SA Graan Junie 2014 - page 41

MIKOTOKSIENE:
Dieonopgelosteprobleem inonsgraan
O
estyd is op hande ná ‘n besige groeiseisoen waarin
produsente vele bedreigings, soos plantsiektes, insekte,
nematode, voëlskade, onkruideenmeerkatte, ommaarnet
‘npaar tenoem, die stryd aangesêhet.
‘nPotensiëleonsigbarebedreiginggenaamdmikotoksiene, kanegter
nog kopuitsteek.Wat ismikotoksiene enwaar komdit vandaan?
Mikotoksieneworddeur swammegesintetiseer en tot ophede isons
nie heeltemal seker hoekom sekere swamme (miko) sekere toksiene
(gifstowwe) produseer nie. Daar word gespekuleer dat dit ‘n ver-
dedigingsmeganismevandie swam is, of dat die swamdalk toksiene
produseer omdit as voedingsbron tegebruik.
Uit navorsing weet ons dat swamme wat die vermoë het om tok-
siene te produseer, dit nie noodwendig altyd doen nie en hier speel
die omgewing en die gasheer ook ‘n belangrike rol. Graangradering
van kommersiële aanplantings verminder die risiko van swambe-
smettegraan endus ookmikotoksienbesmetting vanmens endier.
Simptoomvrye besmettings hou egter ‘n gevaar in dat die
graan ‘n goeie gradering kan behaal ten spyte van moontlike
mikotoksienbesmetting. Bestaansboere is veral blootgestel
aangesienhullegraanniegegradeerwordnie.
Graanhandelaars word negatief deur mikotoksiene geraak aange-
sien hulle die kostemoet dra vir mikotoksientoetse en hierdie koste
word weer na die verbruiker afgewentel. Mikotoksientoetse kan
duur en ingewikkeld wees en daarom kan die toetse net by sekere
geakkrediteerde laboratoriums gedoenword.
In hierdie artikel gaan daar inligting verskaf word rakende diemees
algemenemikotoksiene inprodusentesegraan.Die impakvanmiko-
toksiene op mens en dier asook beheermaatreëls gaan bespreek
word. Die LNR-IGGmikotoksiennavorsingsgroep speel ‘nbelangrike
rol om sekere vrae rakende die swamme/mikotoksiene te verstaan
enhoeomdus vandieproblemeop te los, sal bespreek sal word.
Aflatoksien
Aflatoksien word gesintetiseer deur die
Aspergillus flavus
en
A. parasiticus
swamme. Aflatoksien is problematies in grond-
boonproduksie (kommersieel en veral bestaansboere) en navor-
sing deur die LNR-IGG mikotoksiengroep het getoon dat dit ‘n
bedreiging kan inhou vir bestaansboere wat mielies verbou, veral
in die KwaZulu-Natal omgewing. Aflatoksien is nie ‘n probleem in
kommersiële mielieverbouing nie en alhoewel baie lae vlakke in
sorghumgekwantifiseer is, is dit nie van ekonomiesebelangnie.
Aflatoksien word geproduseer wanneer graan voor oestyd met
A. flavus
(
Foto 1
) of
A. parasiticus
besmet word asook na-oes
tydens onvoldoende berging. Geel- tot olyfgroen swamgroei
(
Foto 2
) ontwikkel op die sade en kan selfs die saad heeltemal
oorgroei.
Somtyds is swamgroei slegs tussen die saadlobbe sigbaar en kan
dit nie op heel sade waargeneemword nie. Beskadiging van peule
deur insekte en meganiese skade bied ook ‘n ingangspunt vir
Aspergillus
spp. besmetting. Ongunstige omgewingstoestande,
soos byvoorbeeld temperatuurskommelinge, droogte, reën,
relatiewe humiditeit en insekskade verhoog die potensiaal vir
aflatoksienbesmetting vanbyvoorbeeldgrondbone indie land.
Tydens die oes- en bergingsproses kan skade aan grondboon-
doppe, swak lugsirkulasie, insekinfestasies en swak sanitasie af-
latoksienproduksie bevorder. Suid-Afrikaanse wetgewing bepaal
dat die maksimum toelaatbare vlak aflatoksien B1 in grondbone en
grondboonprodukte vyf dele per biljoen vir menslike gebruik kan
bevat (
Tabel 1
).
Die rede vir die streng wetgewing is die negatiewe effekte wat
aflatoksien op mens en dier het en om te verhoed dat dit in kos
en voer beland. Navorsing het bewys dat aflatoksien immuniteit
onderdruk, karsinogenies (veroorsaak veral lewerkanker) kan
wees en selfs DNA op sellulêre vlak kan verander. Mense kan
naarheid, maagkrampe en water op die longe ondervind. In diere
kan lewerskade, onderdrukking van melk- en eierproduksie asook
herhaaldelike infeksieswaargeneemword.
Fumonisien
Fumonisien word gesintetiseer deur
Fusarium verticillioides
,
F. proliferatum
en
F. subglutinans
swamme. Fumonisien kan
problematies in kommersiële en veral inbestaansboerderyewees.
Stremmingsfaktore, soos droogte asook insek- en voëlskade
sal die voorkoms van die swam aanhelp. Mielieplante kan op
verskeie groeistadia geïnfekteer word, maar is veral vatbaar vir
kopvrotinfeksies tydens dieblomstadium.
Een van die simptome wat waargeneem kan word, is ‘n wollerige
witpienk swamgroei langs stamboorder (
Busseola fusca
) vreetkanale.
39
June 2014
OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
Mikotoksiene /Grane / Toelaatbare vlak / Bestuurspraktyke
BELINDA JANSEVANRENSBURG,
LNR-Instituut vir Graangewasse
GRAAN
MIKOTOKSIEN
MAKSIMUMTOELAATBAREVLAK
BRON
Grondbone
AflatoksienB
1
5dpb/menslikegebruik
EU, Suid-Afrika
Mielies
FumonisienB
1
+B
2
+B
3
2dpm/menslikegebruik
5dpm/perde
20dpm/varke
FDA
Mielies/koring/sorghum Deoxynivalenol
1dpm/menslikegebruik
2dpm/menslikegebruik
FDA
EU
Mielies/koring/sorghum Nivalenol
Nie vasgestel nie
Mielies/koring/sorghum Zearalenone
50dpb/menslikegebruik (mieliemeel)
75dpb/menslikegebruik (graan en andermeel)
EU
TABEL 1: RIGLYNE VIRDIEMAKSIMUM TOELAATBAREMIKOTOKSIENVLAKKE INGRAAN ENGRAANPRODUKTE.
1...,31,32,33,34,35,36,37,38,39,40 42,43,44,45,46,47,48,49,50,51,...84
Powered by FlippingBook