SA Grain January 2014 - page 15

Baie geluk aan Renette van der Merwe van Potchefstroom wie se foto aan haar ‘n eerste plek besorg het. “‘n Mens weet seker nou al dat plaaswerkers nooit sonder
‘n stok in die hand loop nie. Manual, een van ons werkers, moes ‘n Brahmaankoei wat gekalf het kraal toe vat om gespuit te word. Toe hy nader aan die koei kom,
het die koei hom begin jaag om haar klein kalfie te beskerm.”
WENFOTO VIR
DESEMBER
Tooi jouself in
Graan SA-klere
SUSAN ENGELBRECHT, KOMMUNIKASIE EN MEDIA SKAKELING, GRAAN SA
Tydens die 2013 Graan SA Oesdag, het verskeie lede die behoefte uitgespreek vir ‘n Graan SA-
klerereeks. As proeflopie, word ‘n kortmouhemp, oortrektrui en egte leerbelt bekend gestel.
Die kortmouhemp en oortrektrui is in groottes klein (
small
) tot 3X groot beskikbaar. Die belt is van
egte leer en kan verstel word sodat dit alle groottes kan pas.
Al drie hierdie items is beskikbaar teen R210 elk en kan bestel word deur ‘n e-pos te stuur aan
Willem Voogt (nuwe bestuurder: Finansies en Bemarking, Graan SA) by
.
Die leerbelt wat volgens
individuele groottes ge-
stel kan word.
Die kortmouhemp is van koel katoen en die
Graan SA-handelsmerk is subtiel sigbaar.
‘n Vlootblou oortrektrui vir die koeler dae.
Korporatief
Graan SA
13
Baie geluk,
Andries!
Graan SA se gelukwense aan Andries Theron
(visevoorsitter: Graan SA) met sy verkiesing
as visevoorsitter van die Proteïennavorsing-
stigting (PNS). Ons beste wense aan hom vir
sy nuwe taak in daardie hoedanigheid en vir
al die brûe en vennootskappe wat gebou gaan
word.
1...,5,6,7,8,9,10,11,12,13,14 16,17,18,19,20,21,22,23,24,25,...52
Powered by FlippingBook