Previous Page  50 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 50 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႇႂ

Op Grafiek 18 word die opbrengs per hektaar sorghum geplant vanaf 1990/1991 tot

2015/2016 weergegee.

Hoewel Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van sorghum is, het handel in dié kommo-

diteit met ander Afrikalande relatief laag gebly vergeleke met ander graansoorte,

waarskynlik omdat selfs meer sorghum in sommige van die ander Afrikalande as in

Suid-Afrika geproduseer word. Uitvoere in 2004 en 2005 was egter hoofsaaklik na

Afrikalande, veral Botswana. As gevolg van kwaliteitsvereistes in Botswana is dit van

uiterste belang dat die produk aan bepaalde minimum standaarde moet voldoen.

Bemarking en pryse

Vanaf die 1944/1945- tot die 1948/1949-seisoen is sorghumbemarking deur die

Mielieraad hanteer, maar vanaf 1949 tot 1957 het geen formele beheer oor die be-

marking daarvan gegeld nie. Daarna is dit vanaf die 1957/1958-seisoen weer deur

die Mielieraad as deel van die Somergraanskema bedryf totdat die Sorghumraad

op 31 Januarie 1986 gestig is en laasgenoemde Raad in beheer van sorghumbe-

marking was totdat die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte van 1996 op

1 Januarie 1997 in werking getree het. Daarna is sorghum, soos die ander graan-

soorte in Suid-Afrika, sonder beperking in die vryemark verhandel.

Sorghumpryse fluktueer aansienlik. Wanneer die plaaslike sorghumproduksie die

binnelandse verbruiksbehoeftes vir voedsel en drank oorskry, word die sorghum-

prys deur die laagste prys van mededingende graan (geelmielies) bepaal. In jare

waarin die binnelandse vraag na sorghum groter as die plaaslike produksie is, is die

prys afhanklik van die invoerpariteit en die premie wat vir moutkwaliteit betaal word.

Gedurende 2005 en die begin van 2006 het sorghumprodusente ’n gewel-

dige koste-prysdruk beleef. Produsentepryse van sorghum het drasties gedaal,

3,50

3,00

2,50

2,00

1,50

1,00

0,50

0.00

Ton/ha

1990/1991

1991/1992

1992/1993

1993/1994

1994/1995

1995/1996

1996/1967

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

Grafiek 18: Gemiddelde sorghumopbrengs per hektaar

3 000

2 500

2 000

1 500

1 000

500

0

3,50

3,00

2,50

2,00

1,50

1,00

0,50

0,00

Ton/ha

R/ton

1990/1991

1991/1992

1992/1993

1993/1994

1994/1995

1995/1996

1996/1997

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

Opbrengs per hektaar

Prys per ton

Grafiek 19: Gemiddelde sorghumopbrengs per hektaar en produsenteprys per ton