Previous Page  49 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 49 / 75 Next Page
Page Background

ႆႋ

HOOFSTUK 1

SORGHUMPERSPEKTIEF

Inleiding

Sorghum is ’n tropiese graangras wat inheems is aan Afrika en volgens sommige

bronne reeds vir meer as 3 000 jaar in Suidelike Afrika geproduseer word. Dit word

tans oor die hele wêreld in warmer klimaatstreke geproduseer en tel in terme van

volume onder die belangrikste graansoorte in die wêreld. Dit word toenemend as

die basis van suksesvolle voedsel- en drankbedrywe gebruik en is veral in Afrika ’n

belangrike bron van voedselsekuriteit, omdat dit uitstekende voedingswaarde bied.

In Suid-Afrika is sorghum in terme van volume die derde belangrikste graansoort,

naas mielies en koring. Sorghumproduksie in Suid-Afrika kan verdeel word tus-

sen kommersiële en kleinhoewe- of bestaansboerderye. Die kleinboere verbruik

gewoonlik self hulle produksie, wat dit moeilik maak om te bepaal presies hoeveel

sorghum werklik in Suid-Afrika geproduseer word. Na raming is gemiddeld sowat

13% van die totale sorghumproduksie in Suid-Afrika per jaar vanaf 2009 tot 2013

vir eie verbruik deur produsente, veral nie-kommersiële produsente, aangewend.

Een van die uitstaande kenmerke van sorghum is dat dit hoogs effektief is met die

omskakeling van sonenergie in voedsel. Dit is goed by droogtetoestande aange-

pas en word hoofsaaklik in die droër somerreënvalgebiede van Mpumalanga,

Limpopo, die Vrystaat, Noordwes en Gauteng geproduseer.

Dit is interessant dat verskeie van die sorghumvariëteite wat in die VSA verbou

word, waarskynlik afkomstig is van 16 verskillende variëteite wat in 1857 vanaf die

destydse Natal daarheen uitgevoer is.

Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse sorghumproduksie in omvang maar

slegs ’n klein persentasie teenoor mielies uitmaak, is die sorghumbedryf goed

gevestig en op vele gebiede toonaangewend in wêreldkonteks. Agronomiese na-

vorsing, asook navorsing oor maal- en moutgehalte word reeds vir dekades deur

internasionaal-erkende wetenskaplike instansies onderneem.

Produksie

Hoewel sorghum die derde grootste graanoes in Suid-Afrika oplewer, dra dit slegs

’n klein persentasie van die totale plaaslike graanoes by. Vanaf 2004/2005 tot

2014/2015 is gemiddeld sowat 189 522 ton sorghum per jaar in Suid-Afrika gepro-

duseer, wat slegs sowat 1,64% en 10,17% van die gemiddelde jaarlikse mielie- en

koringoes, onderskeidelik, oor daardie tydperk verteenwoordig.

Die Vrystaat Provinsie is die grootste produseerder van sorghum in Suid-Afrika

en het vanaf 2004/2005 tot 2013/2014 jaarliks gemiddeld 54% van die sorghumoes

geproduseer, met Mpumalanga die tweede grootste (26%), gevolg deur Limpopo

(10%), Noordwes (7%) en Gauteng (2%).

In die periode vanaf 2000/2001 tot 2014/2015 het die totale Suid-Afrikaanse sor-

ghumoes gewissel tussen 96 000 ton (in 2005/2006) en 373 000 ton (in 2003/2004),

met ’n gemiddeld van 203 360 ton/jaar.

Die beroking van graan teen insekte.

250,0

200,0

150,0

100,0

50,0

0,0

Ton (duisend)

1993/1994

1994/1995

1995/1996

1996/1997

1997/1998

1998/1999

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

2005/2006

2006/2007

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

2013/2014

2014/2015

Vrystaat

Limpopo

Gauteng

KwaZulu-Natal

Mpumalanga

Noordwes

Grafiek 17: Sorghumproduksie per provinsie