SA Grain December 2013 - page 39

Oliesade-oorsig
Markte
37
December 2013
Hoë internasionale voorrade plaas druk
op oliesaadpryse wêreldwyd
– 7 November 2013
DR DIRK STRYDOM, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Regoor die wêreld was ons vir die afgelope twee maande in die duister
gelaat oor wêreldvoorraadvlakke.
Omdat die USDA gesluit was en Amerika so ‘n beduidende rol speel in
die produksie van oliesade, was dit moeilik om presies te kan sê wat die
voorraad in Amerika asook in die wêreld was. Die USDA het wel vroeg in
November hul nuwe wêreld vraag en aanbod-verslag gepubliseer en die
voorrade is relatief hoog.
Volgens dié verslag is die Amerikaanse oliesaadproduksie vir 2013/2014
geskat op 96,4 miljoen ton. Dit is ‘n styging van 3,3 miljoen ton relatief
tot die September-verslag. Sojabone alleen is geskat op ‘n vlak van
3 258 miljard skepel, dit is 109 miljoen skepel meer as die September-
vooruitskatting. Internasionale verhandelaars verwag dat die pryse van
sojabone in die omgewing van $11,15 tot $13,15 per skepel kan beweeg
vir die 2013/2014-seisoen (
Grafiek 1
).
Wêreldoliesadeproduksie is geprojekteer op ‘n rekordvlak van 499,4 mil-
joen ton vir die 2013/2014-seisoen. Die globale sojaboonproduksie vir
dieselfde tydperk is geskat op 283,5 miljoen ton, dit is ‘n styging van
1,9 miljoen ton. Die sonneblomsaadproduksie is op ‘n rekordvlak van
42,8 miljoen ton. Ten spyte van die hoë voorrade, is daar steeds groei in
die vraag na oliesade. Indië het nie so goeie sojaboonoes nie en sukkel
tans, wat beteken dat meer saad en koek vanaf Amerika uitgevoer word
na die Ooste en meer spesifiek na China. In Oktober was daar reeds
rekorduitvoersyfers in Amerika; let wel dit is nog net transaksiesyfers en
nog nie fisiese uitvoere nie. Vanaf 1 September 2013 is daar 32,2 miljoen
ton van die nuwe oes vir uitvoere verkoop – dit is 3,4 miljoen ton meer as
in 2012. China het 20,1 miljoen ton van die 32,2 miljoen ton aangekoop.
Terwyl die Noordelike Halfrond besig is om te stroop, berei die Suidelike
Halfrond voor om te plant vir die nuwe seisoen. In Argentinië was dit
droog tot en met einde Oktober. In die laaste week van Oktober het hulle
reën ontvang en het die planttoestande baie verbeter. Die bekommernis
vir hierdie area is dat daar nie baie ondergrondse vog is nie weens ‘n drie
maande-droogte.
Hierdie lae ondergrondse vog gaan ‘n baie belangrike rol speel in hul
droër maande, naamlik Januarie 2014 en Februarie 2014. Die lae vog het
veroorsaak dat daar minder as die verwagte sonneblomsaad geplant is.
Wat sojabone aangaan, is daar darem nog grasie wat betref plantdatums
en dit lyk of die toestande gunstig kan wees. In Brasilië verloop die
plantseisoen relatief goed; teen einde Oktober het hulle reeds 60% van
hul hektare geplant. Weersomstandighede en grondvogtoestande is oor
die algemeen tans relatief goed. Daar word verwag dat Brasilië nog ‘n
rekordoes in 2014 kan stroop, die huidige projeksies is soos aan die begin
van November, op 87,3 miljoen ton.
As daar na die internasionale syfers gekyk word, sien ons dat daar
vir 2014 ‘n relatiewe groot aanbod in die wêreld beskikbaar is. Dit kan
beteken dat die internasionale pryse vir oliesade kan daal. Die daling in
prys kan ondersteun word deur die sterk vraag in die Ooste, maar as na
die fundamentele syfers gekyk word, gaan die oordragvoorrade steeds
relatief hoog wees.
Grafiek 1: VSA sojaboonprys.
Bron: CME
Grafiek 2: Sojabooninvoer- en uitvoerpariteitspryse vir Suid-Afrika (Argentinië
gelewer Randfontein).
Bron: Graan SA en Safex
Vervolg op bladsy 38
1...,29,30,31,32,33,34,35,36,37,38 40,41,42,43,44,45,46,47,48,49,...52
Powered by FlippingBook