onkruiddoderkombinasies. In baie gevalle is die meganismes waar-
volgens beveiligers werk nog nie volledig opgeklaar nie en word navor-
sing daarop voortgesit.
Van al die beveiligers is
naphthalic anhydride
die veelsydigste, want dit
beskerm verskeie gewasse teen ‘n wye reeks onkruiddoders. Dit beskerm
onder meer mielies teen beide die tiokarbamate (byvoorbeeld EPTC) en
die chloorasetamiede (byvoorbeeld
alachlor
en
metolachlor
); deesdae is
dit klaarblyklik uitgedien en vervang deur meer effektiewe middels.
Dichlormid
is ‘n veeldoelige beveiliger wat effektief bewys is teen
onkruiddoders uit vier chemiese groepe: EPTC uit die tiokarbamaat-groep,
alachlor
en
metolachlor
uit die chloorasetamied-groep,
sethoxydim
uit
die ariel-oksifenoksi-propionaat-groep (“fops”), en
chlorsulfuron
uit die
sulfonielureum-groep.
Benoxacor
is ‘n relatief nuwe beveiliger wat in 1987 die eerste keer
deur Ciba-Geigy (tans Syngenta) bemark is. Dit beveilig spesifiek
mielies teen
metolachlor
en
S-metolachlor
onder ‘n wye reeks
omgewingstoestande wat onkruiddoderwerking kan beïnvloed.
Benoxacor
word nie soos sekere ander beveiligers as saadbehandeling
gebruik nie, maar is ‘n integrale deel van die onkruiddoder-formulering.
Die besonderse effektiwiteit van
benoxacor
word aangetoon deur
die relatief lae konsentrasie daarvan in die
metolachlor
-bevattende
produk METOLACHLOR 915 EC (L7841, Villa Crop Protection) wat
915 gram per liter metolachlor en 32 gram per liter
benoxacor
as
aktiewe bestanddele bevat. Gegewe ‘n aanbevole dosis van 1 liter
produk per hektaar beteken dit dat so min as 32 gram
benoxacor
,
versprei oor 1 hektaar, goeie beveiliging vir mielies bied, wat
daarsonder deur
metolachlor
beskadig en gedood sou word.
Gebruiksbeperkings
Napthalic anhydride
is alleenlik effektief as dit as saadbehandeling
gebruik word, want toediening aan grond maak dat onkruide ook
teen die onkruiddoder beveilig word. Daarteenoor verskaf dichlormid
goeie beveiliging vir die gewas ná grondtoediening en kan dit dus
deel vorm van die onkruiddoderformulering wat vooropkoms op
grond toegedien word. Dieselfde geld vir
benoxacor
.
Beveiligers bied sonder uitsondering beskerming van grasgewasse
teen grasdoders en alhoewel hierdie gewasse onder die belangrikstes
in die wêreld tel, is dit aanduidend van beperkte toepassing van
beveiliger-tegnologie tot op hede – sien
Tabel 1
.
Gevalle is aangeteken waar ‘n verskil in logingsvermoë van
onkruiddoder en beveiliger tot skade by die gewas gelei het.
Indien die beveiliger in die grondomgewing meer geredelik as die
onkruiddoder sou loog, is daar risiko vir gewasskade omdat die
noodsaaklike onkruiddoder:beveiliger-verhouding deur die verskil in
uitloging versteur is – in so ‘n geval is te min beveiliger relatief tot
onkruiddoder beskikbaar vir plantopname en gevolglik dreig gewasskade.
Die beveiligers wat algemeen in gebruik is, het almal die een of ander
gebruiksbeperking, soos dat hul gewas- en onkruiddoderspesifiek is en
dan is daar ook beperkings wat betref die manier van toediening. Die
uitdaging is om nuwe beveiligers te ontwikkel wat ‘n wye toepassing in
die veld het.
Hoe beveiligers werk
Die bewys dat beveiligers nie gewasskade, wat deur onkruiddoders
veroorsaak is, kan omkeer nie, maar wel verhoed dat skade in die eerste
plek plaasvind, is daarin geleë dat vir beveiligers om effektief te wees,
moet dit óf voor die onkruiddoder toegedien word (saadbehandeling) óf
saam met die onkruiddoder (deel van die produkformulering).
Skadesimptome wat deur chloorasetamiede (
alachlor
,
acetochlor
,
metolachlor
) by mielies veroorsaak word, is gewoonlik die duidelikste sigbaar op die koleoptiel,
die hoofroete vir opname van hierdie onkruiddoders tydens die stadium waar die koleoptiel besig is om onder die grond te verleng.
Foto’s: Charlie Reinhardt
Vervolg op bladsy 20
19