Previous Page  46 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 46 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႆႈ

Die heffings is in die geografiese gebied van die Republiek van Suid-Afrika van

toepassing en word op alle wintergraan gehef:

(a) Wat deur of namens die produsent daarvan verkoop word;

(b) wat in die Republiek van Suid-Afrika ingevoer word;

(c) wat verwerk of omskep word in 'n wintergraanproduk, indien die wintergraan-

produk bestem is om van die hand gesit te word;

(d) wat uit die Republiek van Suid-Afrika uitgevoer word, indien die heffing nie

ingevolge enige van die voormelde betaal is nie; en

(e) ten opsigte waarvan 'n silo-ontvangsbewys uitgereik word, indien die heffing

nog nie ingevolge enige van die bostaande betaal is nie.

Die bedrag van die heffing word van tyd tot aangepas. Die volgende heffings is

vanaf 1 Oktober 2014 tot 30 September 2016 van toepassing (BTW uitgesluit):

• Koring R17,00 per metrieke ton

• Gars R16,00 per metrieke ton

• Hawer R13,00 per metrieke ton.

Die heffing is betaalbaar deur die koper, invoerder of verwerker op die basis soos

in die regulasies bepaal, maar onder sekere omstandighede kan dit van die koop-

prys wat aan die produsent of die invoerder betaalbaar is, afgetrek word. In die

geval van ’n silo-ontvangsbewys is die heffing deur die uitreiker van die bewys

betaalbaar, maar dit kan eweneens verhaal word van die persoon aan wie die silo-

ontvangsbewys uitgereik word.

Die heffings mag nie later nie as die laaste dag van die maand volgende op die

maand waarin die wintergraan aangekoop, omgesit, verwerk of uitgevoer is, of 'n

silo-ontvangsbewys daarvoor uitgereik is, aan die Wintergraantrust betaal word.

Die statutêre heffings moet soos volg aangewend word: 70% daarvan vir navor-

sing en inligting, 20% vir transformasie (ontwikkeling van swart produsente) en

hoogstens 10% vir administrasie.

Navorsing

Die noodsaaklikheid van navorsing in die koringbedryf het reeds in 1936 daartoe

gelei dat die Koringraad ’n bedrag van £620 aan die Stellenbosch-Elsenburg Land-

boukollege geskenk het vir die aankoop van ’n Farinograph-Fermentograph, wat

gebruik is om die bakkwaliteit van koring te toets. Ongeveer twee jaar later, in

Die Kleingraaninstituut doen uitgebreide navorsing op wintergrane.