SA Grain January 2014 - page 20

DR CHARLIE REINHARDT, BUITENGEWONE PROFESSOR, UNIVERSITEIT VAN
PRETORIA EN DEKAAN: VILLA ACADEMY
In chemiese oesbeskerming rus die onus vir gewasveiligheid nêrens
sterker op die plaagdoder as in die geval van onkruiddoders nie. Omdat
onkruiddoders basies plantdoders is, is daar groot verwagtinge oor die
selektiewe werking van onkruiddoders – iets wat selde of ooit ‘n sterk
oorweging by insek- en swamdoders is.
Onkruiddoders vir grasbeheer in gewasse wat tot die grasfamilie behoort,
soos mielies en kleingrane; en die beheer van breëblaaronkruide in
breëblaargewasse, byvoorbeeld bone en sonneblom, moet uiteraard oor
die een of ander besonderse eienskap beskik om gewasskade in sulke
situasies te kan vermy.
In die volgende artikel in die reeks sal die selektiwiteit van onkruiddoders
en die faktore wat dit beïnvloed, breedvoerig behandel word. Op
hierdie stadium is die bespreking gefokus op chemiese middels wat die
selektiwiteit van onkruiddoders bewerkstellig deur as “beveiliger” op
te tree. Sonder ‘n beveiliger sou die gebruik van verskeie baie gewilde
onkruiddoders in belangrike gewasse nie moontlik gewees het nie.
‘n Beveiliger (Engels:
safener
) is nie ‘n teenmiddel (Engels:
antidote
)
in die ware sin van die woord nie, want anders as in die geval van
slangteengif word daar nie teenliggaampies geproduseer wat die “gif”
vinniger afbreek nie.
Beveiligers teen onkruiddoders se werking berus in meeste gevalle
op die stimulering van plantensieme wat alreeds teenwoordig is en
verantwoordelik is vir die afbreking (inaktivering of neutralisering) van
die onkruiddoder in ‘n plant.
Ontstaan van beveiligers
Beveiligers word saam met sekere onkruiddoders gebruik om die gewas
teen laasgenoemde se uitwerking te beskerm. Redelik vroeg (1960’s tot
1970’s) in die ontwikkeling van onkruiddoders is daar geëksperimenteer
met die behandeling van gewassaad met geaktiveerde koolstof, harse
en sekere soorte klei om gewassaad teen onkruiddoders te beskerm.
Die beginsel was dat die onkruiddoder aan voorgenoemde stowwe sou
bind en sodoende onbeskikbaar vir opname deur die gewassaad sou
wees, maar wel vir opname deur onkruidsaad. Weens verskeie praktiese
probleme het hierdie fisiese afskermingstoepassings nie lank stand
gehou nie.
Om net een probleem op te noem met die fisiese afskerming van
gewassaad teen die onkruiddoder, ter wille van beveiliging van die
gewas, is dat voor-opkomstoegediende onkruiddoders in ‘n baie klein
maat deur sade opgeneem word en dat plantwortels en ondergrondse
stingelgedeeltes die hoofroetes vir opname van grondtoegediende
onkruiddoders is.
Dit was dus gou duidelik dat ‘n fisiologiese in plaas van fisiese
meganisme vir die beveiliging van die gewas nodig was – beveiliging teen
die onkruiddoder binne-in die plantsisteem en nie daarbuite nie, sou die
ideale oplossing wees.
‘n Waarneming vroeg in die 1950’s, van die antagonistiese werking tussen
die twee naverwante onkruiddoders, 2,4-D en 2,4,5-T, het gelei tot die
ontwikkeling van die eerste kommersiële beveiliger wat in 1972 vrygestel
is. Hierdie beveiliger,
naphthalic anhydride
, het mielies beskerm teen die
tiokarbamaat-groep onkruiddoders, waarvan EPTC die belangrikste lid
is. EPTC word voor-opkoms toegedien en beheer hoofsaaklik grasse en
uintjies op ‘n selektiewe wyse in ‘n gewas soos mielies.
Mettertyd het R-25788 of
dichlormid
(
N,N-diallyl-2,2-dichloroacetamide
)
die beveiliger vir die onkruiddoder EPTC en ander lede van die
tiokarbamaat-groep geword. EPTC PLUS 720 EC (L4504, Villa Crop
Protection) is ‘n voorbeeld van ‘n produk wat EPTC-onkruiddoder plus
beveiliger bevat – op die etiket verskyn die volgende inligting onder die
opskrif “Aktiewe bestanddeel”:
EPTC (tiokarbamaat) – 720 gram/liter; diklormied – 76 gram/liter”
(diklormied is Afrikaans vir
dichlormid
).
Gebruike
Beveiligers se werking is afhanklik van spesifieke kombinasies
van onkruiddoders en gewasse. Daarom is die gebruik van
beveiligers nie algemeen nie, maar beperk tot spesifieke gewas-/
Deel 16
Ken jou onkruiddoder
Beveiligingsmiddels vir onkruiddoders
Onkruidbeheer
Insette/Produksie
Januarie 2014
18
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26,27,28,29,30,...52
Powered by FlippingBook