SA Grain October 2013 - page 58

ANDREW BECKERLING, PROFERT
Die Misstofvereniging van Suid-Afrika (MVSA)
het in Augustus ‘n puik tegniese simposium
aangebied, gerig op die verbetering van grond-
en plantvoedingsaanbevelings vir Suider-Afrika.
Verskeie plaaslike en internasionale sprekers
is uitgenooi om hul kundigheid en denke te
kom deel. Sodoende is verskeie potensiële
verbeterings uitgelig wat die kunsmisbedryf
kan oorweeg. ‘n Aantal sleutelkwessies onder
bespreking, was:
Grondnorme vir die verskeie gewasse
moet gekoppel wees aan die tipe grond
teenwoordig. ‘n Enkele grondmonster
per land is gewoonlik onvoldoende om
‘n aanbeveling te maak. Gronddata moet
oor tyd versamel word. Tendense van
voedingselementbewegings is uiters be-
langrik om ‘n beter aanbeveling te maak.
Organiese materiaal en onlangse kalk-
toediening beïnvloed die fosfaatnorme
direk. Dit is ook van toepassing op ander
voedingstowwe.
Die laboratoriumkoste en prosedures is
‘n uiters belangrike stap in die proses.
Ekstraksiemetodes met lae koste, wat
meer as een element kan ontleed, hoë
herhaalbaarheid en vinnige omdraaityd is
die toekoms.
Suid-Afrikaanse navorsing in kommersiële
landbou en kommunikasie tussen land-
boukundiges moet sou gou as moontlik
verbeter om verwarring te voorkom en
landboudoeltreffendheid in die alge-
meen te verbeter.
Profert is glad nie verbaas oor die
uitkoms van hierdie simposium nie. Die
maatskappy het die afgelope vier jaar
deur ‘n soortgelyke oefening gewerk en
verskeie werkswinkels en vergaderings
met heftige debatte gehou. Dit was
goed om te sien dat die simposium tot
soortgelyke gevolgtrekkings gekom het
dít proses wat Profert ervaar het. Om
die waarheid te sê, Profert het reeds
baie van hierdie idees met groot sukses
geïmplementeer. Die maatskappy se
nuwe volhoubaarheidsprogram ge-
naamd ProGro
TM
is spesifiek ontwerp
om verskeie grondanalise-tegnieke en
-norme te akkommodeer. Die program
is in werklikheid so buigbaar dat dit
verskillende norme vir elke voedingstof,
vir elke spesifieke omstandigheid kan
akkommodeer.
Die multi-voedingstof-analise-tegniek wat
deur die maatskappy gebruik word, toon
goeie herhaling, en terugvoer van land-
boukundiges is uiters positief. Mnr Mick
Willis, ‘n ervare landboukundige wat drie
jaar gelede oorgeskakel het na die nuwe
tegnieke, het opgemerk dat wat hy op die
plaas sien gebeur, in ooreenstemming is
met wat hy in die grondmonster-analises
sien. Sy slagspreuk by vergaderings is:
“Wat ek sien, is wat ek kry.” Profert het
ook die program gebruik vir verskeie
suikerprodusente in KwaZulu-Natal,
mielieprodusente in die sentrale streek,
Zimbabwe en Zambië en aartappelpro-
dusente in die Ugie-omgewing. Data is
nou beskikbaar van die tweede seisoen
met die nuwe program en alhoewel daar
ruimte vir verbetering is, is die resultate
uiters belowend. Profert wil die MVSA
aanmoedig om voort te gaan met hul
werk wat ten doel het om Suider-Afrika
wêreldgehalte te maak wat betref die
produksie van kwaliteit-voedsel vir die
wêreld.
56
Profert op regte spoor met
nuwe denkwyse en ProGro
– die intelligente keuse
Produk-inligting
1...,48,49,50,51,52,53,54,55,56,57 59,60,61,62,63,64,65,66,67,68,...116
Powered by FlippingBook