ႇႉ
HOOFSTUK 1
besmetting kan wel deur blansjering van die besmette grondbone teengewerk word,
maar dit gaan met hoë koste gepaard.
Ten einde die verspreiding van aflatoksien te beperk, moet alle verwerkingsin-
frastrukture in Suid-Afrika aan streng vereistes van die Departement van Gesond-
heid voldoen. Fisiese toetse word op monsters van alle lotte gedoen voordat dit
verkoop mag word.
Kultivars
Suid-Afrika produseer feitlik uitsluitlik die Spaanse tipe grondboon en hoewel
navorsing ten opsigte van die ontwikkeling van grondbonekultivars deurlopend
aandag geniet, was slegs die volgende goedgekeurde kultivars in 2013 in Suid-
Afrika beskikbaar:
Gesien in die lig van ’n groeiende vraag na grondbonevariëteite wat ’n hoër op-
brengs lewer, het die LNR gedurende 2011 en 2012 spesifiek navorsing daaroor
gedoen in verskeie van die lande wat groot produsente van grondbone is. Die LNR
het tot die slotsom gekom dat die beste alternatief vir Suid-Afrika waarskynlik sou
wees om saad vir vermeerdering vanaf Senegal in te voer.
Gedurende 2012 is egter ook vasgestel dat sommige van die groter rolspelers in
die bedryf onafhanklik van die LNR nuwe teellyne/variëteite ingevoer het in ’n po-
ging om produksie-opbrengs te verhoog, omdat hulle ontevrede was met die LNR
se teelprogram ten opsigte van variëteite wat ’n hoër opbrengs kan lewer.
Bemarking
Tydens die bestaan van die Oliesaderaad is grondbone volgens ’n eenkanaalstelsel
bemark, met pryse wat ingevolge die Oliesaadbeheerskema bepaal is. Na die af-
skaffing van beheer in 1997 is grondbone se prys in die markplek gevorm, gedryf
deur vraag, aanbod en kwaliteit.
Grafiek 24 (op bladsy 58) toon die jaarlikse verandering van grondbonepryse
vergeleke met die tonne geproduseer vanaf 1990/1991 tot 2013/2014. Dit toon ’n
duidelike korrelasie tussen die totale aantal tonne geproduseer en die produsen-
teprys, maar geïndekseerde prysvergelykings toon wel dat die produsenteprys
vanaf 2006/2007 struktureel aansienlik hoër is as die geskiedkundige prys.
’n Studie wat in 2012 deur die Bureau for Food and Agricultural Policy (BFAP)
uitgevoer is, het bevind dat ’n gebrek aan onderlinge vertroue in die grondbone-
industrie se waardeketting ’n demper plaas op inisiatiewe om dit te groei en ekono-
mieë van skaal te herwin ten einde die deurlopende voorsiening van hoë kwaliteit
grondbone aan die mark te kan verseker. Die mening is uitgespreek dat ’n totale
omkeerstrategie in die bedryf in Suid-Afrika nodig was en dat dit deur die groot
rolspelers gedryf moet word, ’n proses waarin hulle meen die Grondboneforum ’n
belangrike koördinerende rol kan speel.
Daar is ook bevind dat groot onsekerheid oor prysvorming in die grondbonebedryf
heers, veral ten opsigte van voorseisoenkontrakte, wat ’n belangrike rol speel in
produsente se besluit om grondbone te plant al dan nie. Die aanbeveling was dat ’n
spesifieke prysstrategie nodig is om ’n deursigtige prysbepalingsmeganisme daar
te stel en dat die moontlikheid ondersoek moet word om ’n prysverskansingsme-
ganisme vir grondbone in te stel.
Grondbone wat in Suid-Afrika verbou word, is tradisioneel ’n uitvoerproduk en ten
spyte van die probleme wat die bedryf ondervind, is Suid-Afrika ’n netto uitvoerder
Geregistreerde kultivars 2013
Akwa (254)
Harts (254)
Kwarts (254)
Phb 96B01 R (411)
Anel (254)
JL 24 (959)
Rambo (254)
Phb 95Y41 R (411)
Billy (254)
Kangwane Red (254) Sellie
Phb 95Y40 R (411)
Robbie
PAN 9212
Tufa (254)
Phb 95Y20 R (411)
Mwenje (1137)
SA Juweel (254)
Inkanyezi (959)
Phb 95B53 R (411)
Nyanda (1173)