SA Grain October 2013 - page 15

Funksie
Aktueel
Eerste AgriSafe-begunstigdes
ontvang hul uitbetalings
LARAINE KRUGER, SYNGENTA
Op Donderdagaand, 22 Augustus vanjaar, het produsente wat die eerste AgfriSafe-uitbetalings
ontvang het, hierdie nuwe rigting in landbouversekering gevier.
‘n Aanbod sonder ‘n vangplek
Wanneer iets lyk of dit te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik so, maar Syngenta se AgriSafe
is só ‘n aanbod sonder ‘n slap riem.
Die konsep is eenvoudig: Wanneer ‘n produsent Syngenta se A-Z-program aankoop om sy oes
te beskerm en opbrengs te optimaliseer, bied Syngenta gratis verskansing aan vir ‘n tonnemaat
gebaseer op die waarde van die transaksie.
Hierdie tonnemaat word op die Safex-termynmark verskans, sonder dat die produsent daarvoor
betaal en sonder dat die graan gelewer hoef te word. Sou die prys op die vassteldatum laer as die
termynprys wees, betaal Syngenta die verskil aan die produsent uit. Sluit die mark hoër, baat die
produsent by die goeie prys.
Volgens me Linda van der Merwe, hoof van Kliëntebemarking by Syngenta, het AgriSafe sy buiging
in die 2012-plantseisoen gemaak. Van die meer as 300 produsente wat deelgeneem het, het
64 produsente gedeel in totale uitbetalings van meer as R400 000.
“Ons het die heel eerste ontvangers van AgriSafe-uitbetalings genooi om hierdie mylpaal saam met
ons te vier,” sê Van der Merwe oor die spesiale geleentheid wat hulle gehou het. Dié vyfsterfunksie
is by Diep in die Berg in Pretoria aangebied waar gaste deur Jak de Priester en Anna Davel ver-
maak is. Produsente het simboliese tjeks ontvang – die harde kontant word direk in hul bankreke-
nings inbetaal, maar die simboliek van die aand was beduidend.
Mnr Hannes Radley, ‘n produsent van Belfast in Mpumalanga, sê dat dit vir hom as produsent baie
beteken om te weet dat Syngenta moeite doen om produsente as hul kliënte te behou. “In hierdie tye
is daar nie altyd ondersteuning vir ons nie.” Radley erken dat hy aanvanklik skepties was oor AgriSafe
en gewonder het waar die vangplek is. Sy vertroue in die Syngenta naam en reputasie het hom egter
oortuig om ‘n kans te waag. “En nou met die uitbetalings, word die waarde van AgriSafe bevestig.”
Mnr Frans Roos, Syngenta se verkoopsbestuurder in die Sentraal-Vrystaat, bevestig dat produsente
aanvanklik agterdogtig was. “AgriSafe is iets anders as wat ons gewoonlik verkoop, maar dit gee
ons agente die kans om ‘n ander gesprek met ons kliënte te hê. Daar is heelwat produsente wat
graag A-Z wil gebruik, maar bekommerd is oor die koste. Nou word daardie uitgawe verskans.”
Roos verwag dat AgriSafe se tweede jaar meer suksesvol as sy eerste gaan wees, want “produ-
sente is bure, hulle praat met mekaar”.
Die feit dat die AgriSafe-aanbod verbeter is vir die 2013-seisoen, ondersteun Roos se verwagting.
Van der Merwe verduidelik dat wanneer ‘n produsent se mieliebesigheid met AgriSafe verskans is, sal
Syngenta ook ander somergewasse, soos sojabone en sonneblom, teen die witmielieprys verskans.
“AgriSafe is Syngenta se ‘dink soos ‘n produsent’-strategie in aksie,” sê Van der Merwe, “en ‘n
duidelike bewys dat ons in ons A-Z-program glo.”
13
Agterste ry: Stephen Oberholzer, Christo van Zyl, Leon Aucamp, Neels Jooste, Frans Roos, Rolf Dickmann, Francois van Greunen, Stefan van Zyl en
Linda van der Merwe. Voor: Willem Fraser, Hannes Radley, Louise Swart, Laraine Kruger, JC Strauss, JC Radley en Neels Rautenbach.
Linda van der Merwe, hoof van Kliëntebemarking:
Syngenta, aan die woord.
Jak de Priester en Anna Davel het vir die vermaak
by die funksie gesorg.
1...,5,6,7,8,9,10,11,12,13,14 16,17,18,19,20,21,22,23,24,25,...116
Powered by FlippingBook