SA Grain January 2014 - page 27

Insette/Produksie
Springhaasrotnavorsingsprojek
SKOP AF
PETRU FOURIE, EKONOOM: BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA
Dit is met opwinding en ná ‘n lang wag vir voldoende befondsing dat die
springhaasrotnavorsingsprojek uiteindelik ‘n aanvang neem. Dié projek
word gedeeltelik deur die Mielietrust, die Sasol Landboutrust en die LNR
befonds. Die eerste fase van die projek sluit die bepaling van effektiewe
gifstowwe sowel as die tyd en dosis van toediening in, terwyl daar ook na
die ekologie van die springhaasrot gekyk gaan word.
Hierdie navorsing word in die Wesselsbron/Hoopstad-omgewing gedoen
en proefpersele is reeds in die gebied uitgelê. Reën wat die afgelope
tyd daar voorgekom het, het meegebring dat opslagmielies sowel as
ander opslaggewasse opgekom het. Hierdie opslag is ‘n goeie bron van
voedsel vir die springhaasrotte en is die eerste werklike voedsel (sagte
plantmateriaal) waarvan hulle hou. Dit kan die getalle van springhaasrotte
waarskynlik laat toeneem.
Produsente word aangeraai om terwyl hulle nog besig is met grondbe-
werkings, op die uitkyk te wees vir waar springhaasrotte voorkom. ‘n
Moontlike aanbeveling is dat tonnelbehandelings op hierdie probleem-
areas toegepas kan word. Rotgif kan in die tonnels gegooi word in die
vorm van ‘n wasblokkie of beroking. ‘n Verdere aanbeveling is dat daar
nie gif gestrooi moet word nie aangesien daar tans voldoende ander
voedsel op die lande beskikbaar is en dit ook nie omgewingsvriendelik
is nie.
Die oogmerk is om hopelik teen die aanvang van volgende jaar se
plantseisoen antwoorde en oplossings oor die beheer van springhaasrotte
te kan deurgee, hoewel ‘n paar jaar se resultate eers feitelike antwoorde
sal kan lewer.
Kontak Frikkie Kirsten by die LNR-Plantbeskermingsnavorsingsinstituut
by 012 808 8217 vir verdere inligting.
?
1...,17,18,19,20,21,22,23,24,25,26 28,29,30,31,32,33,34,35,36,37,...52
Powered by FlippingBook