SA Grain December 2013 - page 33

31
December 2013
oormatige aanbevelings van laasgenoemde, aangesien beide soute
is en onder swak dreineringstoestande sal sulke aanvullings uiters
onverantwoordelik wees, veral waar die gronde se elektriese geleiding
(EC) reeds te hoog neig.
Sulke aanvullings kan net die totale soutkonsentrasie (onthou kunsmis
is ook soute) verhoog tot nadeel van die plant indien daar nie voldoende
dreinering is nie. Wanneer sulke besluite geneem word, moet kundiges
geraadpleeg word en onthou, probleme moet wetenskaplik opgelos
word. Die oplossing van laasgenoemde lê dikwels in ‘n kombinasie van
fisiese, chemiese en biologiese benaderings.
Primêre bewerkingspraktyke blyk ‘n al hoe groter rol te speel by be-
sproeiingskedulering in ons gebied (sien voorbeeld van oneffektiewe
bewerking,
Foto 2
en
Grafiek 2
). Indien die plant se wortels optimaal
ontwikkel weens effektiewe primêre bewerking, is die volume water wat
benodig word om die profiel op te vul, groot.
Die siklusse van toedienings kan dus in die meeste gevalle “gerek” word
(meer water op ‘n keer), wat die gevolg het dat minder water gebruik
word. Elke keer as water toegedien word, verdamp ‘n sekere hoeveelheid,
met ander woorde hoe meer siklusse, hoe groter is verdamping.
In die veld word ervaar dat wortels soms deur die semi-verdigte lae
groei (aan die begin van die seisoen terwyl die grond nog nat is), om
net weer af te sterf indien die lae uitdroog weens te min water wat op ‘n
keer toegedien word. Ons noem dit ‘n “toebroodjie” wat gevorm word
(
Foto 3
). Baie interessant, is die feit dat daar aansienlik minder toe-
broodjies is waar groter volumes water op ‘n keer toegedien word
(voorbeelde van swak en goeie waterbestuur kan gesien word in
Grafiek 3
en
Grafiek 4
).
Die plasing van moniteringspunte is van uiterste belang. Die
probes
moet
sover moontlik op verteenwoordigende grondtipes geplaas word. Dit is
dus belangrik dat gronde gekarteer (geklassifiseer) word om sodoende
spesifieke bestuursones sowel as verteenwoordigende areas uit te wys.
Monitering in die veld deur middel van alle hulpmiddels tot ons
beskikking, is ononderhandelbaar indien besproeiingskedulering
gedoen word. Moontlik die belangrikste rede waarom monitering in die
Grafiek 1: Hierdie grafiek toon die verspreiding aan van water deur ‘n oneffektiewe spilpunt. Die X-as toon
die posisie van die spuite aan, terwyl die Y-as die aantal millimeters water toegedien aandui.
Foto 2 en Grafiek 2: Die effektiwiteit van bewerkings vir optimale besproeiingsbestuur kan gemeet word met ‘n penetrometer. Die verdigtingslaag kom op 11 cm
voor ná bewerking (sien rooi lyn op grafiek).
Figuur 1: Hierdie is ‘n tipiese voorbeeld van waar die
spilpunte se verspreiding nie reg is nie. Die Normal-
ised Differentiated Vegetation Index (NDVI) toon
duidelik die kringe wat aandui waar die spuite nie ef-
fektief werk nie.
Vervolg op bladsy 32
1...,23,24,25,26,27,28,29,30,31,32 34,35,36,37,38,39,40,41,42,43,...52
Powered by FlippingBook