM-mielies op droëland, is sy ekstra
wins teen R2 000/ton, sowat R3 000/ha. Daarby
kan die kostebesparing van die spuitkoste
gevoeg word om winsgewendheid verder op
te stoot.
“Met die Roundup Ready tegnologie, beheer
ek onkruide, soos wilde sorghum en Emex
dubbeltjie, baie suksesvol. Ek kan inmielielande
van tot 1,2 m hoog met die hoogloopspuit
inbeweeg om onkruide te beheer. Ek het nog
geen weerstand ondervind nie,” benadruk
Haasbroek.
3: Richard Hobson (links), van Setlagole, in sy land
DKC 78-45BR GEN-mielies. Saam met hom is
Hendrik Engelbrecht, streeksverkoopsbestuur-
der: Monsanto, Noordwes Provinsie.
4: Sarel Haasbroek, van Carletonville, is hoogs
tevrede met sy oes DKC 78-45BR GEN.
Sukses met GM-mielies in SA
Vervolg van bladsy 52
3
4
1...,46,47,48,49,50,51,52,53,54,55 57,58,59,60,61,62,63,64,65,66,...116
Powered by FlippingBook