Previous Page  45 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 45 / 75 Next Page
Page Background

ႆႇ

HOOFSTUK 1

Heffings

Invoertarief

Die Suid-Afrikaanse koringbedryf is onderhewig aan die betaling van tariewe op

koring wat ingevoer word. Dit is hoofsaaklik ingestel om plaaslike produsente teen

lae gesubsidieerde wêreldpryse te beskerm, wat daartoe kan lei dat die plaaslike

pryse daal tot vlakke wat die volhoubaarheid van die koringbedryf in Suid-Afrika in

gevaar kan stel. Die tarief is gebaseer op die vasgestelde wêreldprys in VSA-dollar.

Indien wêreldpryse van koring onder die vasgestelde vlak daal wat volgens ’n vaste

formule bereken word, tree die tarief in werking.

Gedurende 2005 het die International Trade Administration Commission (ITAC) van

Suid-Afrika ’n studie onderneem om te bepaal of die heersende tariefbedeling op in-

voere effektief was. Die koringbedryf was van mening dat die stelsel oneffektief was,

omdat die basis vir berekening van die tariewe slegs die blote VSA-dollarprys van

koring in aanmerking geneem het, sonder inagneming van die wisselkoersverande-

ring tussen die VSA dollar en die SA rand. Dit het ook nie die verskille wat tussen die

verskillende lande van oorsprong van die koring bestaan, in ag geneem nie.

Gevolglik het die graanbedryf ’n alternatiewe bedeling ten opsigte van tariefbepa-

ling voorgestel wat, onder andere, daardie aspekte in aanmerking sou neem. Die

ITAC het egter bevind dat daar nie enige regverdiging vir ’n tariefverhoging was

nie, omdat die maalbedryf in besonder nie noemenswaardige mededinging van

invoere ondervind nie.

Statutêre heffing

Die oogmerke en doelwitte van die statutêre heffing, wat ingevolge die Wet op die

Bemarking van Landbouprodukte, 1996, op koring, gars en hawer ingestel word,

is om finansiële ondersteuning aan wintergraannavorsings-, inligtings- en ontwik-

kelingsfunksies te verleen wat deur die wintergraanbedryf as noodsaaklik en in

belang van die bedryf geïdentifiseer is. Die instandhouding van makro bedryfs-

inligting word deur die wintergraanbedryf en deur direk-geaffekteerde partye as

noodsaaklik geag vir strategiese beplanningsdoeleindes.

Die verskaffing van generiese markinligting op 'n deurlopende basis aan alle rol-

spelers is krities om die mark doeltreffend te laat opereer. Die wintergraanbedryf

ondersteun die beginsel dat generiese markinligting deur middel van statutêre

maatreëls verkry moet word en dat SAGIS die amptelike voertuig is om dit te be-

reik. 'n Statutêre heffing word vereis om te verseker dat die wintergraanbedryf ook

deel in die versameling en verspreiding van markinligting.

Die uitgangspunt is dat behoorlike en akkurate wintergraanmarkinligting, wat

deurlopend en tydig beskikbaar is, nie slegs marktoegang vir alle markdeelnemers

verbeter nie, maar ook die doeltreffendheid van die bemarking van wintergraan

en wintergraanprodukte en dus ook die lewensvatbaarheid van die wintergraan-

bedryf en die landbousektor in die breë bevorder. Markinligting bevorder voorts

voedselsekerheid deurdat die mark beter kan funksioneer, aangesien inligting oor

nasionale voorraadvlakke van wintergraan beskikbaar is.

Finansiering word ook benodig vir navorsing oor nuwe tegnologie om die kom-

plekse interaksie tussen die veranderde gedragspatrone van oeste en die eksterne

faktore wat dit beïnvloed, soos plae en siektes, te kan verstaan en bestuur. Dit is

ook vir die bedryf noodsaaklik dat die spesifieke infrastruktuur wat oor tyd ge-

vestig is om navorsing oor verbruikersvoorkeure te doen, in stand gehou word.

Verder, ten einde die opbrengs uit uitvoere te optimaliseer, is dit noodsaaklik dat

Suid-Afrikaanse produkte aan internasionale kwaliteitstandaarde voldoen, wat ’n

behoefte skep dat navorsers en telers moet toesien dat plaaslik geproduseerde

wintergraan mededingend is en bly op internasionale markte. Die heffing word

benodig vir die befondsing van navorsingsprojekte ten einde hierdie behoeftes

aan te spreek.

Die heffings word deur die Wintergraantrust in ’n afsonderlike rekening geadmi-

nistreer. ’n Deel daarvan word ook op kleinskaalse produsente en die ontwikkelende

wintergraanbedryf toegespits.