Insekbeheer
Insette/Produksie
‘n Onbekende insekplaag op
mielies
– die Bagrada besie
DR ANNEMIE ERASMUS, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE
‘n Onbekende insekplaag op mielies is onlangs in die Noordwes Provinsie
opgemerk. Die spesie is geïdentifiseer as die Bagrada besie (
Bagrada
hilaris
), ook bekend as die Bagrada stinkbesie.
Oor die algemeen is hierdie spesie ‘n plaag op koolgewasse en geen
geval is bekend waar mielies al in die verlede aangeval is nie. Die skade
kom kol-kol in landerye voor (
Foto 1
). Die voorafgaande gewasse kon
moontlik ‘n rol gespeel het in die uitbraak van hierdie plaag. Vooraf-
gewasse was rape, lusern en hawer wat moontlik die bron van infestasie
kon veroorsaak het. Die opslaglusern is chemies beheer wat sodoende
kon veroorsaak het dat die besies die alternatiewe voedselbron, in hier-
die geval mielies, aanval. Besies is in die kelke waargeneem en vlieg nie
weg as hulle gesteur word nie.
Die Bagrada besie is ‘n suigbesie (
Foto 2
). Die primêre plantgasheerspesies
waarop hierdie besie voed behoort aan die
Brassicaceae
familie, wat
insluit broccoli, kool, blomkool, mosterd, radyse en kanola. Dit is ook al
gerapporteer dat die besies ander gewasse (sekondêre gewasse) aanval
byvoorbeeld beet, katoen, grondboontjies, peulgewasse, manna, patats
en koring. Daar bestaan dus ‘n groot moontlikheid dat gewasse wat naby
‘n brassica gewas met besie-besmetting geplant word, deur hierdie plaag
besmet kan word.
Nimfe is 1mm in lengte as hulle uitbroei en ontwikkel vinnig tot ‘n volwasse
besie wat 5 mm - 7 mm groot is. Die besie is swart met opvallende rooi-
oranje patrone. Die volwasse besie het vlerke, maar vlieg selde en kan
lang afstande loop om gewasse aan te val.
Wyfies lê die eiers op die grond en soms op blare. Die eiers is eers wit en
word later oranje. ‘n Wyfie kan meer as 100 eiers lê waarna die eiers in
sowat ‘n week se tyd uitbroei. Die nimfe neem sowat twee tot drie weke
om volwassenheid te bereik. ‘n Paar generasies kan tydens ‘n seisoen
voorkom as omstandighede gunstig is.
Bagrada besies kom in swerms voor en vreet in groepe, veral as die
nimfgetalle hoog is. Die volwasse besie en die nimfstadium val alle
bogrondse plantdele aan. Die besie het suigende monddele waarmee
sap uit plantweefsel onttrek word. Hulle dra egter geen toksiene oor na
die plant nie.
Skadesimptome wissel tussen verskillende gewasse. Oor die algemeen
is daar tekens van blaarverkleuring waar sap uit die blaar gesuig word
en geel en wit vlekkies kom op blare voor waar die besies voed; hierdie
vlekkies kom oor die algemeen op die rand van die blaar voor (
Foto 3
).
Die rand het dan ‘n uitgedroogte voorkoms en kan ook opkrul namate die
skade erger word.
Die bewerking van grond waar brassica gewasse geplant was, sal help
om eiers wat op die grond gelê is te verminder. Ou plantmateriaal
wat op die grond lê en die nimfe huisves kan ook verwyder word
om sodoende te voorkom dat nog ‘n generasie ontwikkel. In die
geval van bewaringsboerdery waar grond nie bewerk word nie, kan
kontakinsekdoder op die grond gespuit word om nimfe en volwasse
besies te beheer.
Vir navrae, stuur ‘n e-pos aan
Bronne en verdere leesstof
Annecke, D.P. & Moran, V.C. 1982.
Insects and mites of cultivated plants in South Africa.
Butterworths, Durban/Pretoria.
Visser, D. 2009.
A complete guide to vegetable pests in South Africa.
Agricultural Research
Council, Roodeplaat Vegetable and Ornamental Plant Institute, Pretoria. p 102 - 106.
21
January 2014
Foto 1: Skade kom kol-kol in landerye voor.
Foto 2: ‘n Voorbeeld van die Bagrada besie. Die besie is swart met opval-
lende rooi-oranje patrone.
Foto 3: Geel en wit vlekkies (oor die algemeen op die rand van die blaar) kom
voor waar sap uit die blaar gesuig word.