SA Graan Junie 2014 - page 58

d
ie mens is die finale gasheer van die twee lintwurm-
spesies wat masels of blaaswurms by beeste en
varke onderskeidelik veroorsaak. Die parasiet moet
vir die voltooiing van sy kringloop deur ‘n gepaste
werweldiertussengasheer, naamlik óf die bees óf die
vark, onderskeidelik gaan. Lintwurms by diemens kom
meestal voor in laer ontwikkelde sosio-ekonomiese gemeenskappe
enookwaar swakhigiëneenmaatskaplike toestandeheers. Tog loop
enige persoon wat graag rou of halfgaar vleis eet, die gevaar om
lintwurms op tedoen.
Ander name
Lintwurmbesmetting staan ook bekend as taeniase. Die mens kan
besmet raak met die beesvleislintwurm (
Taenia saginata
) of die
varkvleislintwurm (
Taenia solium
). Laasgenoemde kan egter ook
sistiserkosebydiemens veroorsaak.
Siekte
Bees- of varkvleislintwurms kom in die dunderm van die mens
voor en veroorsaak ‘n nie-dodelike siekte. Dit kan egter uittering,
gewigsverlies en spysverteringsprobleme veroorsaak.
Raenia
saginata-
en
Taenia solium
-sistiserkose, ook bekend as masels,
is die besmetting van onderskeidelik die bees en vark se spier-
en ander weefsels met die larwe- of blaaswurmstadium van die
twee lintwurms. Hierdie tipe masels kan selde by ‘n lewende dier
waargeneem word en word feitlik uitsluitlik eers met slagting of
nadoodse ondersoek vasgestel. Onder bepaalde omstandighede
kan die siste of blaaswurms van
T solium
ook inmenslike weefsels
voorkom. Sulke siste veroorsaak ernstige probleme in die oë en
brein. Sulke gevalle van sistiserkose kommeestal by mense voor
wat ook die lintwurmdra. Die teenwoordigheid vanbeide stadia van
die parasiete in een persoon, is ‘n aanduiding van selfbesmetting
met die lintwurmeiers.
Verspreiding
Lintwurms by die mens en masels by die bees en vark kom
wydverspreid in die wêreld voor, veral in onderontwikkelde lande.
Die voorkoms van besmetting wissel na gelang van geografiese
verspreiding vanmens en dier, ontwikkelingspeil en standaard van
beheer oor vleishigiëne. Beide vorme van besmetting (bees- en
varkvleislintwurm) kom inSuid-Afrika voor.
Tipe soönose
Lintwurmbesmetting is ‘n siklosoönose omdat daar twee afson-
derlike soorte gewerwelde gashere (die mens en die bees/vark) in
die parasiet se kringloop betrokke is. Diemens is die finale gasheer
endiedier die tussengasheer vandie twee soorte lintwurms.
Besonderhede oor die lintwurms
Die volwasse beesvleislintwurm (
Taenia saginata
) produseer tussen
ses en nege ryp en eierbelaaide segmente per dag (± 1,5 miljoen
eiers) en wissel van 4m tot 8m in lengte. Dit kan tot 25 jaar in die
mens se kleinderm lewe. Die volwasse varkvleislintwurm (
Taenia
solium
) wat ongeveer vyf segmente (± 250 000 eiers) per dag
produseer, wissel van 3 m tot 5 m in lengte en die wurm kan ook
vir jare in diemens voortbestaan. Dit ismoontlik dat ‘nmens een of
meer lintwurms gelyktydig kanhuisves.
Lewenskringloop
Die lintwurm kom in die kleinderm van die mens voor en die
lintwurm se ryp en eierbelaaide segmente word in sy feses
(ontlasting) uitgeskei. In die geval van die beesvleislintwurm is die
wurmsegmente beweeglik en kan derhalwe die mens se liggaam
spontaan verlaat; in die geval van die varkvleislintwurm verlaat
die ryp segmente die liggaam slegs met ontlasting. Die eiers of
eierbelaaide segmente word deur die bees of vark deur die bek
ingeneem. Larwes broei uit die eiers en beland veral in die spiere,
maar ook in ander organe van die tussengasheer (bees of vark)
waar hulle ontwikkel tot blaaswurmpies wat ook bekend staan as
masels (sistiserkose). Indien ‘n mens die rou of halfgaar vleis van
die tussengasheer (bees of vark) eet, ontwikkel diemaselsisteweer
tot lintwurms in die mens en so word die kringloop by die finale
gasheer voltooi.
Hoe doen ‘nmens die besmetting op?
Die mens doen lintwurmbesmetting op deur maselbesmette
bees- of varkvleis, asook bees- en varkwors of bees- en
varkmaalvleis rouof halfgaar te eet (
Foto 1
).
Die mens kan blaaswurmbesmetting of sistiserkose opdoen
wanneer hy ‘n varkvleislintwurm huisves en homself met die
eiers daarvan besmet of varkvleislintwurmeiers van ander
bronne inneem.
Die uitwerking van lintwurmbesmetting
by diemens
Lintwurmbesmetting by die mens is nie dodelik nie. Die
lintwurmskompeteeregtermetsygasheer (diemens)virvoedsel
en parasiteer dus die mens. So kan die mens gewigsverlies,
vitamientekorte enook ander siektetekens ontwikkel.
Persone wat masels of sistiserkosebesmetting opdoen kan
verskeie siektetekens toon, afhangende van waar die siste
geleë is. As die siste in die brein ontwikkel, kan epilepsie,
breinvliesontsteking en verlamming volg. Siste in die oog kan
ernstige sigprobleme veroorsaak.
OP PLAASVLAK
Diere
Bees- envark aselsasook lintwurms
en sistiserkosebydiemensbekyk
JANDUPREEZ,
besturende direkteur: Instituut vir Suiweltegnologie
WILDFAKTOR
Vee- en
Reeks
Junie 2014
56
1...,48,49,50,51,52,53,54,55,56,57 59,60,61,62,63,64,65,66,67,68,...84
Powered by FlippingBook