Previous Page  55 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 55 / 75 Next Page
Page Background

HOOFSTUK 1

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939 - 1945) en in die tydperk kort daarna is

die plaaslike produksie van grondbone verder gestimuleer deur ’n tekort wat weens

beperkte invoere ontstaan het, eers as gevolg van ’n gebrek aan skeepsruimte vir

invoere en later weens ontwikkelings in die internasionale markte, veral in Asië en

Europa. Dit het duidelik geword dat binnelandse produksie van grondbone sou

moes verhoog ten einde in die vraag te kon voorsien, veral vir die persnywerheid.

Ten einde dié behoefte aan te spreek, het die regering op aandrang van die persers

begin met ’n veldtog om die produksie van grondbone in Suid-Afrika op groot

skaal aan te moedig. Die saad van die Natal Common-tipe grondbone, wat ’n hoër

opbrengs per hektaar gelewer het, minder vatbaar vir droogtetoestande en meer

geskik vir oliepersing was, is beskikbaar gestel. ’n Gewaarborgde produsenteprys

vir gedopte grondbone is voor die aanvang van die produksieseisoen aangekon-

dig, sowel as ander maatreëls wat daarop gemik was om die bedryf te ondersteun.

Daarna het die produksie van grondbone stelselmatig vinnig gegroei, vanaf

8 000 ton gedopte grondbone in 1946 tot 79 000 ton in 1952.

Oor die tien jaar periode vanaf 1970/1971 tot 1979/1980 was gemiddeld 280 000 ha/

jaar onder grondbone verbou, met die grootste aanplanting van 373 000 ha

in 1970/1971 en die kleinste in 1976/1977, toe slegs 185 000 ha geplant is. Oor

die volgende tien jaar het die gemiddelde jaarlikse grondbone-aanplantings tot

221 000 ha afgeneem en in die tydperk vanaf 1990/1991 tot 1997/1998 nog verder

tot ’n gemiddeld van 161 000 ha/jaar.

In die tydperk vanaf 1997 tot ongeveer 2009 het die gemiddelde opbrengs per hek-

taar wel ’n stygende tendens getoon. By nadere ondersoek blyk dit dat dit waar-

skynlik toegeskryf kan word aan die feit dat verbouing van grondbone op droëland

afgeneem het terwyl dit onder besproeiing toegeneem het.

Grondbone is baie sensitief vir ongunstige klimaatstoestande, wat grootliks ver-

klaar waarom daar nie ’n groot korrelasie bestaan tussen die totale oppervlakte

waarop grondbone geplant is en die totale opbrengs daarvan nie, soos wat die

grafiek hierbo aantoon.

Oesproses

Tradisioneel is in die oesproses van grondbone baie van hande-arbeid gebruik ge-

maak. Die grondboonplante is met die hand uit die grond getrek en in hopies gepak

totdat dit die regte voginhoud bereik het, waarna die peule geoes en in sakke ge-

plaas is. Dit het ook beteken dat die oes in sakke aan kopers gelewer is.

ႇႇ

Grondboonverbouing.