ႆႅ
HOOFSTUK 1
Die destydse Minister van Gesondheid, dr Karl Bremer, was ernstig om oplos-
sings te vind wat wanvoeding sou teenwerk. As deel van sy pogings om dit aan
te spreek, het hy ’n nasionale broodverrykingskema ingestel, wat behels het dat
sekere nutriënte (grondbonemeel, karringmelkpoeier, afgeroomde melkpoeier en
kalsiumkarbonaat) op die staat se koste in bruinbroodmeel ingemeng is om die
voedingswaarde daarvan te verhoog.
Die brood het as die Bremer-brood bekend gestaan en was tot so ’n mate deur
die staat gesubsidieer dat dit teen laer pryse as gewone bruinbrood verkoop
kon word.
Alle beperkings wat gedurende die oorlogsjare op die verkoop van brood en
ander koringprodukte bestaan het, is op 1 November 1948 opgehef. Dit het tot
’n geweldige toename in die vraag na daardie produkte gelei en in 1948/1949 is
sowat 600 000 ton koring verbruik, teenoor die vorige twaalf jaar se gemiddelde
verbruik van 400 000 ton/jaar.
Bak- en maalbedrywe
Die bakbedryf was ook onderhewig aan beheermaatreëls wat ingestel is met
die doel om stabiliteit te verseker, effektiwiteit deur ekonomie van skaal en
optimale kapasiteitsbenutting te bevorder en die prys van brood bekostigbaar
te hou. Dit het gevolg op ’n aanbeveling van die Raad op Handel en Nywerhede
in 1939 dat die Koringraad beperkende registrasie vir meulenaars en bak-
kers implementeer.
Dié beleid oor registrasie is in die daaropvolgende jare deurlopend volgens veran-
derende omstandighede aangepas. Een van die gevolge daarvan was dat ’n kon-
sentrasie van mag in die bakbedryf begin ontstaan het. Die aantal geregistreerde
bakkers het vanaf 1941 tot 1971 van 200 tot slegs 104 verminder. Teen 1985 het ses
bakkersgroepe gesamentlik sowat 90% van Suid-Afrika se brood gebak.
Hierdie konsentrasie van mag het waarskynlik daartoe bygedra dat ’n Kommissie
van Ondersoek na die Bemarkingswet (die Wentzel-kommissie) in 1976 aangestel
is. Hoewel die kommissie se verslag die voortsetting van die Bemarkingswet onder-
steun het, het dit tog melding gemaak van die kommerwekkende newe-effekte van
die Bemarkingswet op die koringbedryf en van die Koringraad se bevoegdheid
om die hoeveelheid bakkers en meulenaars te beperk.
Die kommissie het aanbeveel dat die Koringraad die bevoegdheid moes behou om
toetrede tot die bakkersbedryf te beheer en die stelsel van registrasie van bakkers
moes vervang met formele registrasie.
Gedurende die 1980’s het die druk op die owerhede om die bakkersbedryf meer
toeganklik vir nuwe toetreders te maak, toegeneem en tot die toekenning van
meer lisensies vir die bak van die gesubsidieerde standaardbrood gelei. Die aan-
tal bakkerye wat deur die Koringraad gelisensieer was om dié brood te bak, het
van 338 in Oktober 1985 tot 370 in Februarie 1991 toegeneem.
Gedurende 1985 is die Davin-kommissie aangestel om ondersoek in te stel na
die regverdiging vir die betaling van staatsubsidies op brood en die voortsetting
daarvan. Die kommissie het aanbeveel dat die Koringraad moes voortgaan om pro-
dusentepryse vir koring te bepaal, maar dat prysbeheer, die betaling van subsidies
en beperkende registrasie van meulenaars en bakkers van standaardbrood gestaak
moes word. Slegs die aanbeveling en opsigte van die registrasie van meulenaars is
op daardie stadium geïmplementeer.
In 1985 het die Mededingingsraad die volgende aanbevelings gemaak na aanleiding
van ’n ondersoek wat in opdrag van die Minister van Handel en Nywerheid na ekono-
miese mededinging in die meulenaars- en bakkersbedryf in Suid-Afrika ingestel is:
• Die beperkende stelsel van registrasie van meulenaars en bakkers moet af-
geskaf en met ’n stelsel van formele registrasie vervang word.
• Prysbeheer op meulenaars- en bakkersprodukte moet afgeskaf word.
• Ten einde te verhoed dat ekonomiese magskonsentrasie in die koringbedryf
toeneem, moet die Mededingingsraad in die toekoms van alle voorgenome be-
sigheidsverkrygings in die bedryf in kennis gestel word.
MNR ANDRIES BEYERS
D
it is ’n voldonge feit dat
mens nie met enige meel
brood kan bak nie. Die
g¢aderingsvereistes vir koring-
meel was op daardie stadium 9%
proteïen en 70 skepel – anders
was dit voerg¢aad.
Op ʼn dag ar¢iveer daar ’n paar
dames van die Wes-Kaap af by
my kantoor. Hulle sit sulke mooi
gebakte brode voor my neer en sê:
“Hierdie brode is gebak met meel
waar©an die skepel t§ssen 60
en 70 is.” Ek vra toe: “Hoe lank
het julle dit geknie?” (Want as jy
deeg lank genoeg knie en deur-
werk sal jy naderhand ’n brood
kan bak.) “Nee, lank,” sê hulle,
“maar ons wil net vir jou wys dit
kan gedoen word. Gaan wys dit
vir die meulenaars.”
Die meulenaars en bakkers se
proses laat eg¥er r§imte vir iets
soos drie minute vir ʼn brood
om te r®s – jy kan hom dus nie
uithaal, knie en uithaal en weer
knie nie. Met dié verduideliking
is hulle ná ’n koppie tee of t«ee
heel tevrede daar weg.
TANNIES WAT KÁN KNIE