SA Graan Junie 2014 - page 54

OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
–Deel 1
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Raaigras (
Ryegrass
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
r
aaigras (
Lolium
spp.) is die belangrikste grasonkruid in die
winterreënstreek van Suid-Afrika. Die raaigraskompleks
bestaan uit vier
Lolium
-spesies en basters van die spesies.
Die spesies is
Lolium multiflorum
(Italiaanse of eenjarige
raaigras),
L. rigidum
(eenjarige raaigrasof Switserse raaigras),
L. temulentum
(drabok) en
L. perenne
(meerjarige raaigras).
Met verloop van tyd het dié spesies so vrylik met mekaar gekruis
dat daar baie selde ‘n spesifieke spesie onderskei kanwordwaar dit
in die natuur as onkruide voorkom en dusword die kompleks net as
Lolium
spp. beskryf.
Weens die groot genetiese variasie in die plantkompleks, kom daar
dan ook baie verskillende vorms voor, maar oor die algemeen kan
raaigras grootliks herken word aan die blaarskyf wat helder- tot
donkergroen, haarloosenblink isopdieboonsteoppervlakte,met ‘n
bleker, dowwer groenopdieondersteoppervlak.
Diebloeiwyse isook ‘nbaie kenmerkendeaar van tot 30cm lankmet
sittendeblompakkies inholtes aan afwisselende kantevandie as. Al
hierdie verskillende spesies en basters het ‘n polagtige groeiwyse
en is eenjarig totmeerjarig en tot 1mhoog.
Die pol kan groot en robuus wees met baie halms (soos by die
Italiaanse raaigrastipes) of yl met min halms (plante wat nader aan
die onkruidtipes verwant is). Blaarskedes ismeestal bleek, rond aan
dieagterkant,met ‘nblaartongetjie (liguul)watmembraanagtigen tot
2,5mm lank is. Sadevarieer baie –van klein, ligte sadevanongeveer
3mm lank en 1mmbreed tot ongeveer 6mm lank en 2mmbreed.
Voorkoms en verspreiding
Raaigras kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, maar in die
winterreënvalstreek is dit die belangrikste onkruid in gesaaides
gedurendediegroeiseisoen enook inwingerde enboorde is dit een
vandiebelangriksteonkruidewat voorkom.
Wat raaigras ‘nbesonder gedugteonkruidmaak, isdie feit dat dit ge-
neig is omweerstandbiedendheid teen onkruiddoders te ontwikkel.
Dit word daarom ook as die nommer een weerstandbiedende
onkruid wêreldwyd beskou. Verskillende faktore dra hiertoe by,
maar die genetiese variasie wat in die spesiekompleks voorkom, is
waarskynlik die belangrikste faktor. Buiten die winterreënvalstreek,
gee raaigras ook besonder baieprobleme inbesproeiingsgebiede in
dieNoord-Kaap.
Die groot swaai na geen- of minimumbewerking die afgelope paar
dekades, het raaigras se biologie soos ‘n handskoen gepas en die
klein saadjies, wat vroeër deurmiddel van grondbewerkings te diep
begrawe is om as saailinge te vestig, lê nou op of baie vlak onder
diegrondoppervlak en toestandeom te vestig is optimaal daarvoor.
Omdat eenjarige raaigras ook vroeër jare wyd aangeplant is as
weidings in die Suid-Kaap, word daar deesdae groot probleme
daarmee ondervind. Daar is ook waargeneem dat sekere raai-
grasbiotipes nie soos voorheen hoofsaaklik in die begin van die
seisoenontkiem nie,maar ontkieming vind nou regdeur die seisoen
plaas. Dit het implikasies vir die onkruidbeheerprogramme wat
gevolgword.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys vanonkruiddoderswat vir raaigras geregistreer is, wat indie
publikasie
Aguide for the chemical control of weeds inSouthAfrica
genoemword, onderskei tussen die verskillende spesies soos wat
dit op die etikette van die onkruiddoders voorkom, maar in
Tabel 1
is alle onkruiddoders wat vir enige van die spesies geregistreer is,
bymekaar gevoeg.
Daar word aangeneem dat ‘n onkruiddoder wat effektief teen een
spesie is, ook effektief op die ander spesies en basters daarvan
sal wees mits daar nie weerstand daarteen ontwikkel het nie.
Daar is ook ‘n paar onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat
geregistreer is nadat die gids gepubliseer is asook sommige nie-
selektiewe onkruiddoderswat nie spesifiseerwatter onkruidspesies
beheer word nie, maar wat wel effektief teen raaigras is as daar nie
weerstand is nie.
Wetenskaplike naam:
Lolium
spesies (
Loliummultiflorum, L. perenne, L. rigidum, L. temulentum
)
Afrikaanse naam:
Raaigras, roggras (eenjarige raaigras, Italiaanse raaigras,meerjarige raaigras, SwitserseofWimmera
raaigras, drabok)
Engelse naam:
Ryegrass
(
annual ryegrass, Italian ryegrass, Perennial ryegrass, Rigid ryegrass, Darnel
)
Junie 2014
52
1...,44,45,46,47,48,49,50,51,52,53 55,56,57,58,59,60,61,62,63,64,...84
Powered by FlippingBook