SA Grain December 2013 - page 48

G
roen is ‘n welkome kleur in die tuin, maar nie as dit by die kleur
van ‘n visdam se water kom nie! Soms is die beste intensies om
rustigheid in die tuin deur middel van water te skep, ‘n put van
hande vol paddaslyk.
Dit is dan wanneer jou jaloesie die kleur van jou visdam word – teenoor
dit wat so mooi in die boeke gelyk het. Is dit net slim fotograwe wat weet
hoe om met die kamera te mik, of is dit wel moontlik om ‘n sprankelende
visdammetjie in die tuin te hê?
Alge groei en vermeerder spoedig in watermassas wat aan sonlig
blootgestel is en waarvan die voedingstofinhoud ook boonop hoog is.
Deur ‘n dammetjie uit die son te posisioneer in ‘n skaduryke area, kan
al klaar die probleem effe oplos, maar hoe dan nou gemaak met die
sogenaamde hoë voedingstofinhoud wat daarin vasgevang is?
“Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei…” Ek is daarvan oortuig
dat dit langs skoon water sou wees, want wie sal dan nou sy nooi na ‘n
vuil watermassa toe sleep? Vleie reinig die waterkwaliteit op ‘n natuurlike
manier deurdat die moerasplante baie van die voedingstowwe wat in
die water vasgevang is, opgebruik. Met die afwesigheid van water- en
moerasplante is daar niks wat die oormaat voedingstowwe kan opgebruik
nie en dit is hier waar alge ‘n groot probleem begin raak.
‘n Mens kan altyd van alge ontslae raak deur die gebruik van anorganiese
gifstowwe, maar dit kan ‘n gevaar inhou vir organismes wat in en om die
water lewe. ‘n Nuwe tendens is om meer organies te dink in die tuin en
om weg te beweeg van chemikalieë.
Op ‘n natuurlike wyse kan ‘n vleilandsisteem nageboots word in ‘n huistuin
om visdammetjies en selfs swembaddens (glo dit of nie) se water te
suiwer. Dit is snaaks hoe die mens wat al slimmer word met tyd, terugkeer
na die basiese aspekte van die natuur. Die omgewingsvriendelike manier
kan dalk klink na ‘n morsige affêre, maar as dit reg beplan word, kan dit
met groot sukses selfs by ‘n dorpshuis toegepas word waar die “vleiland”
‘n steen boks is wat waterplante huisves.
Rubrieke
Tuinmaak met David
David Viljoen
Jy kan ook spog met ‘n
helder visdam
1...,38,39,40,41,42,43,44,45,46,47 49,50,51,52
Powered by FlippingBook