SA Grain January 2014 - page 31

29
January 2014
Winsgewendheid
Volgens die Fouchés lê die grootste besparing in trekkerure, tyd op die
land en arbeid. Daar is al bereken (in Queensland, Australië) dat ‘n 24-ry
(12 m) kouter (skottel) planter teen ‘n plantspoed van 18 km/uur en met ‘n
dieselverbruik van 3 liter/ha - 3,5 liter/ha kan werk.
Kontoerwalle is vir hulle ‘n probleem in bewaringslandbou, want dit
konsentreer water en mors baie tyd, diesel en spasie. Die Fouchés
verkies dus om oor die kontoere te plant vir groter effektiwiteit en
winsgewendheid.
Onkruidbestuur
Hulle onkruidbestuursprogram word in
Tabel 3
bespreek. Sien ook
Foto 5
.
Meganisasie
Hierdie boerdery se meganisasieplan werk soos volg: Vir die
wintergewasse gebruik hulle ‘n tuisgemaakte planter met tand van
Alpha Engineering (sien Foto 1). Vir somergewasse gebruik hulle weer
‘n John Deer 1750 (6-ry), wat ‘n vakuumplanter met ‘n snyskottel is. ‘n
Agrico 3-puntspuit (10 m) van 1 000 liter word ook gebruik.
Wat toegang tot kennis en inligting betref, is en was die internet
die grootste bron van inligting, veral vanuit Australië. Francois het
goeie ondervinding in Australië opgedoen wat hy stelselmatig in hulle
boerderystelsel integreer. Hulle is ook lede van die Boesmanskop
Bewaringslandboustudiegroep en alhoewel hulle redelik gereeld kom-
munikeer, is daar ‘n behoefte om meer gereeld bymekaar te kom.
Nege lede van die groep het in 2010 saam besoek afgelê aan Queensland,
New South Wales en Victoria in Australië en het baie inspirasie en kennis
uit hierdie besoek geput.
“Gaan kyk na mense (produsente) waar dit werk en toer na Australië,” is
die raad wat die Fouchés aan produsente bied wat in bewaringslandbou
belangstel.
Foto 4a: Koring tussen koringoesreste.
Foto 4c: Graansorghum in ‘n gewasrotasiestelsel.
Foto 4b: Sonneblom in ‘n gewasrotasiestelsel.
Foto 5: Sonneblom tussen haweroesreste bespuit met parakwat tussen die rye.
1...,21,22,23,24,25,26,27,28,29,30 32,33,34,35,36,37,38,39,40,41,...52
Powered by FlippingBook