SA Graan Junie 2014 - page 43

41
June 2014
Gibberella kopvrot kom voor in mielies gedurende warm en
nat weerstoestande (vanaf blom tot drie weke ná baardstoot).
Dit is in hierdie periode wat die inokulum die kop deur die
baard besmet. Gibberella kopvrot is dus meer algemeen onder
besproeiingstoestande.
Dit kom meer gereeld voor in die matige oostelike produksiege-
biede, maar onlangs was daar ‘n toename in die westelike
produksiegebiede. Wisselbou van mielies met ander grasgewasse
kan die siekte laat toeneem in die veld, afhangende van die
hoeveelheid
F. boothii
inokulumwat oorgedrawordvaneen seisoen
na ‘n ander.
Die siekte kan ook toeneem as gevolg van die stoppels wat
agterbly in lande waar min- of geenbewerkingspraktyke toegepas
word. Gibberella kopvrot veroorsaak oesverliese en affekteer ook
graankwaliteit.
Kopvrotsimptome is ‘n gedeeltelike of algehele donkerrooi ver-
kleuring (
Foto 4
) van die mieliekop. Vroeë infeksies kan lei tot
verrotting van die hele kopmet miselium, wat die kopblare aan die
kop vashou. Gibberella kopvrot infeksies begin aan die voorpunt
van die mieliekop en die swam groei terug na die plant toe. Graan
word weens vrot pitte afgegradeer en besmette pitte kan op hulle
beurt ernstige gevolge hê vanweë die produksie van bogenoemde
mikotoksiene.
Tans is daar geen wetgewing in Suid-Afrika oor toelaatbare
ZEA-,DON- enNIV-vlakke ingraannie,maar riglynevandieEuropese
Unie (EU) kan gevolgword (Tabel 1). NIV enDON is proteïensintese-
inhibeerders en as gekontamineerde graan geëet word, kan dit
bloedarmoede, velletsels, braking, diarree en lewerskade in mens
en dier veroorsaak. Zearalenone-gekontamineerde voer kan repro-
duksie (fertiliteit) probleme indiere veroorsaak.
Bestuurspraktyke
Wisselbou
Die kies van alternatiewe gewasse in ‘n wisselboustelsel is baie
belangrik. Vermy wisselbou met grasagtige gashere wat vatbaar is
vir die swamme van die
F. graminearum
spesies kompleks. Wissel-
bou is veral belangrik waar minimum- of geenbewerkingsprak-
tyke toegepas word. Wisselbou ontneem die swam van ‘n gasheer
en verminder inokulum deur die vermindering van geïnfekteer-
de stoppel.
Stoppelvermindering
Enige praktyk wat stoppel verminder, sal ook die primêre
inokulumbron verminder. Spore oorwinter op graanreste en sal
dan nuwe plante in die groeiseisoen besmet. Hoe meer primêre
inokulum, hoe groter die risiko vir besmetting. Al is inokulumvlakke
hoog en die klimaat is nie reg nie, sal daar geen infeksies plaas-
vindnie.
Die klem is hier op vermindering van besmette reste deur weiding,
ploegof inuiterstegevalle,brand.Waarminimum-ofgeenbewerking
die gebruik is, moet produsente alternatiewe beheermaatreëls
gebruik. Dit is dus hier waar wisselbou as deel van ‘n geïntegreerde
plaagbeheerstelsel noodsaaklik is.
Kultivarkeuse (weerstand)
Geen kultivar sal tenvolleweerstandbiednieenplaaslikaangepaste
grondboonkultivars wat moontlik weerstand teen die
A. flavus
en
A. parasiticus
swammebied,moet geselekteerword. Tot ophede is
daar geen kultivarwat volleweerstandbied teen
F. verticillioides
en
F. proliferatum
infeksie en fumonisienproduksienie.
As gevolg van verskeie faktore, is dit moeilik om kultivars vir
stabieleweerstand teevalueermet konvensioneleevaluasietegnieke
en daarom speel die regte bestuurspraktyke tans ‘n belangrike
rol in die beheer van
F. verticillioides
kopvrot en gevolglik
fumonisienproduksie.
