SA Graan Junie 2014 - page 44

Raakvertroudmetdie
fundamentele faktorewat
sonneblomsaadprysebeïnvloed
d
ie prysrisiko in die sonneblomsaadmark is waarskynlik
hoër as die prysrisiko van ander landboukommoditeite
wat op die JSE-termynmark verhandel. Die vernaamste
rede hiervoor kan die gebrek aan voldoende markin-
ligting wees wat nie vrylik tot alle mark eelnemers se
beskikking is nie.
Watter faktore beïnvloed die prys vir
sonneblomsaad?
Die prys van sonneblomsaad is bekend daarvoor om onverwags
groot skommelinge deur te gaan. Markdeelnemers wat sonneblom
opbergom later beter pryse tebehaal, kanmet skerpenonverwagte
prysdalings verrasword.
Die volgende faktore het ‘n direkte impak op die prys van sonne-
blomsaad:
Vakansieperiode, onderhoudsperiode aan
perstoerusting en hoë sonneblomsaad-
drakoste
Jaarliks neem die sonneblomsaadperstempo vanaf Aprilmaand
toe. Daarna word die maandelikse perssyfer min of meer teen
dieselfde tempo tot eindeNovembergehandhaaf.Dievakansiedae in
Desember lei tot ‘n laer perssyferwaarnadie laastedriemaandevan
die bemarkingsjaar (Januarie, Februarie en Maart) ook gekenmerk
worddeur laer perssyfers as die res vandie jaar.
Die voorraad sonneblomsaad se drakoste is weens rente en
opbergingskoste hoër aan die einde van die bemarkingsjaar, kort
voor die nuwe bemarkingsjaar in Maart aanbreek. Dit is daarom
ook gedurende hierdie tydperk dat die maandelikse perstempo
by verwerkers kan daal omdat onderhoud dan aan perstoerusting
gedoenword.
In 2013/2014 het die gemiddelde maandelikse verbruik/pers van
sonneblomsaad vanaf 48 407 ton per maand in 2012/2013 tot
56 242 tonpermaand toegeneem.
Die internasionale beskikbaarheid van
goedkoper sonneblomsaad
Suid-Afrika is ‘n netto sonneblomruolie invoerland. Sonneblomolie
word deurlopend elke maand ingevoer. Gedurende die vorige
bemarkingsjaar het die invoere van sonneblomolie bogemiddelde
vlakke gedurende Desember en Januarie bereik toe die perstempo
soos normaalweg afgeneemhet.
Die plaaslike prys van sonneblomsaad het die ingevoerde prys
van sonneblomolie en oliekoek sedert Oktober verlede jaar met ‘n
noue korrelasie hoër gevolg en die verwagtingwas dat die prys van
sonneblomsaad die pryse van ingevoerde sonneblomolie en olie-
koek sou aanhou volg (
Grafiek 1
).
Dit het nie weer die afgelope Desember en Januarie gebeur nie.
Intussen het sonneblomsaadpryse in Roemenië nie die tendens
gevolg nie en mettertyd was dit moontlik om goedkoper sonne-
blomsaad uit Roemenië in te voer. Kort voor die saadinvoere het
sonneblomsaadpryse in Suid-Afrika buitengewone hoë prysvlakke
bereik, terwyl die internasionaleprysvansonneblomolie laagtepunt-
prysvlakkebereik het.
In plaas daarvan dat daar aangehou is om die laer geprysde ruolie
soos voorheen in te voer, het verwerkers meer as 90 000 ton
goedkoper sonneblomsaad vanaf Roemenië gedurende Januarie
2014 totMaart 2014 ingevoer.
Gevolglik het die prys van sonneblomsaad teendie begin vanMaart
en oor ‘n tydperk van twee weke met R1 000/ton of 16% skerp ge-
daal. Prysehet voor die skerpprysdaling teenR6000/tonverhandel.
Die internasionale beskikbaarheid van
goedkoop sonneblomolie
Gedurende periodes wanneer die internasionale sonneblomolie-
voorrade laer prysvlakke bereik, kan ruolie-invoere verhoog,
terwyl die plaaslike pers van sonneblomsaad daal. Gevolglik kan
die plaaslike vraag na sonneblomsaad en die sonneblomprys daal
omdat persmarges onder druk kom.
Die invoere van sonneblomolie het in 2013/2014 byvoorbeeld
‘n laagtepunt gedurende April bereik toe die plaaslike sonne-
blomvoorraad weens produsentelewerings toegeneem het. Die
pers van sonneblomsaad het gedurende die maande wat daarop
gevolg het ook toegeneem totdat die perstempo afgeneem het en
die invoer van ruolie ‘n hoogtepunt gedurende November en
Desember bereik het.
WESSEL LEMMER,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en
FUNZANI SUNDANI,
ekonoom, Bedryfsdienste, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
16April 2014
OP PLAASVLAK
Junie 2014
42
1...,34,35,36,37,38,39,40,41,42,43 45,46,47,48,49,50,51,52,53,54,...84
Powered by FlippingBook