DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆႆ
Die Mededingingsraad het ook die mening uitgespreek dat die broodsubsidie nie
in sy bestaande vorm voortgesit moes word nie en het die aanbevelings van die
Davin-kommissie daaroor ondersteun.
In 1986 het die Nasionale Bemarkingsraad (NBR) op versoek van Minister Went-
zel (Landbou), die toepassing van die Wintergraanskema ondersoek, tesame met
ander skemas wat in terme van die Bemarkingswet ingestel is. Die NBR het,
onder andere, aanbeveel dat sekere aanpassings in die stelsel van beperkende
registrasies ten opsigte van meulenaars en bakkers in terme van die Winter-
graanskema gemaak moet word deur dit met ’n stelsel van formele registrasie
te vervang.
Vanaf 1990 het die Koringraad se rol drasties begin verander en die regulerende
maatreëls ten opsigte van die koringbedryf is inderdaad aangepas om die mark toe
te laat om tot ’n groter mate volgens vryemarkbeginsels te funksioneer.
In 1991 is die verpligte registrasie van meulenaars en bakkers deur die Koringraad
afgeskaf en prysbeheer op alle koringprodukte is opgehef, waarna die prys van
brood vinnig gestyg het. Witbrood se prys het in een jaar met 26,1% gestyg en dié
van bruinbrood met 27%. Verbruikers het ook begin kla oor die lae kwaliteit van die
brood wat na die afskaffing van beheer gevolg het.
Die broodsubsidie, wat vanaf die 1940’s bestaan het, is met verloop van tyd af-
geskaal en vanaf 1947 is gedifferensieerde subsidies op standaard witbrood en
bruinbrood betaal, met ’n hoër subsidie op bruinbrood. Die subsidie op witbrood
is vanaf Februarie 1984 afgeskaf en in 1988 het die Kabinet in beginsel besluit om
die broodsubsidie oor ’n tydperk van drie jaar uit te faseer. Die Blignaut-komitee is
aangestel om die strategie ten opsigte daarvan finaal uit te werk en op 1 Maart 1991
is die betaling van staatsubsidies op alle standaardbrood in totaal afgeskaf.
Ook in die meulenaarsbedryf het grootskaalse konsentrasie van mag plaasgevind.
Die aantal koringmeulens in die land het van 120 in 1951 tot slegs 66 in 1974 vermin-
der. Die Kommissie van Ondersoek na die Bemarkingswet wat in 1979 aangestel is,
het egter aanbeveel dat die Koringraad die bevoegdheidmoes behou ommeulenaars
te registreer. Teen 1985 was daar slegs 50 geregistreerde koringmeulens in Suid-
Afrika, waarvan 31 deur ses meulenaarsgroepe met ’n gesamentlike markaandeel
van 98% besit is.
Benewens hulle maalaktiwiteite het die groter meulens ook reeds gedurende die
1970’s en 1980’s hulle beheer uitgebrei na die bakkersbedryf. Teen die tyd wat die
registrasiebeperkings opgehef is, het die paar groepe wat die grootste hoeveelheid
broodmeel in Suid-Afrika verkoop het, ook die meeste brood in die land gebak. Ten
spyte daarvan dat daar letterlik duisende klein bakkerye ontstaan het, was meer as
80% van die broodproduksie teen 1990 steeds in die hande van slegs ses groepe.
Hoewel die afskaffing van prysbeheer op broodmeel en die beperkings op registra-
sie in 1991 die weg gebaan het vir nuwe toetreders tot die koringmaalbedryf, het
dit nie 'n noemenswaardige impak gedurende die 1990’s gehad nie. Ten spyte
daarvan dat 90 nuwe koringmeulens in Suid-Afrika tussen 1991 en 1999 opgerig is,
is sowat 97% van Suid-Afrika se koringmeel op daardie stadium deur slegs 33 van
die groter meulens geproduseer.
TEEN DIE JAAR 2000 HET
VIER GROEPE, NAAMLIK
PIONEER FOODS, TIGER
BRANDS, PREMIER FOOD
EN FOODCORP 80% VAN
DIE LAND SE KORING
GEMAAL EN MEER AS 65%
VAN DIE BROOD IN DIE
LAND GEBAK.