SA Grain January 2014 - page 19

NAMPO Oesdag
Graan SA
NAMPO-raakvatters bedank
LOUIE ESTERHUYSEN, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Sjoe, die tyd vlieg so: Voor ‘n mens jou kan kry, is dit al weer tyd om
koers te kry Bothaville toe – NAMPO Oesdag toe! Die Graan SA NAMPO
Oesdagkomitee is al hard aan die beplan en gereedmaak vir 2014 se
NAMPO Oesdag wat plaasvind vanaf 13 tot 16 Mei. Gedurende Junie
2013 is ‘n spesiale funksie gehou waartydens Graan SA se NAMPO Oes-
dagkomitee afskeid geneem het en erkenning gegee het aan diegene wat
by die Oesdag uitgetree het. ‘n Geskenk is aan elkeen oorhandig as blyk van
waardering vir hulle jarelange diens aan die Oesdag.
17
January 2014
Petra Kruger het van 1980 tot 2012 by Graan SA se NAMPO Oesdag gehelp en
het begin werk as vrywilliger by vleisverwerking in die Fanie Ferreira-saal.
Vanaf 2001 was Petra betrokke as sameroepster van die Biertuin Restaurant
tot en met haar uittrede in 2012. Sy was in totaal 33 jaar betrokke as vrywil-
liger by die NAMPO Oesdag “Ons was ‘n groot familie en baie dankie aan almal
wat my pad gekruis het. Ek sal altyd terugdink aan hierdie dag,” het sy gesê.
Johan Loxton (bestuurder: Kommersiële Dienste, Graan SA) het haar bedank vir
haar lojale ondersteuning.
Coretha Wagner het vir 28 jaar as vrywilliger by die NAMPO Oesdag gehelp.
Sy het in 1983 begin by die Fanie Ferreira-saal. Vanaf 2007 het Coretha saam
met Rika van Eeden en Annet Botha die leisels oorgeneem as sameroepster
van die Damesprogram, waar hulle jaarliks ‘n uiters suksesvolle en interessante
program aangebied het tot en met haar uittrede in 2011. Wat Coretha met haar
saamneem is als wat sy geleer het en al die mense wat sy leer ken het.
Lettie en Jub Jubelius het van 1979 tot 2011 by NAMPO gewerk by onder meer
die Fanie Ferreira-saal en later Klub 200. Hulle het op verskeie komitees gedien.
Jub was onder andere vir baie jare voorsitter van die Verversingskomitee en
ook visevoorsitter van die Oesdagkomitee. In Junie 2005 is hy as voorsitter van
Graan SA se NAMPO Oesdagkomitee verkies – ‘n amp wat hy beklee het tot
en met 2011 se Oesdag. Cobus het vir Jub bedank vir die fondament wat hy gelê
het, waarop die huidige komitee kan voortbou. ‘n Lugfoto van NAMPO Park
tydens die Oesdag is ook aan hulle oorhandig.
Nellie Oosthuizen het in 1987 as vrywilliger begin werk by die Fanie Ferreira-
saal se opskep-afdeling namens die VLU en het tot in 2012 by NAMPO gewerk.
“Ek wil net vir almal baie dankie sê vir die lekker saamwerk deur die jare,” het
sy gesê. Cobus van Coller (voorsitter: Graan SA se NAMPO Oesdagkomitee)
bedank haar terwyl Johan Loxton toekyk.
Pieter en Nooi Pretorius was vanaf 2000 - 2009 betrokke as sameroepers by die
NAMPO-saal kiosk. Nooi was in 2010 en 2011 ook betrokke as sameroepster
by die etes vir die tydelike werkers. Wyle Pieter was jare lank betrokke by die
NAMPO Oesdag Verversingskomitee (later as visevoorsitter) en het ook gedien
op die NAMPO Oesdagkomitee vanaf 2000 - 2011. Op 13 Junie 2006 is hy ver-
kies tot visevoorsitter van die NAMPO Oesdagkomitee – ‘n amp wat hy beklee
het tot en met sy uittrede in 2011 weens swak gesondheid. Cobus van Coller
het die Oesdagkomitee se dank en waardering uitgespreek teenoor wyle Pieter
en teenoor Nooi. “Ons sal altyd vir Pieter onthou,” het hy gesê. ‘n Lugfoto van
NAMPO Park tydens die Oesdag is as aandenking aan Nooi oorhandig.
By die funksie was van voor: Johan Loxton, Petra Kruger, Coretha Wagner,
Lettie en Jub Jubelius en Nellie Oosthuizen. Agter: Kobus van Zyl (visevoor-
sitter: Oesdagkomitee), Almarie Dippenaar, Stefan Wagner, Anelle Pretorius,
Nooi Pretorius en Cobus van Coller.
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...52
Powered by FlippingBook