Previous Page  53 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 53 / 75 Next Page
Page Background

ႇႅ

HOOFSTUK 1

Projekte wat deur die forum goedgekeur word, word dan vir toekenning van finan-

siering aan die Sorghumtrust voorgelê. Die Trust oorweeg die aansoeke in terme

van die trustakte en die toepaslike regulasies, sowel as die beskikbaarheid van

fondse. Indien nie genoeg fondse beskikbaar is om al die goedgekeurde projekte

te finansier nie, word die projekte volgens prioriteitsorde gefinansier tot by die

bedrag van die beskikbare fondse.

Biobrandstof

Die moontlike vervaardiging van hernubare brandstof, soos bio-etanol, is ge-

ruime tyd reeds op die tafel en kan groot voordele vir die sorghumbedryf in-

hou. Sorghum is die enigste graangewas in Suid-Afrika wat vir die vervaardiging

van bio-etanol beskikbaar is, omdat mielies as ’n stapelvoedsel van Suid-Afrika

beskou word en nie vir daardie doeleindes gebruik mag word nie. Soetsorghum

is veral geskik vir die vervaardiging van bio-etanol as gevolg van die hoë suiker-

inhoud daarvan.

Aanvanklik is die mening gehuldig dat die gebruik van graan vir die vervaardiging van

biobrandstof die graanbedryf kan stabiliseer, die toelating van nuwe deelnemers aan

die bedryf kan aanhelp en landelike ontwikkeling stimuleer. Dit kon moontlik ook oor

die langer termyn ’n oplossing bied vir probleme van oorskotproduksie en ’n mark vir

verhoogde produksie van graansoorte soos mielies, sorghum en oliesade skep.

’n Aantal kwessies moes egter eers aangespreek word voordat grootskaalse

produksie van biobrandstof uit daardie graansoorte kon voortgaan, naamlik:

• Die impak op voedselsekerheid en -pryse;

• die aanvaarbaarheid van neweprodukte vir die voerbedryf; en

• staatsbetrokkenheid en wetgewing.

Sorghum is ’n sleutelgewas om die bio-etanolbedryf in Suid-Afrika te help vestig,

veral in droër westelike gebiede waar die verbouing van suikerriet nie moontlik

is nie. Dit sal ’n aansienlike uitbreiding in plaaslike sorghumproduksie ondersteun

en die belangrikheid van sorghum in die Suid-Afrikaanse ekonomie aansien-

lik verhoog.

Op 30 September 2013 is ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer dat

biobrandstof vanaf 1 Oktober 2015 ten minste 5% in volume van diesel en 2% tot

10% van petrol moet uitmaak.

Volgens Graan SA sou dit beteken dat sowat 620 000 ton addisionele sorghum/

jaar in Suid-Afrika geproduseer moet word om daardie teikens te haal, wat sal

vereis dat nuwe variëteite, wat ’n hoër opbrengs lewer, ontwikkel moet word – alles

faktore waarby die sorghumbedryf geweldig sal baat.

Ten spyte van omvattende insette deur Graan SA oor die lewensvatbaarheid en die

moontlike voordele hiervan vir die sorghumbedryf, was die bedryf aan die begin

van 2016 steeds in afwagting op die Staat vir afkondiging van die finale regulato-

riese omgewing om die biobrandstofbedryf te finaliseer.

OLIESADEPERSPEKTIEF: GRONDBONE, SONNEBLOM,

SOJABONE EN KANOLA

Grondbone

Aanwending

Grondbone word hoofsaaklik vir menslike verbruik gekweek. Die word veral in

die vervaardiging van lekkergoed en ontbytkos aangewend of in oorspronklike

vorm verbruik. Statistiek toon dat ongeveer 26% van die grondbone wat vanaf die

1990/1991- tot die 2001/2002-seisoen in Suid-Afrika geproduseer is, in oorspronk-

like vorm (gedop en ongedop) verbruik is.

Die pers van grondbone vir olie lewer ongeveer gelyke hoeveelhede olie en olie-

koek op. Die oliekoek word veral in die vervaardiging van produkte soos grond-

bonebotter en dierevoeding aangewend.