SA Grain October 2013 - page 44

Promosie-artikel
Ammoniumvergiftiging
– die stille dood
– Dr JJ Bornman, Algemene Bestuurder, SAS, Omnia Kunsmis
Dit het ‘n algemene praktyk geword om groot hoeveelhede gereduseerde stikstof (ureum, ammoniak en ammonium), maar veral
ureum, as ‘n voorplant kunsmis in graanproduksie te gebruik. Hierdie praktyk is goed in die Vrystaat en die Noordwes Provinsie
gevestig en kom ook reeds in Mpumalanga voor.
Genoemde produkte kan die opbou van die stikstofkatioon
ammonium veroorsaak, wat hoogs toksies vir plante is. Hierdie
artikel bespreek die risiko van ammoniumvergiftiging, verduidelik
die nagevolge en maak voorstelle oor hoe die probleem aangespreek
kan word.
AGTERGROND
Wanneer groot hoeveelhede ureum byvoorbeeld voor plant op
‘n diepte van 200 mm tot 300 mm in die tipiese gronde van die
Noordwes Provinsie of Vrystaat toegedien word, is dit gewoonlik
in ‘n koue, suur omgewing, laag in organiese materiaal. Tydens
die vroeë seisoen, ná die eerste reën, is die grond gewoonlik
waterversadig. Al die genoemde faktore dra by tot die akkumulasie
van ammonium indien die proses van nitrifikasie onderdruk word.
AMMONIUMVERGIFTIGING
Ammoniumvergiftiging is reeds in 1882 deur Charles Darwin
beskryf. ‘n Plant kan nie ammonium soos nitrate in die sel berg nie.
Vry ammonium in die plantsel is giftig. Die plant het dus nodig om
dit vinnig met suiker te verbind in ‘n amminosuurvorm.
Indien dit die enigste stikstofbron is, is dit reeds toksies vir
graangewassemet vlakke so laag as 150mg stikstof/kg-konsentrasie
in die grond. Die vlak word reeds bereik met die toediening van
80 kg stikstof in 1 m rye gebandplaas in ‘n sanderige grond.
Dit veroorsaak ernstige chlorose (gewoonlik soortgelyk aan
magnesiumtekortsimptome; dit wil sê geel, gestreepte blare) met
verminderde fotosintese, vertraagde plantgroei en ‘n lae loot-tot-
wortelverhouding met die onderdrukking van veral wortelgroei
(sien
foto’s
). Ammoniumvergiftiging kan ‘n ernstige impak op
veral saailinggroei sowel as op volwasse plante hê. Oesverliese
van 15% tot 60% is al gedokumenteer. Ammoniumtoksisiteit is so
aggressief dat dit selfs as onkruiddoder gebruik word.
Fisiologiese simptome verwant aan ammoniumvergiftiging, is
die onderdrukking van katioonopname (kalsium, magnesium en
kalium) en die verbetering van anioonopname (veral fosfaat en
chloried). Ander aanduidings is die verlaging van intra-sellulêre
pH en ‘n drastiese afname in selsuiker en -stysel.
Studies met mielies by die Landbounavorsingsraad in Suid-Afrika
het inderdaad hierdie tipe vergiftiging bevestig met ernstige
opbrengsonderdrukkings in mielies wanneer hoër vlakke ureum
toegedien is.
NITRIFIKASIE EN VERSURING
Ammonium-oksidasie of nitrifikasie is afhanklik van ‘n aantal
faktore. Dit is afhanklik van die teenwoordigheid van nitrifiserende
bakterieë sensitief vir lae temperature, pH en ‘n konsentrasie
basiese katione, soos kalsium. Die feit dat nitrifikasie reeds by
Ons verstaan wat vir jou saak maak.
1...,34,35,36,37,38,39,40,41,42,43 45,46,47,48,49,50,51,52,53,54,...116
Powered by FlippingBook