SA Graan Junie 2014 - page 48

SANSOR se25stebestaansjaar tydens
hul jaarkongresgevier
d
ieSuid-AfrikaanseNasionaleSaadorganisasie (SANSOR)
het van 19 tot 21 Mei hul jaarlikse kongres gehou
waartydens die organisasie sy 25ste bestaansjaar ge-
vier het.
SANSOR is in Maart 1989 gestig toe bestaande saad-
handel assosiasies geamalgameer het. Die organisasie verteen-
woordigdieSuid-Afrikaanse saadbedryf plaaslik en internasionaal.
‘nNederige begin vir SANSOR
In 1988 het ‘n groep van vyf ware visionêre persone bymekaar
gekom om verskeie idees oor die vorming van ‘n nuwe saad-
organisasie te bespreek. Die stigterslede van hierdie organisasie
was mnr Ian Jarvie (Pioneer [Pannar]), dr TobieWickens (Sensako),
mnr Mike Zingel (Mayford), mnr Ed Jordan (Kirchhoff) enmnr Koos
Wolmarans (MultaSeed).
In September 1988, het Jarvie vir dr Wynand van der Walt genader
om op te tree as die eerste algemene bestuurder van SANSOR
met mnr Pine Pienaar as tegniese bestuurder verantwoordelik
vir administrasie en monitering van die Suid-Afrikaanse Saad
Sertifiseringskema.
Op 14 Junie 1989 is SANSOR geregistreer as ‘n Artikel 21
maatskappy en hul kantore is op 3 Julie 1989 geopen. Die doel
van die maatskappy was om op te tree as ‘n bedryfsorganisasie
vir maatskappye wat saad hanteer en handel dryf in Suid-Afrika;
om gereeld met die regering kontak te maak tot voordeel van sy
lede; om geleenthede te skep in internasionale markte; en om die
Suid-Afrikaanse sertifiseringskema oor te neem en te bestuur op
eie koste op versoek vandie regering.
Die 25ste kongres
Behalwe vir die verskillende divisies se jaarverslae wat tydens die
kongres gedien het, het me Lisa Coetzee en mnr Clem Sunter ook
as gassprekers opgetree. Coetzee, ‘n meestersstudent aan die
Universiteit van die Vrystaat, het ‘n jeugperspektief oor landbou
gegee en die belangrike rol wat dié sektor in die samelewing speel,
beklemtoon.
Sunter het soos oudergewoonte gepraat oor ekonomiese en
politieke drywers in die ekonomie, internasionaal en plaaslik, en
ook bespreek wat nodig is om ekonomiese groei te stimuleer. Hy
het die volgende drie faktore as mega- of reuse-tendense in die
wêreld geïdentifiseer:
OP PLAASVLAK
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
Dr Lukeshni Chetty – algemenebestuurder:
SANSOR.
Gert Heyns (Monsanto) – voorsitter: SANSOR.
WillemEngelbrecht (K2Agri) – visevoorsitter:
SANSOR.
Junie 2014
46
1...,38,39,40,41,42,43,44,45,46,47 49,50,51,52,53,54,55,56,57,58,...84
Powered by FlippingBook