SA Grain December 2013 - page 27

buffers sal die meerderheid waterbronne in Suid-Afrika se pH verlaag
na ‘n aangewese reeks toe. Daar is wel soms “uitskieter” waterbronne
waar selfs goeie kwaliteit buffers kan sukkel om die gewenste pH-reeks
te bereik.
Dan is daar ook die gevalle waar water baie min soute bevat en min
bufferkapasiteit het. Indien die verkeerde buffer met sulke water gebruik
word, sal dit veroorsaak dat die spuitwater pH te laag daal. Wees dus
bedag op wat die werklike of gemete waterkwaliteit is en maak seker
dat die buffer die pH na die gewenste vlak kan verlaag. Té hoë water pH
kan skadelik wees, maar té lae pH-waardes kan vir ander redes net so
skadelik wees.
Wanopvatting 3: Organiese suurbuffers verhoog die elektriese
geleidingsvermoë van spuitoplossings en is dus nadelig vir
soutgevoelige onkruiddoders
Organiese suurbuffers het gewoonlik ‘n asynreuk en is die mees alge-
mene buffers op die mark. Jare gelede is daar ‘n persepsie geskep dat
hierdie produkte onkruiddoders benadeel omdat hulle die elektriese
geleidingsvermoë (soutinhoud) van spuitoplossings verhoog.
Asynsuurbuffers verhoog wel die elektriese geleidingsvermoë (EG) van
spuitoplossings, maar dit is gewoonlik glad nie nadelig nie, omdat die
EG verhoog word met neutrale ione wat geen nadelige effek het nie.
Dieselfde argument geld vir die ammoniumsulfaatbyvoegmiddels wat
saam met glifosaat gebruik word. Hierdie produkte verhoog ook die EG,
maar dan met voordelige ione. Die stelling dat ‘n hoë EG-waarde altyd
nadelig vir onkruiddoders is, is dus totaal onwaar.
As die hoë EG-waarde die gevolg van ione, soos kalsium (Ca
2+
), magnesium
(Mg
2+
) en natrium (Na
+
) is, is verhoogde EG wel nadelig want hierdie ione
kan ‘n chemiese reaksie met aktiewe bestanddele (byvoorbeeld glifosaat-
onkruiddoder) ondergaan en aktiwiteit inboet, maar as hoë EG die gevolg
van sekere organiese sure of ammoniumsulfaat is, is daar nie nadele aan
verbonde nie. ‘n Hoë EG-waarde is dus nie die probleem nie, maar eerder
die tipe ioon wat die hoë EG veroorsaak.
Wanopvatting 4: Byvoegmiddels met veelvoudige komponente
is die effektiefste
Daar bestaan ‘n geloof dat byvoegmiddels wat verskeie eienskappe besit,
altyd die effektiefste is. Dit is nie ongewoon dat sekere byvoegmiddels
benatting/verspreiding, versuring/buffer, herbenatting asook ander
eienskappe besit nie. Die fout wat egter gemaak word, is om aan te neem
dat die produk die volle mate van elke eienskap besit.
Hoe meer komponente met verskillende eienskappe in ‘n byvoeg-
middelformulering ingesluit word, hoe minder van elk is in die formulering
teenwoordig. In vele gevalle kan ‘n byvoegmiddelformulering ‘n groot deel
van een komponent bevat, maar kan dalk net ‘n beperkte hoeveelheid van
die ander komponente bevat. Hierdie multifunksionele byvoegmiddels is
baie handig en kan ook uiters effektief wees.
Maak egter eers seker of die produk die volle eienskappe besit wat jy
verlang van ‘n spesifieke onkruiddoder. Buffers of ammoniumsul-
faatbyvoegmiddels wat addisioneel ook benatters bevat, kan dikwels te
min benatter bevat om die volle funksie van ‘n ware benatter uit te voer.
Wanopvatting 5: Benatters en olie-byvoegmiddels vernietig die
waslaag van die blaar kutikula (
cuticle stripping
) en veroorsaak
gewasskade
Hierdie persepsie is baie algemeen en selfs sekere persone in die
landbouchemiese bedryf verkondig dit. Benatters en olies veroorsaak
gewoonlik geen skade aan gewasplante nie. Beide hierdie groepe
byvoegmiddels kan die waslaag bevogtig of dit kan tot ‘n mate die
waslaag meer oplosbaar maak vir verhoogde onkruiddoderopname. Dit
is dus onwaarskynlik dat geregistreerde dosisse van hierdie produkte op
hulle eie, skade aan die gewas kan veroorsaak.
In sekere uitsonderlike gevalle, soos onder warm, droë weerstoestande,
kan olies dalk beperkte blaarskroei veroorsaak. In omtrent al die gevalle
is dit egter nie die primêre oorsaak van die skade nie. Benatters en olies
kan wel die verspreiding van druppels tot so ‘n mate verhoog, dat die
onkruiddoder konsentreer op ‘n sekere deel van die plant en skroei
veroorsaak. Warm, droë toestande veroorsaak dat spuitwater vinnig uit
druppels verdamp en dat hoë konsentrasies van aktiewe bestanddele
vinnig vorm.
Indien daar dus skroei voorkom, kan dit die onkruiddoder of ‘n ander
landbouchemiese middel in ‘n tenkmengsel wees wat skroei en nie
die byvoegmiddel nie. Selfs skroei as gevolg van onkruiddoders ge-
beur selde, behalwe in die geval van kontakdoder soos parakwat.
Wanopvatting 6: Alle byvoegmiddels in ‘n sekere groep op die
Suid-Afrikaanse mark is dieselfde en daarom kan produkte
eenvoudig op grond van prys vergelyk en aangeskaf word
Hierdie wanopvatting is baie keer die oorsaak van swak onkruidbeheer.
Die ammoniumsulfaatbyvoegmiddels wat noodsaaklik is om saam
met glifosaat gebruik te word, is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Daar is
byvoorbeeld produkte wat 500 gram/liter ammoniumsulfaat bevat en
daar is vele produkte wat heelwat minder as dit bevat. Hierdie produkte
met relatief lae ammoniumsulfaat, is soms van die sogenaamde
multifunksionele produkte wat addisionele byvoegmiddels bevat.
Alhoewel die addisionele komponente in die multifunksionele produk
voordelig kan wees, moet die ammoniumsulfaatkonsentrasie in die
formulering verlaag word om plek te maak vir die ander komponente.
Dieselfde geld ook vir al die ander byvoegmiddels in die multifunksionele
produk.
25
December 2013
Foto 1: Haartjies, wasagtige verbindings en
stofdeeltjies op die blaaroppervlak is van
nature onversoenbaar met veral die spuit-
watergedeelte van ‘n spuitstof. Benatters,
verspreiders of kleefmiddels se doel is om
die spuitstof verby daardie obstruksies te
kry sodat die spuitwater met onkruiddoder
daarin in direkte kontak met die boonste
sellaag van die blaar kan kom waar opname
plaasvind (10 x vergroting; deursnit van
luisboom [
Solanum mauritianum
] blaar).
Foto: Tsedal Ghebremariam
Vervolg op bladsy 27
1...,17,18,19,20,21,22,23,24,25,26 28,29,30,31,32,33,34,35,36,37,...52
Powered by FlippingBook