Previous Page  48 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 48 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႆႊ

Benewens die voorgenoemde aksies het die Koringraad navorsing by verskeie uni-

versiteite geborg. So byvoorbeeld het die Universiteit van Pretoria navorsing ge-

doen op wortelsiektes en oorsake van kratersiekte op die Springbokvlakte, terwyl

die Universiteit van Kaapstad navorsing gedoen het oor virusse in koring en die

oordraagbaarheid daarvan, onder andere deur die Russiese koringluis.

Die Universiteit van die Vrystaat was betrokke by navorsing oor droogtebestand-

heid by koring, die bestryding van wildehawer en die biologie en ekologie van die

Russiese koringluis. Navorsing by die Universiteit van Stellenbosch het gekonsen-

treer op koringkwaliteit, gars, lupiene-ontwikkeling en bemesting. By die Univer-

siteit van die Witwatersrand is die doeltreffende opname van anorganiese stikstof

by die koringplant tydens die groei- en ontwikkelingstadium nagevors.

Die belangrikste oogmerke met die navorsing was om koring- en ander winter-

graankultivars te ontwikkel wat die optimum opbrengs in die verskillende klimaat-

streke van Suid-Afrika sou lewer, sowel as die ontwikkeling van kultivars wat graan

van hoë gehalte sou lewer, veral met die oog op die bakbedryf.

Sedert die stigting van die Landbou Navorsingsraad (LNR) in 1990 het dié lig-

gaam aansienlike navorsing ten opsigte van koring onderneem, wat insluit die

ontwikkeling van variëteite wat hoë opbrengs lewer en oor goeie maal- en bak-

kwaliteite beskik, asook variëteite met ’n weerstand teen siektes, soos Russiese

koringluis en koringstamroes.

Die behoefte aan geskikte koringsaad het reeds in 1947 daartoe gelei dat die Koring-

raad begin het met ’n gesertifiseerde saadskema waarin geklassifiseerde kultivars

van wintergrane opgeneem is. Geskikte saadkwekers is geïdentifiseer wat klein hoe-

veelhede saad onder toesig van die Koringraad vermeerder en skoongemaak het

voordat dit versprei is. Dié gesertifiseerde saad is aan die Koringraad se agente en

aan produsente voorsien om hulle in staat te stel om hulle eie saad te vermeerder.

Die Koringraad se agente, wat meesal landboukoöperasies was, het begin om

saadvermeerdering op ’n groter skaal te bedryf en hulle eie saadskemas op te bou.

Later het die Sentrale Saadkwekers Koöperatief Beperk (Sensako) begin om saad

op groot skaal te vermeerder uit moedersaad wat van die Departement van Land-

bou-tegniese Dienste verkry is.

Gars en hawer

Voor deregulering in 1997 was die bemarking van gars en hawer, soos koring, deur

die Koringraad ingevolge die Wintergraanskema in ’n eenkanaalstelsel beheer.

In terme daarvan was die Koringraad die enigste koper en verkoper van gars en

ha-wer teen vasgestelde pryse. Soos in die geval van koring, kon gars en hawer

slegs ingevoer word op sterkte van ’n permit deur die Koringraad uitgereik.

Gars is naas koring waarskynlik die belangrikste kleingraansoort in Suid-Afrika.

Produksie van brouersgars onder droëlandtoestande vereis hoë reënval wat baie

goed oor die produksietydperk versprei is. Dit is in Suid-Afrika beperk tot ’n spesi-

fieke streek in die Suid-Kaap wat strek vanaf Botrivier in die weste tot Heidelberg in

die ooste. Gars word egter onder besproeiing in verskeie areas in die land gepro-

duseer, soos in die koeler besproeiingsareas van die Noord-Kaap Provinsie asook

op kleiner skaal op plekke in die Noordwes en Limpopo Provinsies.

Die verwerking van gars in mout is hoofsaaklik op Caledon in die Wes-Kaap gekon-

sentreer, hoewel op ’n kleiner skaal ook in Alrode naby Johannesburg.

Die mark vir brouersgars in Suid-Afrika bestaan in effek uit slegs een groot koper,

naamlik South African Breweries Maltings (SABM), wat sy meerderheidsaandeel-

houer, South African Breweries Limited (SAB), van brouersgars voorsien.

Garsprodusente is verseker van ’n mark vir hulle produk, aangesien die SAB Groep

’n skriftelike onderneming gegee het om gars slegs plaaslik aan te koop, wat by

wyse van vasteprys-vooruitkontrakte geskied.

Navorsing ten opsigte van gars word deur die Kleingraaninstituut te Bethlehem in

die Vrystaat Provinsie en die South African Barley Breeders’ Institute (Sabbi) naby

Caledon uitgevoer en word by wyse van statutêre heffings op garsverkope befonds.

Sorghumkorrels van naby bekyk.