Previous Page  52 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 52 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႇႄ

mark nie en klaarblyklik is prys die bepalende faktor by die besluit of mielies dan wel

sorghum in dierevoeding gebruik sal word.

Vir herkouers lewer ’n kombinasie van sorghum met ander graansoorte ’n produk

met ’n voedingswaarde vergelykbaar met dié van mielies. Voedselvervaardigers

is egter soms huiwerig om sorghum in die plek van mielies te gebruik vanweë

die negatiewe effek wat lokaliteit en die verloop van die seisoen op die voe-

dingswaarde van sorghum kan uitoefen en die moontlike voorkoms van tanniene

daarin. Dit, tesame met probleme rondom beskikbaarheid van die regte kwaliteit,

stoorspasie en ander praktiese probleme, plaas sorghum in ’n aansienlik swakker

posisie as mielies.

Ongeveer 55% van die sorghummeel- en moutvervaardigers is in die Gauteng

en Noordwes Provinsies gekonsentreer, gevolg deur die Limpopo Provinsie,

Noordoos-Vrystaat en die noordelike dele van KwaZulu-Natal. Omdat die groter

nywerhede sorghummout sowel as sorghummeel en ander sorghumprodukte

vervaardig, word al hierdie produkte normaalweg deur dieselfde distribusieka-

nale versprei. Die distribusienetwerk strek veel wyer as net die gebiede waar sor-

ghum gekweek en verwerk word. Daar is ook heelwat gebiede in Suid-Afrika waar

die verspreidingsnetwerke nog nie behoorlik gevestig is nie, wat ’n potensiaal vir

markuitbreiding vir sorghumprodukte skep.

Kwaliteit en gradering

Sorghum word volgens streng kwaliteitstandaarde as GM (GM1, GM2 en GM3), GH

(GH1 en GH2) en Ander, gradeer en die bemarking daarvan word streng beheer

deur regulasies wat ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde van 1990 af-

gekondig is. Die regulasies maak ook voorsiening vir die wyse waarop sorghum

verpak en gemerk moet word en plaas ’n verbod op die verkoop van sorghum wat

enige bestanddeel bevat wat dit ongeskik vir menslike of dierlike gebruik sou maak.

Die Wet op Landbouprodukstandaarde van 1990 en die Wet op Voedingsmiddels,

Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels van 1972 bevat ook spesifieke voor-

skrifte ten opsigte van voedselhigiëne en veiligheidstandaarde ten opsigte van

sorghumprodukte wat vir uitvoer bestem is.

Opberging

Sorghum word hoofsaaklik in kommersiële graansilo’s teen markverwante koste

opgeberg, waar dit skoongemaak en gegradeer kan word. Gewoonlik word enige

praktiese hoeveelheid graansorghum ontvang en hanteer, mits dit aan die Depar-

tement van Gesondheid se vereistes voldoen. Soos met ander graan, word die

kwaliteit en kwantiteit van die opgebergde sorghum gewoonlik deur die opberger

gewaarborg en kan die eienaar daarvan ’n silosertifikaat verkry wat vir verhande-

ling van die sorghum gebruik kan word.

Slegs 'n beperkte hoeveelheid sorghum vloei direk na die onderskeie marksektore,

aangesien slegs enkele verwerkers oor genoegsame losmaatfasiliteite beskik om

dit op te berg.

Navorsing

Sorghum is een van die gewasse waarop navorsing deur die LNR se Graangewas-

instituut te Potchefstroom gedoen word. Navorsingsprojekte op sorghum is aan-

vanklik gesamentlik deur die regering en eksterne bronne soos die Sorghumtrust

befonds. Die befondsing van navorsingsprojekte het egter met verloop van tyd

meer en meer problematies geword, namate die regering sy bydraes vir daardie

doel begin afskaal het en dit moeiliker geword het om fondse vir navorsing uit die

sorghumbedryf self te genereer.

Die Sorghumtrust maak bydraes vir navorsing aan instansies soos die LNR,

Graan SA, universiteite en nie-regeringsorganisasies. Die Sorghum Forum nooi

jaarliks alle relevante navorsingsinstellings uit om navorsingsvoorstelle aan die

forum voor te lê. Die forum se Navorsingsprojekkomitee evalueer en prioritiseer

die voorgestelde projekte volgens norme en kriteria wat deur die forum daargestel

is. Navorsers word die geleentheid gebied om die voorgestelde projekte te ver-

duidelik, waarna die Komitee sy aanbevelings aan die forum voorlê.