Kultivars verskil in terme van weerstand of vatbaarheid teen
Gibberellakop- enstamvrot.Weerstand teendiekopvrotfasevandie
siekte,waarborgnieweerstand teen stamvrot nie. Daar is tot dusver
nie voldoende data beskikbaar aangaande weerstandbiedende
kultivars nie, alhoewel baie vatbare kultivars al geïdentifiseer is.
Inligtingmoet ingewinwordbysaadmaatskappyeoorkultivarkeuses.
Beperk plantstremming
Optimeer oestyd, aangesien grondboonplante wat te laat geoes
word of grondbone wat onderontwikkel is, kan lei tot ‘n groter
voorkoms van aflatoksienbesmetting. Oes hoë-risiko plante (wat
besmet is met peste, patogene of beskadig is) apart van laer risiko
plante. Grondboonpeul- en saadbeskadiging tydens oes, berging
en verspreiding moet beperk word, aangesien dit tot verhoogde
Aspergillus
spp. infeksie kan lei. Vogstremming, blaarsiektes,
insek- en voëlskade kan die voorkoms van
Fusarium
spp. asook
mikotoksiensintese verhoog.
Beperk byvoorbeeld insekskade deur gebruik te maak van
‘n geïntegreerde insekbestuurplan, hetsy Bt-tegnologie of ‘n
spuitprogram. Gebruik optimale plantestand- en voedingsregimes
soos aanbeveel vir die area. Literatuur het al bewys dat ‘n
stikstofwanbalans (te min of te veel) byvoorbeeld kan lei tot ver-
hoogde swaminfeksies endus ook verhoogdemikotoksiensintese.
Berging vangraan
Oes graan by die aanbevole vogpersentasie en stoor in droë,
koel, goed-geventileerde opbergingsplekke. Indien nodig, moet
die droogproses so vinnig as moontlik afgehandel word en graan
moet gebergwordmet dieminimum vreemdemateriaal, insekte en
swamme.
Probeer ekstra vog bekamp wat kan lei tot veral aflatoksien-ont-
wikkeling. Mikotoksienproduserende graanswamme het die vermoë
om vir lang tye in opbergplekke soos silo’s te oorleef en daarom
moet sulkeplekkená elke seisoendeeglik skoongemaakword.
Probleemoplossing-navorsing deur die
LNR-IGGmikotoksiengroep
Navorsing deur die LNR-IGG fokus op die voorkoms van mikotok-
siene ingraanproduksie (mielies, sorghum, grondbone) gebiede van
Suid-Afrika.
Navorsingbehelsmodellering, fisiologiesestudies,bestuurspraktyke
en studies in die variasie van isolate om vas te stel waarom sekere
mikotoksiene in sekere gebiede en op sekere gewasse voorkom. As
onsverstaanhoemikotoksienproduserendeswammegasheerplante
(mielies, grondbone, sorghum) infekteer en ook wanneer en
hoekom hullemikotoksiene sintetiseer, kan ons nuwe en bestaande
bestuurspraktykenavors.
Van die bestuurspraktyke waarin ons tans navorsing doen, sluit Bt-
tegnologie, teling, biotegnologie, swamdoders, stressors, berging
van graan en gewasrotasiestelsels in, ommaar net ‘n paar te noem.
Ons navorsing is toepaslik in kommersiële enbestaansboerderye.
Ons werk saam met die Universiteit van die Vrystaat, Noordwes-
Universiteit (Potchefstroomkampus) asook Stellenbosch Univer-
siteit en wil graag die Mielietrust en die National Research
Foundation (NRF) bedank vir finansiële bydraes in dié belangrike
navorsingsonderwerp.
Vir enige navrae, kontak dr Belinda Janse van
Rensburg, prof Bradley Flett,meAneenSchoemanof
mnr EdsonNcubeby 018 299 6100.
1...,33,34,35,36,37,38,39,40,41,42 44,45,46,47,48,49,50,51,52,53,...84
Powered by FlippingBook