Previous Page  47 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 47 / 75 Next Page
Page Background

ႆႉ

HOOFSTUK 1

April 1938, het die Koringraad ’n verdere bedrag van £934 aan die genoemde kollege

geskenk vir die aankoop van nog apparate wat vir navorsing op koring gebruik is.

Daarna het die Koringraad by verskeie geleenthede verdere skenkings aan die land-

boukollege gemaak vir die aanstelling van personeel en die aankoop van toerus-

ting en apparate wat vir meer gevorderde navorsing benodig was. Dit het, onder

andere, oonde en apparaat wat nodig was om die asinhoud van brood te bepaal

asook ’n broeikas wat in navorsing oor koringsiektes gebruik is, ingesluit.

Met verloop van tyd het ontevredenheid by sekere lede van die Koringraad ontstaan

oor die herhaalde skenkings aan die Elsenburg Landboukollege terwyl die behoef-

te ook verder gestrek het na die universiteite, kolleges en navorsingsentrums in die

noordelike dele van die land. Die aangeleentheid is ook deur die georganiseerde

landbou op provinsiale sowel as nasionale vlak bespreek en die Koringraad is ver-

soek om ’n heffing op koring, hawer, gars en rog in te stel ten einde fondse vir na-

vorsing te genereer. Die Koringraad het dit ondersteun en in 1952 die Wintergraan

Navorsingsfonds daargestel. Vanaf die 1953/1954-seisoen is ’n spesiale heffing op

die wintergraansoorte ingestel, wat van die produsenteprys afgetrek is. Die hef-

fings wat ten opsigte van die verskillende graansoorte ingesamel is, is spesifiek vir

navorsing van elke betrokke graansoort aangewend.

Namate koringverbouing in die destydse Vrystaat en Transvaal toegeneem het, het

die behoefte aan navorsing en navorsingsfasiliteite in daardie dele gegroei en in

1953 het die Koringraad skenkings vir daardie doel aan die Potchefstroomse Uni-

versiteit en die Kleingraansentrum by Bethlehem gemaak. Later is bedrae ook aan

die Roodeplaat navorsingsentrum geskenk vir die oprigting van ’n laboratoriumge-

bou en ander fasiliteite. Dit was egter van relatiewe korte duur, aangesien besluit is

om alle koringnavorsingsaksies van die noordelike gebiede by die Kleingraansen-

trum te Bethlehem te konsentreer.

Die Kleingraaninstituut se laboratorium.