Previous Page  59 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 59 / 75 Next Page
Page Background

ႇႋ

HOOFSTUK 1

Produksie

Sonneblom presteer beter as die meeste ander graangewasse onder ongunstige,

droë klimaatstoestande, wat moontlik verklaar waarom dit ’n gewilde gewas is om

in die meer marginale produksiegebiede van Suid-Afrika te verbou.

Sonneblom is ’n goeie wisselbougewas met mielies en daar bestaan ’n redelike korre-

lasie tussen die oppervlaktes waarop mielies en sonneblom, onderskeidelik, geplant

word, omdat produsente maklik kan oorskakel na sonneblom wanneer die optimale

plantdatum vir mielies verby is. Dit verklaar ook deels waarom sonneblomproduksie

van jaar tot jaar redelik baie wissel, soos wat Grafiek 26 (op bladsy 60) aantoon.

In 2008 was Suid-Afrika die wêreld se tiende grootste produseerder van sonne-

blomsaad, wat hoofsaaklik in die Vrystaat, Noordwes, Limpopo en die hoëveld

van Mpumalanga geproduseer is.