SA Graan Junie 2014 - page 39

37
June 2014
terrein-vierwielvoertuie kan maklik ‘n
bakkie op ‘n plaas gedeeltelik vervang
en dit teen baie laer koste. Sommige van
hierdie voertuie kan ook gebruik word om
ander take op die plaas te verrig. Spuite,
planters, skoffels en ander toerusting is ook
vertoon om hierdie alleterrein-voertuie se
aanwending te verbreed.
‘n Groot klomp produsente bedryf ook ‘n
gemengde boerdery met vee as ‘n belang-
rike komponent. Ten einde die effektiwiteit
endiedoeltreffendheidopdieveevertakking
te verhoog, is allerhande nuwe hooitoe-
rusting asook veehanteringstoerusting ten
toongestel.
Nuwe hooibalers asook hooiswaailemsny-
ers is vertoon. Heelwat van die nuwe
swaailemsnyers se snywydtes is vergroot
en is ideaal vir die vinnige sny van groot
oppervlaktes om koste en tyd te bespaar.
Die nuwe tegnologie wat in die snyers
ingebou is, verminder ook die kilowatts
benodig om die taak te verrig. Groot
blokbalerswat vinnigwerkendieonderdak-
opbergingskoste verlaag, is vertoon. Ver-
skeie implemente is ook beskikbaar om
veral ronde bale beter teen die elemente
te beskerm. Een masjien het die bale in
plastiek toegedraai en sodoende kan die
bale vir langer buitegebergword.
Gepraat van vee, ‘n gros nuwe veehan-
teringstoerusting is ook ten toon gestel.
Hiersonder sal ditmoeilikwees ommet vee
te werk as arbeid min is. Diefstal van veral
yster is op sekere plase ‘n groot probleem.
Hiervoor is daar ook opNAMPO oplossings
aangebied – krale gebou van plastiekpyp is
vertoon. Sommigevanhierdiepyphet yster
inomdie krale endrukgange te versterk.
Inligting is volop by NAMPO beskikbaar.
Brosjures, kaartjies en elektroniese inlig-
ting hou Oesdaggangers ingelig van al
die nuutste verwikkelinge in die veld van
landbou. Soos gewoonlik, het die LNR ook
hulle nuwe inligting by NAMPO beskikbaar
gestel. Die MIG, of te wel die
Mielie-
inligtingsgids,
asook die nuwe
Koring
Produksiehandleidings
is weer eens tot
produsente se beskikkings gestel en
die resultate van die WEMA-projek, wat
hulle ten doel stel om droogte-tolerante
mielievariëteitedaar te stel, is vertoon.
Produsente kon hulself ook verlustig in die
nuwe tegnologie wat die LNR vir die ander
boerderyvertakkinge ontwikkel en ten toon
gestel het.
Met NAMPO-besoekers se voete seer
geloop, kom sit die honger ook aan ‘n
mens se lyf. Daarvoor was daar vanjaar
weer meer as genoeg kosstalletjies om aan
die basiese behoeftes te kon voldoen. Die
diens is altyd flink en die restaurant in die
Fanie Ferreira-saal verdien ekstra ver-
melding. Die skoon badkamers moet ook
uitgelig word, voorwaar iets waarop die
NAMPO-organiseerders besonder trots kan
wees. Na dese kan ons nou terugkyk
en vir mekaar sê dat die 2014 NAMPO
Oesdag ‘nbaiegroot sukseswas.
'nArendsblikopNAMPOPark.
DieGraanSANAMPOOesdagterrein is groot endit is ‘nuitdagingom alles sommer in eendaggesien te kan kry.
1...,29,30,31,32,33,34,35,36,37,38 40,41,42,43,44,45,46,47,48,49,...84
Powered by FlippingBook