SA Graan Junie 2014 - page 47

OKTOBER
NOVEMBER DESEMBER
JANUARIE
FEBRUARIE
MAART
2012/2013
58 400
50 700
31 000
28 519
23 570
22 927
2013/2014
66 641
72 046
45 663
34 774
60 516
59 812
Jaar-op-jaar-toename
in verbruik
8 241
(14%)
21 346
(42%)
14 663
(47%)
6 255
(22%)
37 000
(157%)
36 885
(160%)
Invoere in 2013/2014
31 734
79
119
31 201
30 213
28 670
TABEL 1: TOENAME INDIEMAANDELIKSE JAAR-OP-JAAR-VERWERKINGVANSONNEBLOMSAAD EN INVOERE VANSONNEBLOMSAAD.
TABEL 2: SONNEBLOMSAADINVOEREUITDIE EUVIRPERSDOELEINDES (SAID, 2014).
MAANDEN
JAAR
LAND
TON
V.A.B.-WAARDE
DURBAN
R‘000
V.A.B.-WAARDE
DURBAN
R/TON
GEMIDDELD
RANDFONTEIN
R/TON
VERSKIL
R/TON
Oktober 2013
Roemenië
31 654
136 047
4 297
5 276
979
Januarie 2014
Roemenië
59 606
284 621
4 775
5 967
1 192
31 Januarie-verslag melding gemaak van verwagte invoere van
59 606 ton gedurende Januarie 2014, soos later deur die Suid-
Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gerapporteer is nie.
Die verslagmeld slegs verwagteuitvoere van33075 ton vir die totale
bemarkingsjaar. Dit blyk nou dat invoere meer as 90 000 ton kan
beloop. Hierdie gebrek aan akkurate syfers dui daarop dat rolspelers
in die oliesademarkhandel onvoldoende inligting aan die Vraag- en
Aanbodkomitee deurgee. Die rapporte-ring van inligting aan die
Vraag- en Aanbodkomitee behoort dalk vir die sonneblombedryf
statutêr verpligtend tewees.
Diemaandelikse beskikbaarheid vanSuid-
Afrikaanse sonneblomsaad
Grafiek 3
en
Grafiek 4
toon dat Suid-Afrika jaarliks en elke maand
van die jaar sonneblomruolie invoer om aan die maandelikse son-
neblomoliebehoefte te kan voldoen. Die tekort aan voldoende vroeë
sonneblomsaadlewerings, knap oordragvoorrade vanaf die vorige
bemarkingsjaar en hoë binnelandse prysvlakke het die invoer van
nagenoeg 90 000 ton sonneblomsaad vanaf Januarie tot Maart
regverdig.
Die voorraadvlak vir sonneblomsaad het tot ‘n rekordlaagtepunt
gedurende Januarie gedaal.
Grafiek 5
toon ‘n groot toename in die
plaaslike verwerking van sonneblomsaad waarvan die ingevoerde
sonneblomsaad in Februarie 2014deel uitmaak.
Die totale jaarlikse sonneblomruoliebehoeftehet sedert 2004 tussen
270 000 ton en 434 000 tongewissel.
Samevatting
Suid-Afrikaproduseerniegenoegsamehoeveelhedesonneblomsaad
om aan die maandelikse vraag na sonneblomruolie te voldoen nie.
Daar word op ‘n maandelikse basis sonneblomruolie ingevoer en
daarom behoort sonneblomsaadpryse teen die laagste afgeleide
prys vanóf die invoerpariteitsprysvlak van sonneblomruolie enolie-
koek óf dieprys van ingevoerde sonneblomsaad te verhandel.
Tweedens moet daarop gelet word dat die binnelandse prys nie na
die Durban v.a.b.-prysvlak kan daal nie, maar dat produksie in die
binneland steeds vir die liggingsvoordeel vergoedbehoort teword.
Derdens is dit belangrik om internasionale ruoliepryse in gedagte
te hou. Indien hierdie pryse te laag daal en dit die persmarge van
plaaslike verwerkers onder druk plaas, kan dit tot ‘n laer perstempo
enhoër ruolie-invoereaanleidinggeewat plaaslikeprodusentepryse
onder druk kanplaas.
Vierdens is dit ook van belang om daarvan kennis te dra dat die
grootskaalse pers van sonneblomsaad tot ‘n aanbod van meer as
500 000 ton sonneblomoliekoek kan lei. Sonneblomsaadpryse kan
onder hierdieomstandighededanook prysdruk begin ervaar.
Laastens is dit nodig om te benadruk dat inligting van kardinale
belang is en dat rolspelers in die sonneblomsaadbedryf ook hul
samewerking aan die Vraag- en Aanbodkomitee van die Nasionale
Landboubemarkingsraad (NLBR) vrywilliglik behoort te verleen.
Tans gebeur dit nie en daarom behoort die statutêre verkryging van
akkurate inligting, ‘n vereiste tewees.
45
June 2014
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
–AnzelleRichter 2012
1...,37,38,39,40,41,42,43,44,45,46 48,49,50,51,52,53,54,55,56,57,...84
Powered by FlippingBook