SA Grain January 2014 - page 22

TEGNIESE BEMARKINGS-
BESTUURDERS
AgChem verlang die dienste van Tegniese Bemarkings-
bestuurders in verskeie areas van Suid-Afrika en die res
van Afrika.
Die persoon moet in staat wees om die volgende take te verrig:
• Tegniese advies aan agente verskaf
• Verkoopsondersteuning aan agente
• Entoesiastiese kliëntediens
• Verkoop-vooruitskattings
• Demonstrasieproewe te doen en te organiseer
• Op hoogte bly en detail-insig hê rakende maatskappy
produkte en dienste
• Opleiding en bemarking rakende maatskappy produkte
by die agente
Minimum vereistes:
Naskoolse landbou-kwaliÀkasie,
ondervinding in ‘n soortgelyke posisie.
Moet in besit wees van die AVCASA en BASOS sertiÀkaat.
Indien nie, moet dit binne 1 jaar verwerf word.
‘n Markverwante, prestasie gebaseerde vergoedingspakket
na gelang van kwaliÀkasies en ondervinding word aangebied
asook byvoordele.
E-POS CV NA:
* Die Rolfes Groep bied gelyke geleenthede aan alle werknemers
Oor die meganismes waardeur beveiligers die werking van onkruiddoders
inperk en sodoende die gewas beveilig, is daar ná dekades van navorsing
steeds verskillende opinies. Waaroor redelike eenstemmigheid bestaan,
is die maniere waarop die beveiliger die onkruiddoder se werking
onderdruk.
Bewyse bestaan dat opname deur plante en daaropvolgende translokasie
van onkruiddoders binne-in die plant deur beveiligers belemmer
word, met die gevolg dat die onkruiddoder teen laer hoeveelhede en/
of stadiger by die setel van werking uitkom en sodoende aktiwiteit
inboet. Daar is ook gevind dat beveiligers die blokkering van die setel
van onkruiddoderwerking (byvoorbeeld ‘n noodsaaklike ensiem) kan
veroorsaak sodat die onkruiddoder nie aktiwiteit kan openbaar nie.
Die meganisme van onkruiddoder-inaktivering waaroor daar die meeste
eenstemmigheid is, is die vorming van ‘n binding tussen onkruiddoder en
die ensiem glutatioon-S-transferase (GST) wat onkruiddoders deaktiveer
deur dit af te breek. Beveiligers stimuleer die werking van GST, met die
gevolg dat die onkruiddoder vinniger afgebreek word.
Die GST ensiem is gekonsentreerd aanwesig in die buitenste sellae van
die grassaailing se koleoptiel (blaarwindsel wat groeipunt ondergronds
omsluit) wat die hoofroete is vir opname van chloorasetamied
(asetanilied) grasdoders soos
alachlor
,
acetochlor
en
metolachlor
. By
onvoldoende werking van die beveiliger is dit die koleoptiel wat eerste
die onkruiddoder se skadesimptome wys – sien
Foto 1
en
Foto 2
.
Belangrike grasgewasse is baie beter as meeste onkruide en
breëblaargewasse bedeeld met die GST ensiem en dit verklaar
waarom beveiligers toepassing vind in hierdie gewassoorte – sien
Tabel 1.
Nog ‘n belangrike ensiemsisteem betrokke by die inaktivering
van onkruiddoders deur beveiligers, is sitochroom P450, waarvan
stimulering deur sekere beveiligers die vinnige afbraak van
onkruiddoders bewerkstellig deur die proses van oksidasie (toevoe-
ging van ‘n enkele suurstofatoom tot die onkruiddodermolekuul).
Die toekoms beloof hoogs innoverende ontwikkelings op die ter-
rein van gewasbeveiliging teen onkruiddoders. Een uitsonderlike
toepassingsmoontlikheid is die oorplasing van gene, wat ensieme
produseer wat op hul beurt onkruiddoders inaktiveer, na bakterieë
wat op en in plantwortels en ondergrondse stamdele leef. Hierdie
bakterieë sal dan as’t ware onkruiddoders uitsif en verhoed dat
toksiese hoeveelhede ‘n gevoelige gewas kan binnedring.
Vir meer inligting, kontak gerus vir dr Charlie Reinhardt by
083 442 3427.
Bronne en verdere leesstof
Abu-Qare, A.W. & Duncan, H.J. 2002.
Herbicide safeners: uses, limitations, metabolism
and mechanisms of action.
Chemosphere 48, 965 - 974.
Cobb, A. & Reade, J.P.H. 2010.
Herbicides and plant physiology.
Wiley-Blackwell.
Heap, I. 2013.
The international survey of herbicide resistant weeds.
http//www.
weedscience.com.
Hoffman, O.L. 1953.
Inhibition of auxin by 2,4,6-trichlorophenoxy acetic acid. Plant
Physiol.
28, 622 - 628.
Peterson, D.E.
et al
. 2010.
Herbicide mode of action
. Kansas State Univ Agric Exp Station
and Cooperative Extension Service. (
)
.
Weed Science Society of America. 2007. Herbicide Handbook, 9th ed
. Lawrence,
KS, VSA.
Beveiliger
Onkruiddoder
Gewas
*Benoxacor
Metolachlor/S-metolachlor
Mielies
*Cloquintocet-methyl
Clodinafop-propargyl
Koring
Cyometrinil (Concep)
Metolachlor
Sorghum
*Cyprosulfamide
Thiencarbazone-methyl
Mielies
*Dichlormid
EPTC
Mielies
Fenclorim
Pretilachlor
Rys
Fluorazole
Alachlor
Sorghum
*Fluxofenim (Concep III)
Metolachlor
Sorghum
*Furilazole
Acetochlor
Mielies
*Isoxadifen-ethyl
Tembotrione
Mielies
*Mefenpyr-diethyl
Iodosulfuron/Pyrasulfotole/Sethoxydim
Koring
Naphthalic anhydride
EPTC, alachlor, metolachlor
Mielies
Oxabetrinil (Concep II)
Metolachlor
Sorghum
TABEL 1: BEVEILIGERS TEEN ONKRUIDDODERS WAT WÊRELDWYD IN BEPAALDE
GEWASSE GEBRUIK WORD.
* Tans in gebruik in Suid-Afrika
Ken jou onkruiddoder
Vervolg van bladsy 19
Insette/Produksie
20
1...,12,13,14,15,16,17,18,19,20,21 23,24,25,26,27,28,29,30,31,32,...52
Powered by FlippingBook