SA Graan Junie 2014 - page 57

Dit isnoodsaaklikdat produsenteen/of chemiesevervaardigings- en
bemarkingsmaatskappye probeer vasstel wat die weerstandstatus
van raaigras in ‘n land is voordat onkruiddoders daarop toegedien
word. Indien daar nie weerstand teen ‘n spesifieke onkruiddoder
is nie, moet sorg gedra word dat die onkruiddoder onder goeie
spuittoestandeendie korrektedosis toegedienwordoponkruidwat
niegroter as die vierblaar-stadium is nie.
Te hoë en te lae dosisse veroorsaak hoëseleksiedruk vir teikensetel-
en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die gebruik
van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld asmoontlik afmet ander
onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander woorde in ‘n
anderwerkswysegroep).
In Tabel 1 word aangedui teen watter onkruiddoders wat geregi-
streer is vir die beheer van raaigras, daar alreeds bewese of ver-
moedelikeweerstandwaargeneem is.
Alternatiewe beheer
Dit isuitersnoodsaaklikdatdaarnienetopchemiesebeheermetodes
staatgemaakword om raaigras te beheer nie. Soos hierbo genoem,
is raaigras se klein saadjies baie gevoelig vir diep begrawing en ‘n
skaarploegbewerking kan tot soveel as 90% van raaigrassadeuit die
sisteemneem.
Dit is egter baie nadelig vir verskeie grondeienskappe om te ploeg
en ‘n landwat swaarmet weerstandbiedende raaigras besmet is, se
populasies kan net so effektief verminder word deur in ‘n seisoen
groen- of bruinbemesting in te werk of hooi te maak met hawer of
enige ander geskiktehooigewas.
Vir meer metodes om weerstand te bestuur, word verwys na
die pamflet
Volhoubare gewasproduksie in die teenwoordig-
heid van onkruiddoderweerstand
wat by enige van die chemiese
vervaardigings- of bemarkingsmaatskappye beskikbaar behoort
tewees.
Bedankings en verwysings
Die volgendepersonehet die artikel krities deurgelees en voorstelle
ter verbetering gemaak waar nodig: Prof A.L.P. Cairns (Universiteit
van Stellenbosch), dr Erik Eksteen (Syngenta), mnr Org Lotter
(Bayer Crop Science), mnr JimMcDermott (Du Pont), mnr Hannes
Schoeman (Monsanto),mnr FrikPotgieter (Nulandis) enmnrDirkvan
Eeden (Terason).
Die lys van geregistreerde onkruiddoders is verkry vanuit die
publikasie:
AGuide to thechemical control ofweeds inSouthAfrica:
ACropLifeSouthAfricaCompendium
.Bestel by
info@cropsolutions.
co.za
of 011 079 4199.
Inligting is ook verkry vanuit die boek
Onkruide in gewasse en
tuine in Suidelike Afrika
en is beskikbaar by die LNR-Instituut vir
Graangewasse, Privaat sak X1251, Potchefstroom, 2520. Kontak
Mary James by 018 299 6253of
.
Dieboek
Probleemplante en indringeronkruide vanSuid-Afrika
deur
Clive Bromilow is ook geraadpleeg en is beskikbaar by die meeste
boekhandelaars of raadpleeg die webtuiste van die uitgewers:
.
Diepamflet
Volhoubaregewasproduksie indie teenwoordigheid van
onkruiddoderweerstand
is ook in PDF-formaat te kry by die skrywer
van hierdie artikel by
.
Dit is ook (in Engels) beskik-
baar op die CropLife SA webtuiste (
Portals/13/Croplife_Documents/Sustainable%20crop%20
production%20in%20the%20presence%20of%20herbicide%20
resistance.pdf
).
55
1...,47,48,49,50,51,52,53,54,55,56 58,59,60,61,62,63,64,65,66,67,...84
Powered by FlippingBook