SA Grain December 2013 - page 26

DR BRIAN DE VILLIERS, PRODUKBESTUURDER: BYVOEGMIDDELS, VILLA
CROP PROTECTION; LEKTOR: VILLA ACADEMY EN PROF CHARLIE REINHARDT,
BUITENGEWONE PROFESSOR: ONKRUIDWETENSKAP, DEPARTEMENT
PLANTPRODUKSIE EN GRONDKUNDE, UNIVERSITEIT VAN PRETORIA;
DEKAAN: VILLA ACADEMY
Byvoegmiddels word algemeen in tenkmengsels saam met verskeie
soorte plaagdoders gebruik om plaagdoderwerking te bevorder.
Verreweg die grootste volume byvoegmiddels word saam met on-
kruiddoders gebruik om die optimale benatting van onkruide te verkry
en/of onkruiddoderopname deur die blare van onkruide te bevorder.
Onkruiddoders met kontakwerking se beskadiging van onkruide is tot ‘n
groot mate beperk tot daardie plantdele waarmee die spuitstofdruppels
kontak gemaak het – byvoorbeeld parakwat en glufosinaat wat ‘n
beperkte translokasie binne-in plante het en gevolglik is hul effektiewe
werking afhanklik van deeglike benatting van die teiken.
Sistemiese onkruiddoders (byvoorbeeld glifosaat en 2,4-D) is beweeglik
binne-in plante en hul effektiewe werking is tot ‘n groot mate afhanklik
van die hoeveelheid wat deur onkruidblare opgeneem word en die spoed
waarteen opname plaasvind. Onkruide is soos meeste plante toegerus
met strukture en materiale op hul blaaroppervlaktes wat die afwering van
natuurlike vyande, skadelike stowwe en stremmingstoestande ten doel
het – sien
Foto 1
.
Die hoofgroepe byvoegmiddels vir onkruiddoders is die volgende:
Buffers en versuurders
Soutbyvoegmiddels
Benatters
Olies
Kleefmiddels
Neerslaghulpmiddels (anti-wegdrywing)
Alhoewel byvoegmiddels al vir dekades gebruik word, is daar egter
steeds verskeie wanopvattings oor hul eienskappe en gebruike; minstens
in Suid-Afrika, en dit is sekerlik dié landbou-chemikalieë-groep waaroor
die minste kennis bestaan.
In hierdie artikel gaan die top tien wanopvattings rondom byvoegmiddels
bespreek word sodat verwarrende inligting uitgeskakel kan word ten
einde te verseker dat hierdie dikwels onderskatte produkte optimaal
benut kan word.
Top 10 wanopvattings
Wanopvatting 1: Buffers moet ‘n standaardpraktyk wees
Die aanpassing van die pH (suur/alkaliese gehalte) van water wat vir die
opmaak van spuitmengsels gebruik word, is al vir verskeie jare reeds
algemene praktyk. Watergehalte is belangrik, want water maak in meeste
gevalle meer as 90% van die spuitmengsel uit (byvoorbeeld: 2 kg produk
toegedien in 200 liter water = 1% produk en 99% water).
Sekere onkruiddoders is gevoelig vir óf lae pH (suur) óf hoë pH (alkalies)
spuitwater. Sommige onkruiddoders is chemies reaktief (onstabiel
weens reaksie met chemiese verbindings in spuitwater) by water pH
groter as sewe (alkaliese toestand), terwyl ander soorte onkruiddoders
weer onstabiel kan wees onder suurtoestande.
Die sulfoniel ureum-onkruiddoders kan deur ‘n lae water pH (suurtoe-
stand) benadeel word en vaar beter in water waar geen buffers bygevoeg
is nie. Verder kan ‘n lae pH soms fisiese onverenigbaarheid tussen
produkte in die spuittenk veroorsaak wat kan lei tot flokkulasie, pre-
sipitasie en ander ongewenste reaksies. Mengsels van glifosaat en
hormoondoders (byvoorbeeld 2,4-D en MCPA) is geneig tot onverenig-
baarheid as die spuitoplossing versuur sou word (sien
Foto 2
).
Volg ten alle tye etiketriglyne in dié verband en gebruik buffers slegs in
kombinasie met daardie produkte waarvoor dit geregistreer is kragtens
Wet 36 van 1947.
Wanopvatting 2: Buffers verlaag alle spuitwater pH na
voorafbepaalde vlakke
Misverstand hieroor kan lei tot swak onkruid- en plaagbeheer. Daar
word byvoorbeeld deur sekere groepe geglo dat indien die buffer teen
die aanbevole dosis bygevoeg word, die pH van die water sal verander
na ‘n spesifieke waarde, byvoorbeeld pH 5. Onthou dat verskillende
waterbronne variërende bufferkapasiteite het en dat buffers nie altyd
dieselfde vaar in verskillende waterbronne nie.
Die buffer verlaag die pH van water gewoonlik na ‘n vlak iewers in ‘n
reeks pH-waardes, byvoorbeeld tussen pH 4 en pH 6. Goeie kwaliteit
Deel 15
Ken jou onkruiddoder
Byvoegmiddels vir onkruiddoders: Wanopvattings en beste praktyke
Onkruidbeheer
Insette/Produksie
Desember 2013
24
1...,16,17,18,19,20,21,22,23,24,25 27,28,29,30,31,32,33,34,35,36,...52
Powered by FlippingBook