SA Grain December 2013 - page 29

Moenie byvoegmiddels volgens prys alleen vergelyk nie, vergelyk dit
eerder op grond van waarde vir geld, met ander woorde volgens die
bydrae wat dit tot onkruidbeheer gaan maak.
Wanopvatting 7: Sekere unieke byvoegmiddels is vrygestel van
registrasie volgens Wet 36 van 1947
Byvoegmiddels, net soos onkruid-, swam- en insekdoders, moet
geregistreer wees en moet ‘n L-nommer hê. Geen byvoegmiddels is
vrygestel van hierdie registrasie nie. Indien daar byvoegmiddelaansprake
oor die produk gemaak word, moet die produk ‘n L-nommer besit.
Geen landbouchemiese maatskappy sal die onkruidbeheer van hulle
onkruiddoders kan ondersteun indien ‘n ongeregistreerde byvoegmiddel
gebruik word nie.
Moet onder geen omstandighede sulke ongeregistreerde produkte
gebruik nie. Dit kan ‘n mens duur te staan kom – swak onkruidbeheer lei
tot verlaagde gewasopbrengs en direkte beskadiging van die gewas met
die spuitstof het uiteraard ook skade tot gevolg.
Wanopvatting 8: Die gebruik van byvoegmiddels maak dit
moontlik om laer dosisse te gebruik as dié wat geregistreer is
Soms word beweer dat, indien sekere byvoegmiddels gebruik word, daar
‘n laer, ongeregistreerde onkruiddoderdosis toegedien kan word. Hoeveel
keer het jy al die volgende stelling gehoor: “
Indien my byvoegmiddel
saam met glifosaat gebruik word, kan die glifosaatdosis met die helfte
verminder word!
” Indien so ‘n stelling gemaak word, moet die rooiligte
onmiddellik begin flikker.
Byvoegmiddels isontwerpomdieonkruiddodersewerkingteoptimaliseer
en te stabiliseer onder ‘n verskeidenheid van omgewingstoestande. Dit is
nié ‘n manier om onkruiddoderdosisse te verlaag nie.
Chemiese maatskappye doen jare lank navorsing om by die regte,
aanbevole dosis uit te kom. Met verlaagde dosisse is onvoldoende
onkruidbeheer gewaarborg en kan dit ook lei tot die opbou van on-
kruidweerstand teen onkruiddoders. Daarby is verlaagde dosisse
ongeregistreerd en dus teen die wet.
Wanopvatting 9: Byvoegmiddels werk nie
Daar is ongelukkig nog mense wat glo dat byvoegmiddels nie werk nie
en net nog ‘n onnodige komponent in die spuittenk is. Dit is ‘n totaal
verkeerde opvatting, want met die gebruik van die korrekte byvoegmiddel,
kan produkte se effektiwiteit verhoog word (
Foto 3
). Die bydrae van
byvoegmiddels is gewoonlik die grootste onder sub-optimale toestande,
soos lae humiditeit of as onkruiddoders met swak kwaliteit water toege-
dien word. Onder optimale toestande is die bydrae van byvoegmiddels
gewoonlik kleiner, maar selfs ‘n 5% tot 10% verhoging in beheer kan
die verskil tussen aanvaarbare en onaanvaarbare onkruidbeheer beteken.
Dit is egter belangrik dat goeie kwaliteit byvoegmiddels ten alle tye
gebruik word.
Wanopvatting 10: Sekere byvoegmiddels verander die
eienskappe van onkruiddoders
Dit word dikwels verkeerdelik geglo dat sekere byvoegmiddels die
spoed van werking van glifosaat tot so ‘n mate sal verhoog dat die on-
kruiddoder totaal verskillend sal reageer as wat dit gewoonlik doen.
Sekere byvoegmiddels het wel die vermoë om die spoed van werking te
verhoog, maar hierdie verskil is gewoonlik binne perke. Enige drastiese
afwyking van ‘n onkruiddoder se natuurlike werkswyse kan nadelig
vir onkruidbeheer wees, byvoorbeeld ‘n oormatig vinnige skadelike
uitwerking op die blare, kan translokasie van die onkruiddoder na die
plantwortels benadeel.
Byvoegmiddels is ontwerp om die inherente effektiwiteit van onkruid-
doders te komplementeer, met ander woorde dit kan wel veroorsaak dat
onkruide meer effektief en selfs vinniger beheer word, maar dit is hoogs
onwaarskynlik dat byvoegmiddels enige drastiese veranderings in die
spoed van werking van ‘n onkruiddoder gaan meebring.
Byvoegmiddels se doel is nié om onkruiddoders se werking te verander
nie. Meeste van hierdie aansprake is ongegrond en is gewoonlik nie op
wetenskaplike feite gebaseer nie.
Onthou ten slotte
Onkruiddoderbyvoegmiddels wat direk op onkruid toegedien word, is
noodsaaklike produkte en met korrekte gebruik kan dit die verskil tussen
goeie en swak onkruidbeheer beteken. Dit is egter belangrik om die
korrekte byvoegmiddel vir ‘n spesifieke onkruiddoder te kies.
Onthou dat daar groot verskille in die formulering van byvoegmiddels is.
Moet nooit byvoegmiddels net bloot op grond van prys beoordeel nie.
Kies eerder die produk wat die beste waarde vir geld is omdat dit die
grootste bydrae tot onkruidbeheer gaan maak.
Vir navrae in verband met byvoegmiddels, skakel gerus vir Brian de
Villiers by 082 880 0974; vir navrae oor onkruiddoders/onkruidbeheer kan
prof Charlie Reinhardt gekontak word by 083 442 3427.
Ken jou onkruiddoder
Foto 2: Die fles aan die linkerkant bevat ‘n helder oplossing van glifosaat en MCPA wat by
die korrekte spuitwater pH vermeng is en bevorderlik is vir optimale werking van beide
onkruiddoders; die ander twee flesse bevat dieselfde onkruiddodermengsel in kombinasie
met twee buffers wat die spuitwater pH te veel versuur het, met die gevolg dat die mengsel
vertroebel het en dui op verlies aan stabiliteit/werking van een of beide onkruiddoders.
Foto: Brian de Villiers
Foto 3: Die foto wys mooi die beginsel van byvoegmiddels.
Sonder benatter is die druppels rond (bo) en maak swak kon-
tak met blare, maar met benatter bygevoeg (onder) sprei dit
uit en bedek dit die blaar deeglik.
Foto: Hubert Dujardin
27
December 2013
Onkruidbeheer
Insette/Produksie
Vervolg van bladsy 25
1...,19,20,21,22,23,24,25,26,27,28 30,31,32,33,34,35,36,37,38,39,...52
Powered by FlippingBook