Previous Page  51 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 51 / 75 Next Page
Page Background

ႇႃ

HOOFSTUK 1

hoofsaaklik as gevolg van oorproduksie en ’n sterker valutakoers, terwyl insetkoste

van veral ingevoerde insette soos brandstof, chemikalieë en kunsmis skerp gestyg

het. Dit het ’n vraagteken geplaas oor die vooruitsigte om sorghum volhoubaar

winsgewend in Suid-Afrika te kan verbou en daartoe gelei dat produsente genoop

was om aanplantings af te skaal.

Heffings

Statutêre heffings op sorghum wat ingevolge die Wet op Bemarking van Landbou-

produkte van 1996 gevorder word, word van tyd tot tyd hersien en die inkomste

daaruit word vir navorsingsdoeleindes deur die Sorghumtrust aangewend.

Die huidige heffings op sorghum is geldig tot 28 Februarie 2018.

Verwerking en verbruik

Sowat 90% van sorghum wat in Suid-Afrika verbou word, word vir die vervaar-

diging van menslike voedsel en drank aangewend. In die voedselmark word dit

gebruik vir die vervaardiging van mout, meel, couscous en ander kossoorte, soos

rys en gruis, terwyl mout meesal vir die vervaardiging van sorghumbier (’n tradi-

sionele Afrikabier) gebruik word. Sorghummeel, wat ook as ‘mabele’ bekend staan,

ding as ontbytpap direk met die ander graansoorte mee.

Vervaardigers van sorghumprodukte opereer in ’n geweldige mededingende

omgewing waarin verbruikers baie maklik kan oorskakel na substitute, soos mie-

liemeel, rys en lagerbier.

Die ekonomiese klimaat en die invloed van Westerse kultuur het ’n besliste in-

vloed op die vraag na sorghumprodukte. Die invloed van dié faktore kan gesien

word in die afnemende tendens in die verbruik van sorghum vanaf 2003/2004 tot

2013/2014, soos in die volgende diagram getoon.

Vanaf 2004/2005 tot 2013/2014 is gemiddeld sowat 178 660 ton sorghum/jaar vir

die verbruikersmark verwerk, met gemiddeld sowat 8 300 ton wat vir dierevoeding

aangewend is.

Die grootste aanwending van sorghum in Suid-Afrika is vir die produksie van sor-

ghumbier. In die 1930’s het die regering ’n verbod op die produksie van sorghum-

bier deur private instellings en individue geplaas en sorghumbierbrouerye wat nie

aan die Staat behoort het nie, is onwettig verklaar. Die reg om sorghumbier te

brou is aan plaaslike owerhede toegeken, op voorwaarde dat die inkomste wat

daaruit verdien is, vir die ontwikkeling van swart woongebiede aangewend moes

word. Die plaaslike owerhede het later hierdie verantwoordelikheid aan die Nywer-

heidsontwikkelingskorporasie oorgedra.

Die gebruik van sorghum as dierevoeding is met verloop van tyd goed nagevors en

gedokumenteer. In daardie mark is dit hoofsaaklik ten opsigte van geprosesseerde

kos vir troeteldiere, pluimvee en lewendehawe aangewend. Dit is egter nie ’n stabiele

350

300

250

200

150

100

50

0

Ton (duisend)

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

2014/2015

2015/2016

Menslike gebruik

Uitvoere

Dierevoeding

Grafiek 20: Aanwending/verbruik van sorghum