SA Grain December 2013 - page 32

Besproeiing
Insette/Produksie
Desember 2013
30
Besproeiingskedulering onder
spilpunte in die Noord-Kaap
DUP HAARHOFF, PRESISIE- EN PRODUKSIENAVORSING, GWK
GWK het ‘n unieke benadering tot presisieboerdery. Hierdeur het ons
vinnig agtergekom dat daar een belangrike, basiese bousteen is vir
suksesvolle boerdery in die Noord-Kaap, en dit is effektiewe waterbestuur.
Besproeiingskedulering is een van die belangrikste faktore wat in ag
geneem moet word ten einde water effektief te bestuur.
In hierdie artikel wil ek graag uitlig dat besproeiingskedulering onder
dieselfde spilpunt, op ‘n mikro- en makrovlak benader moet word. Beide
aspekte is uiters belangrik om effektiwiteit te verseker.
Wees egter bedag daarop om nie een van die twee benaderings
ondergeskik aan die ander te plaas nie. Op die mikrovlak gebruik ons
sogenaamde
probes
wat detail metings op ‘n uurlikse basis doen. GWK
maak van die Irricheck-sagteware gebruik vir aanbevelings van puntdata.
Hierdie metings is uiters belangrik om die aandag te vestig op wat in
ons grondprofiele (vertikale evaluasie) aangaan. Met ander woorde tot op
watter laag water onttrek word, is daar moontlike keerlae, hoeveel water
kan die profiel hanteer voordat daar weer wateraanvullings gedoen moet
word en het daar water deur die profiel gedreineer?
Hoewel hierdie metings sub-millimeter akkuraat kan wees, moet ons
ongelukkig daarmee saam ons gesonde verstand inspan om alle ander
hulpmiddels tot ons beskikking te gebruik om sodoende ruimtelike
variasie in ag te neem. Dit is daarom noodsaaklik dat die persoon wat
skeduleringsaanbevelings doen, oor goeie kennis beskik van die verskeie
faktore wat ‘n invloed kan hê op watergebruik deur die plante.
Ongelukkig moet die uitdaging van effektiewe waterbestuur wyer
benader word as net die blote meting deur instrumente of aanbevelings
wat gekoppel word aan weerstasie-inligting. ‘n Holistiese benadering is
nodig wanneer optimale besproeiing toegepas word en so ‘n benadering
begin by die waterverspreiding van spilpunte (‘n basiese beginsel).
Dit maak geen sin om water te skeduleer as spilpunte se toedienings
te veel tussen spuite varieer nie (
Grafiek 1
). Onthou, nie net water nie,
maar ook kunsmis word oneweredig tot die grond toegevoeg indien die
verspreiding onder spilpunte nie op aanvaarbare norms is nie (
Figuur 1
:
‘n Tipiese satellietbeeld wat swak waterverspreiding uitwys). GWK het ‘n
besproeiingsafdeling tot stand gebring wat onder meer daarop fokus om
produsente te help om hulle besproeiingsisteme te optimaliseer.
Daar moet seker gemaak word dat die saadbed tydens plant so egalig
as moontlik is. Onegalighede kan veroorsaak dat sekere rye meer water
en kunsmis kry as ander, wat siektes en oneweredige watergebruik tot
gevolg kan hê (Sien
Foto 1
). Daar is ook ‘n definitiewe fisiese impak
op grondprofiele wanneer meer of minder water toegedien word
(wortelontwikkeling kan daaronder ly).
Ons hoor baie van “vetkolle” in lande waar die waterinfiltrasie nie goed
is nie. Die nadeel van vetkolle is dat die water in die natter dele makliker
infiltreer en oor tyd die oneweredige verspreiding van water vererger.
Droër kolle raak droër en nat kolle raak natter (soute word gewoonlik
meer geloog by natter dele).
By rygewasse (soos mielies) kan daar nog ‘n plan gemaak word deur te
wetrip
om infiltrasie van water te verbeter, hoewel dit die tweede prys is.
Die tipe spuitpakket en benattingsfront is ook van groot belang tydens
besproeiingskedulering. Onthou dat die infiltrasietempo van gronde
nooit oorskry mag word nie.
Indien dit oorskry word, sal oppervlakafloop plaasvind wat nat kolle in
die lande tot gevolg het. Daar is ‘n tendens om alle infiltrasieprobleme
met gips of kalk te probeer regstel. GWK Presisie is baie versigtig vir
Foto 1: Onegalige plantaksie kan lei tot
swak verspreiding van water in ‘n grondpro-
fiel. Sekere areas kan natter wees en meer
kunsmis ontvang. Sulke toestande kan tot
siektes lei.
1...,22,23,24,25,26,27,28,29,30,31 33,34,35,36,37,38,39,40,41,42,...52
Powered by FlippingBook