DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႇႈ
Grondboneproduksie was dus ’n baie arbeidsintensiewe proses en die mening was
oor die algemeen gehuldig dat die afname in produksie daarvan vanaf ongeveer
2002 tot ’n groot mate toegeskryf kon word aan arbeidsprobleme as gevolg van
nuwe arbeidswetgewing wat na 1994 in Suid-Afrika van toepassing geword het,
sowel as die stygende arbeidskoste wat dit vir produsente meer lonend gemaak
het om ander gewasse te plant wat in elk geval minder sensitief vir ongunstige
klimaatstoestande is.
In die laat 1990’s het die opvatting ontstaan dat die produksie van grondbone slegs
op groot skaal in Suid-Afrika uitgebrei sou word indien die proses tot ’n groter mate
gemeganiseer kon word. Berekenings wat in 1999 gedoen is, het egter daarop ge-
dui dat dit op daardie stadium goedkoper was om grondbone op die tradisionele
manier te oes as met die beskikbare meganisasie-oplossings. Gevolglik het baie
produsente die bedryf verlaat.
Sedert die vroeë 2000’s is meganiese oesprosesse wel ingevoer, wat dit ook
moontlik gemaak het om grondbone in losmaat te kon inlewer, met ’n gevolglike
besparing op arbeidskoste. Dit het ook geblyk dat die meganiese oesproses die
gemiddelde gradering van die produsente verhoog het, met meer keur- en diverse
graad as wat die tradisionele proses opgelewer het.
Die meganisasietoerusting wat daarvoor benodig word, was egter baie duur en
kon baie moeilik deur kleiner produsente bekostig word. Die proses vereis ook
ander infrastruktuur as die tradisionele metode. Dit sluit in fasiliteite vir die los-
maatontvangs en -hantering van grondbone, sowel as droërs wat geskik is om die
grondbone wat meganies geoes is, tot die vereiste voggehalte te kan uitdroog.
Produksiegebiede
In sekere dele van Suid-Afrika, veral die noordelike en oostelike gebiede, word
grondbone redelik algemeen deur kleinboere vir eie gebruik geplant, omdat dit ’n
belangrike bron van voeding in daardie gebiede is. Op kommersiële basis word
grondbone egter hoofsaaklik in die westelike somerreënvalgebiede van die land
verbou, beide onder besproeiing en droëland. In die tydperk vanaf 2008 tot 2013 is
sowat 36% van Suid-Afrika se grondbone in die westelike en noord-westelike dele
van die Vrystaat Provinsie geproduseer, met sowat 30% in die Noordwes en 28%
in die Noord-Kaap.
Grafiek 23
toon die verspreiding van grondboneproduksie in die verskillende
provinsies van Suid-Afrika vir die tydperk vanaf 1993/1994 tot 2013/2014.
Aflatoksien
Hoë aflatoksienvlakke in grondbone is een van die grootste risiko’s van die grond-
bonebedryf. Aflatoksien is ’n fungus wat veral by grondbone met ’n hoë voginhoud
vinnig versprei indien dit nie behoorlik bestuur word nie. Internasionaal is die tole-
ransievlakke vir aflatoksienbesmetting baie streng ten einde die risiko vir mensevoe-
ding te bestuur, wat die risiko met die uitvoer van grondbone verhoog het. Die
90,00
80,00
70,00
60,00
50,00
40,00
30,00
20,00
10,00
0,00
Ton (duisend)
1993/1994
1994/1995
1995/1996
1996/1997
1997/1998
1998/1999
1999/2000
2000/2001
2001/2002
2002/2003
2003/2004
2004/2005
2005/2006
2006/2007
2007/2008
2008/2009
2009/2010
2010/2011
2011/2012
2012/2013
2013/2014
2014/2015
Grafiek 23: Verspreiding van grondboneproduksie per provinsie vanaf 1993/1994
Noord-Kaap
Vrystaat
KwaZulu-Natal
Mpumalanga
Gauteng
Noordwes
Limpopo