 
          ‘n pH-vlak van 5,5 (water) tot feitlik algehele stilstand kom, is
        
        
          reeds herhaaldelik gepubliseer. Nitrifikasie word ook ernstig
        
        
          by ‘n tekort aan suurstof en ironies, hoë vlakke van ammonium,
        
        
          beperk. In ‘n sanderige, waterversadigde ondergrond met ‘n lae
        
        
          pH en temperatuur, tipies soos die gronde van die Vrystaat en die
        
        
          Noordwes Provinsie, kan 50% nitrifikasie van ammonium so lank
        
        
          as 50 dae neem. Nitrietvergiftiging gaan ook dikwels gepaard met
        
        
          vertraagde nitrifisering, maar meer hieroor in ‘n volgende artikel.
        
        
          Dit is welbekend dat as ‘n gereduseerde stikstofbron nie voldoende
        
        
          deur die wortelstelsel onderskep word nie, dit na salpetersuur sal
        
        
          omskakel wat ernstige grondversuring sal veroorsaak. Dit is dus te
        
        
          wagte indien ‘n hoë konsentrasie ureum en ammonium, veral voor-
        
        
          plant, toegedien word.
        
        
          
            ONDERGRONDSE ONTLEDINGSTENDENS
          
        
        
          ‘n Opsomming van die data van 5 200 ondergrondmonsters vanaf
        
        
          Omnia se grondontledingsdatabasis op Bothaville, Viljoenskroon,
        
        
          Bultfontein en Hoopstad sedert 2002, het die bogenoemde teorie
        
        
          bevestig en die volgende ontstellende feite geopenbaar:
        
        
          ‘n Verlaging in mediaan pH (KCl) van meer as 0,4 eenhede tot ‘n
        
        
          kritieke vlak van 4,7 (40% van alle monsters het ‘n pH van laer
        
        
          as 4,5 met 3,5 as die laagste gemeet). ‘n Beduidende verhoging in
        
        
          ekstraheerbare grondsuurheid van nul tot meer as 10% vir meer as
        
        
          een in vyf van die monsters is gemeet in 2011 (die hoogste was 53%).
        
        
          Wat ook noemenswaardig is, is die gebrek aan katione in die
        
        
          ondergrond, met die helfte van die monsters wat kalsium-, magne-
        
        
          sium- en kaliumvlakke van minder as 330 mg/kg, 60 mg/kg en
        
        
          70 mg/kg, onderskeidelik, bevat.
        
        
          
            DIE OPLOSSING
          
        
        
          Die vraag is, wat kan gedoen word om die risiko van ammonium-
        
        
          toksisiteit aan te spreek, veral as gereduseerde stikstofbronne as
        
        
          gevolg van hoë konsentrasies en beskikbaarheid, steeds gewild
        
        
          sal bly?
        
        
          Eerstens kan katione in die versuurde ondergrondsones gekry
        
        
          word deur kunsmis met ‘n hoë katioonkonsentrasie en ‘n
        
        
          kalk- en gipskombinasie toe te dien. Dit is ‘n bewys dat ‘n hoër
        
        
          katioonteenwoordigheid (veral kalsium) selfs onder laer pH-
        
        
          toestande, nitrifisering beduidend sal verhoog.
        
        
          Die tweede voorstel is om eenvoudig ‘n komponent nitraat by
        
        
          die gereduseerde kunsmisbron te voeg. Literatuur bevestig dat
        
        
          stikstofopname met 75% en oesverhogings tot 40% en selfs hoër
        
        
          verhoog kan word, deur gebruik te maak van kombinasies van
        
        
          gereduseerde stikstof en nitraat. Die verhouding tussen ammonium
        
        
          en nitraat is gewasspesifiek, maar oor die algemeen is ‘n verhouding
        
        
          van 75% gereduseerde stikstof tot 25% nitraatstikstof naby die
        
        
          optimum vir graan.
        
        
          Sekere fisiologiese verduidelikings van hierdie verbetering van
        
        
          gereduseerde stikstofdoeltreffendheid met nitraat, is die stimulasie
        
        
          van biologiese prosesse; stimulasie van die sintese van die groei-
        
        
          hormoon sitokiniene, fisiologiese alkalisering van die wortelomge-
        
        
          wing (hidroksielruiling vanaf die wortel vir negatief gelaaide nitraat)
        
        
          en die voorkoming van koolstofloging vanuit die wortel.
        
        
          Konsulteer jou Omnia landboukundige vir die korrekte pas-
        
        
          maakproduk om die risiko van ammoniumvergiftiging in jou
        
        
          gewas, veral voor- en tydens plant, te bestuur.
        
        
          
            BRONNE
          
        
        
          Adriaanse, F.G. 2012.
        
        
          
            Efficacy and application of nitrogen sources
          
        
        
          . Proceedings
        
        
          of the Technical Symposium of the Fertilizer Society of South Africa, Pretoria.
        
        
          22 Augustus 2012. Pages 4 to 19.
        
        
          Britto, D.T. & Kronzucker, H.J. 2002. NH
        
        
          4
        
        
          toxicity in higher plants: a critical review.
        
        
          
            J. Plant Physiol
          
        
        
          . 159. 567 - 584.
        
        
          
            
              Ammoniumtoksisiteit in gars en mielies.
            
          
        
        
          
            Foto’s: Britto & Kronzucker se artikel, 2002 en Adriaanse, 2012.
          
        
        
          
            43
          
        
        
          
            October 2013