SA Grain January 2014 - page 28

Bewaringslandbou
Insette/Produksie
Januarie 2014
26
Bewaringslandbou – die oplossing
vir gemengde boerdery in marginale
saaigebiede
DR HENDRIK SMITH, BEWARINGSLANDBOUFASILITEERDER, GRAAN SA
Wat was die dryfveer agter hul toetrede
tot bewaringslandbou?
Ná mnr Manus Fouché sy seun, Francois, in 2005 in Australië besoek het,
het hy bewaringslandbou in ‘n ander lig beskou. Met sy terugkoms het hy
begin eksperimenteer deur sy eie planter aan te pas, maar hy kon nêrens
in sy omgewing hulp kry nie.
Hy sien toe later ‘n voorbeeld op Swellendam (Donald Buxton van Alpha
Engineering) waarvan hy ‘n eenheid leen en op sy planter monteer.
Dit het goed gewerk en hy bestel toe al die eenhede vir ‘n volledige
geenbewerkingsplanter op ‘n Agrico beitelploegraam wat wyer gemaak
is (sien
Foto 1
).
Daarna het hulle baie tyd en geld spandeer en geëksperimenteer om by
die regte stelsel uit te kom. Manus het aanvanklik die meeste geleer deur
kommunikasie en inligting vanaf Francois uit Australië te ontvang.
Daar het Francois kontak gemaak met kundiges by wie hy die wetenskap
agter bewaringslandbou geleer het en terselfdertyd het hy ook goeie
voorbeelde op plase gesien. Francois het toe ook begin werk op ‘n plaas
wat bewaringslandbou toepas en het tegelykertyd die groot debatte
rondom rywydtes en tande versus kouters gevolg.
Laasgenoemde het argumente geopper soos kouters wat modder pak en
tande wat oesreste sleep.
Beheerde spoorverkeer
Francois het ook in Australië geleer van beheerde spoorverkeer en
stoppels wat regop moet staan. Die belangrikste besluite rondom hierdie
stelsel is: Besluit op ‘n stroper, bou ‘n planter op dieselfde rywydte en
beweeg al die ander implemente op dieselfde spore.
Francois noem dat “net beheerde spoorverkeer alleen ‘n 10%
opbrengsverhoging tot gevolg het omdat verdigting dan net op spore
gekonsentreer is, stoppels die grondwater bewaar en die wortelstelsel
die grondbiologie verbeter.” Sy raad is om net langs die ou ry te plant
(wintergewasse tussen somergewasstoppels en somergewasse tussen
wintergewasstoppels), anders word die wortelstelsel en staande stoppel
vernietig; laasgenoemde skep ook koelte, wat help om ‘n gunstige
omgewing vir die klein plantjie daar te stel (sien
Foto 2a
en
Foto
2b
).
“Alles wat grondgesondheid beïnvloed is vir ons belangrik, veral gewas-
rotasies en grondbedekking en dit is waarnatoe ons werk,” beklemtoon
Francois.
Sommige Australiërs beskou beheerde spoorverkeer belangriker as
enigiets anders in bewaringslandbou, veral omdat dit sulke groot
voordele inhou. Wes-Australië het omtrent suiwer sandgrond (na aan
seesand) waar beheerde spoorverkeer en geenbewerkingsplanters met
kouters (snywiele) met groot sukses toegepas word. Die verbetering wat
bewaringslandbou in verskillende gronde gebring het, was dieselfde
– vanaf suiwer sand tot kleigronde.
Die Australiërs se bewaringslandboustelsel berus op die volgende vyf
praktyke: Grondgesondheid (grondchemie, grondstruktuur en grond-
biologie in balans en ook in balans met mekaar), beheerde spoorverkeer
(bewaar oesreste, grondbedekking en plant tussen rye), wisselbou,
onkruidbeheer en minimum grondversteuring (deur kouterplanters te
gebruik).
“Ons wil graag beheerde spoorverkeer hier maak werk. Ons glo dit kan
dinge makliker maak – die trekkerdrywer ry net op die spore en nie oral
op die land wat verdigting veroorsaak nie” – dit is Francois se visie.
Grondinligting
Die marginale gronde van die Suidoos-Vrystaat se saaiwêreld het baie
variasie en moet versigtig geïdentifiseer en bestuur word. Die Fouchés
het begin om hulle gronde se beperkings te identifiseer en op te hef,
byvoorbeeld deur middel van grondontledings en presisietoedienings
van kalk (dolomiet), gips en kunsmismengsels.
Die gronde het gemiddeld 13% klei in die bogrond. Grond in beter lande
word deur observasies op elke 4 ha gemoniteer. Kunsmistoediening word
gebaseer op grondontledings en gewasbehoefte. Die volgende stap sal
wees om beheerde spoorverkeer ordentlik te vestig om grondgesondheid
te verbeter.
Bewaringslandbou
Bewaringslandbou-innoveerders van die maand:
Manus en Francois Fouché
Naam van plaas:
Fennysdale
Distrik:
Boesmanskop/Zastron, Suidoos-Vrystaat
Gemiddelde jaarlikse reënval:
600 mm
Francois en Manus Fouché
1...,18,19,20,21,22,23,24,25,26,27 29,30,31,32,33,34,35,36,37,38,...52
Powered by FlippingBook