SA Grain January 2014 - page 14

In die derde plek is Theonie Blom van Bredasdorp se foto van Boetie, besig
om die hek toe te maak terwyl hy die kraal regkry vir die skape om geklas
te word.
Riaan Nowers van Strand se foto behaal ‘n tweede plek. Op die foto is
Gert van Rooy besig om skape te merk op ‘n plaas net buite Victoria-Wes.
Fotokompetisie
Aktueel
Dankie vir al die foto’s
– doen so voort
SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE
So kom 2013 se
SA Graan
/Sasol Nitro fotokompetisie met die tema “Die mens in landbou”
tot ‘n einde. Baie dankie aan almal wat hulle foto’s ingestuur het. Hierdie maand maak
ons weer so met die afskop van die nuwe fotokompetisie waarvan die tema “Moderne
landbou in aksie” is. Prysgeld ter waarde van R32 000 moet gewen word. Ons sien met
verwagting uit na julle foto’s!
Moderne landbou in aksie
Is jy ‘n amateurfotograaf wat graag met jou kamera op die plaas
rondloop en foto’s neem? Ons wil vanjaar deur ons lesers se kamera-
lense sien hoe hulle “moderne landbou in aksie” interpreteer.
Wat beskou jy as “moderne landbou”? Presisieboerdery? Die nuutste
bewaringsbewerkingspraktyke? Daardie spiksplinternuwe trekker
waarop Pa so trots is? Sonkragpanele wat sorg dat daar drink-
water vir die vee beskikbaar is? Komaan, verras ons met jóú
interpretasie! Stuur nou jou foto’s in vir die
SA Graan
/Sasol Nitro
fotokompetisie 2014.
WAT KAN JY WEN?
Die pryse word weer vanjaar deur Sasol Nitro geborg. Vanaf Janua-
rie 2014 word daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wenner deur ‘n
paneel beoordelaars aangewys. Die maandelikse wenner stap weg
met ‘n kontantprys van R1 000 en die twaalf finaliste kom in aan-
merking vir
R10 000 (wenner)
,
R7 000 (naaswenner)
en ‘n
derde
prys van R3 000
.
Stuur foto’s na
of aan Elmien Bosch, Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.
SA GRAAN
/SASOL NITRO
FOTOKOMPETISIE 2014
Prysgeld ter waarde van R32 000 te wen!
KOMPETISIEREËLS
1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit foto’s neem nie) mag vir die
kompetisie inskryf.
2. Inskrywings moet die tema “moderne landbou in aksie” uitbeeld.
3. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).
4. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s saam met die foto verskaf.
5. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil) per uitgawe inskryf.
Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie foto’s wat ontvang is, vir die kompetisie
in aanmerking geneem word.
6. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp handel as foto’s wat vir
‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voorheen gepubli-
seer wees nie.
7. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes nie inskryf nie.
8. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings wat ná die afsny-
tyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie ingeskryf word.
9. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar word. Die foto’s moet in
elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk nie, in JPG-formaat en nie kleiner as 10 cm x
15 cm nie. Indien foto’s met ‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van 300 dpi
geskandeer word.
10. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word nie. Om ‘n foto te
sny (
crop
) word nie as manipulasie beskou nie.
11. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe, ‘n verteenwoordiger van
SA Graan/Grain
asook Sasol Nitro, sal die foto’s maandeliks beoordeel.
12.
SA Graan/Grain
behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompetisiereëls
voldoen nie, af te keur.
13. Alle inskrywings word die eiendom van
SA Graan/Grain
– dit sluit die CD’s in waarop die foto’s verskaf
is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word en
SA Graan/Grain
en Sasol Nitro mag dit vir toekomstige
promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in
daartoe en geen eise van derde partye vir skending van kopiereg sal ingedien word nie.
14. Werknemers van Sasol Nitro, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie inskryf nie.
SLUITINGSDATUMS:
Januarie 2014: 13 Januarie
Februarie 2014: 5 Februarie
Lizette Nel van Groblersdal se foto
“Wheat harvest land” het vir haar ‘n
eerste plek en daarmee saam R1 000
kontant in die November-fotokom-
petisie losgeslaan.
3
de
2
de
1...,4,5,6,7,8,9,10,11,12,13 15,16,17,18,19,20,21,22,23,24,...52
Powered by FlippingBook