SA Grain December 2013 - page 25

Die
Busseola fusca
se lewensiklus: (1) Motte lê eier in (2) eierpakkies agter blaarskede. Eiers broei uit en gee oor-
sprong aan (3) larwes wat vreet in die kelk en later migreer na die stam. Larwes word (4) papies in die stam waarna
motte uitkom wat die tweede generasie van die seisoen tot gevolg het. Vir die laaste siklus van die seisoen word
(3) larwes nie papies nie, maar (5) diapouse larwes wat in mieliestoppel oorleef deur die winter om oorsprong te
gee aan die volgende seisoen se motte nadat hierdie larwes ná die eerste lentereën papies geword het.
Grafiek 1: Voorstelling van drie moontlike afgebakende motvlugte van
B. fusca.
Produsente wil egter weet hoe stamboorders beheer moet word wat wel
op Bt-mielies oorleef. Eerstens moet produsente hul Bt-lande monitor oor
tyd vir stamboorderskade. Indien stamboorderskade waargeneem word,
moet dit by die betrokke saadmaatskappy gerapporteer word.
Indien die produsent wel kennis dra van weerstandsprobleme in die
betrokke omgewing sal dit wys wees om eerder gebruik te maak van
die nuwe
event
wat Cry1A.105- en Cry2Ab2-proteïene uitdruk. Vir enige
navrae, kan die LNR-IGG geskakel word by 018 299 6100.
Wat weet ons van die Afrika stamboorder,
Busseola fusca
?
Vervolg van bladsy 20
Insette/Produksie
1...,15,16,17,18,19,20,21,22,23,24 26,27,28,29,30,31,32,33,34,35,...52
Powered by FlippingBook