SA Grain December 2013 - page 34

Insette/Produksie
32
Lekker rus dié Feesgety
Monsanto is ’n geregistreerde handelsnaam van Monsanto Technology LLC.
Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.
Tel: 011 790-8201 of
Na nog ’n jaar van hard werk en
lekker saamwerk, wens
Monsanto
jou en jou gesin ’n gelukkige en
geseënde Kersseisoen toe.
Geniet hierdie welverdiende
ruskans.
Kersfeestyd ...
dis mos rustyd.
uppe marketing A09779/SAG
veld gedoen moet word, is om seker te maak die posisionering van die
metingsinstrumente is steeds op die regte plekke nadat siektes, hael en
ryp voorgekom het.
Onthou dat enige metingsinstrument maar slegs ‘n baie klein oppervlakte
rondom dit verteenwoordig (sentimeters rondom die punt). Daar moet
dus vinnig opgetree word indien hierdie punt nie meer verteenwoordi-
gend is nie. Die voorbeeld in
Figuur 2
wys dat groot foute begaan kan
word indien die skade wat byvoorbeeld deur ryp veroorsaak is, nie
in ag geneem is wanneer die instrument binne daardie sone metings
doen nie.
Indien die metingspunte dus binne hierdie sone is, kan daar totaal
te min water vir die spilpunt aanbeveel word, hoewel slegs ‘n klein
gedeelte van die spilpunt deur die ryp beïnvloed is. Dit is daarom uiters
noodsaaklik dat meer as een hulpmiddel vir skedulering in ag geneem
moet word tydens ‘n seisoen.
GWK gebruik klimatologiese data met gewasfaktore saam met die
intydse skedulering sodat die produsente kan sien (beplan) wat
die plant se behoefte in ‘n sekere tyd behoort te wees. Baie van die
intydse stelsels het so ‘n funksie as deel van hul sagteware. Deur
hierdie data in ag te neem, kan probleme wat in ‘n seisoen voorsien
word betyds gekorrigeer word.
Indien die produsent aandag gee aan optimale suurstofbestuur in die
grondprofiel, sal die effektiwiteit van watergebruik toeneem en sal die
besproeiingskeduleringsproses vergemaklik word.
Onthou dat voedingstowwe optimaal opneembaar is deur plante
indien die suurstof in die grond reg bestuur word. Indien water in
klein volumes toegedien word, sal die profiel se suurstof nie optimaal
bestuur kan word nie.
Klein hoeveelhede water het vlak wortelstelsels tot gevolg en
die profiele is baie keer óf te nat óf te droog met so ‘n benadering.
Grondlae droog onomkeerbaar uit onder laasgenoemde toestande wat
vlak profiele tot gevolg het. Wanneer water dus toegedien word, word
die kapasiteit van die grond maklik oorskry, wat kan lei tot afloop.
GWK is op die oomblik deel van ‘n WNK-projek met die naam
Water
use efficiency of irrigated agricultural crops determined by satellite
images
, waar daar op ‘n weeklikse basis gekyk word na die ruimtelike
verspreiding van waterbehoeftes deur middel van satellietbeelde
(SEBAL-tegnologie).
Grafiek 3: Volgens hierdie waterbestuurskurwes (soos die Irricheck-sisteem) kan
gesien word dat ligte watertoedienings met ‘n verdigte sone, die oorsaak was dat
die profiel nie ten volle benut kon word nie.
Figuur 2: Hierdie NDVI-beelde toon die gedeeltes aan waar rypskade op ‘n
spilpunt voorgekom het. Indien die metingspunte op hierdie dele is, kan
groot foute met wateraanbevelings begaan word.
Vervolg van bladsy 31
Besproeiingskedulering onder spilpunte in die Noord-Kaap
1...,24,25,26,27,28,29,30,31,32,33 35,36,37,38,39,40,41,42,43,44,...52
Powered by FlippingBook