DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆႂ
4 000
3 000
2 000
1 000
0
Ton (duisend)
1998/1999
1999/2000
2000/2001
2001/2002
2002/2003
2003/2004
2004/2005
2005/2006
2006/2007
2007/2008
2008/2009
2009/2010
2010/2011
2011/2012
2012/2013
2013/2014
2014/2015
Menslike verbruik
Totale lewerings
Grafiek 16: Menslike koringverbruik versus totale lewerings
Gedurende 1995/1996 het Suid-Afrika een miljoen ton koring ingevoer. Dit was hoof-
saaklik toe te skryf aan droë klimaatstoestande in die westelike dele van die Vrystaat
en oormatige reën asook hael gedurende die oesseisoen in die Oos-Vrystaat.
In die tydperk vanaf 2000 tot 2004 het invoere ’n deurlopende stygende tendens
getoon. In 2004 is 1,2 miljoen ton koring ingevoer, sowat 60% meer as in die vorige
jaar, as gevolg van ongunstige produksietoestande wat gedurende daardie tydperk
in Suid-Afrika geheers het. Daarna het koringinvoere deurlopend gestyg, soos uit
die bostaande diagram blyk.
Oorhoofs gesien, het die oppervlakte waarop koring in Suid-Afrika verbou word,
in die laaste 40 jaar voor 2013/2014 van ’n rekord 2 025 000 ha tot sowat
500 000 ha afgeneem. Dit het veroorsaak dat Suid-Afrika vir ongeveer die laaste
helfte van daardie tydperk ’n netto invoerder van koring was.
As gevolg van die bogenoemde veranderings in die bedryf produseer Suid-Afrika
sedert 2010 deurlopend minder as 60% van die koring wat vir binnelandse gebruik
benodig word.
Samewerking
Gedurende die eerste gedeelte van die twintigste eeu was die Suid-Afrikaanse
regering oor die algemeen bereid om die plaaslike landbou te beskerm en
selfvoorsiening aan te moedig. Die regering het die beskerming van landbou as ’n
“noodsaaklike euwel” beskou ten einde produsente en meulenaars die geleentheid
te gee om in ’n beskermde omgewing te kan optree. Dit het ook saamgegaan met
die beweging om koöperatiewe samewerking onder produsente aan te moedig ten
einde ontwikkeling te bevorder.
Vir koringprodusente in besonder het goeie redes vir nouer samewerking bestaan,
soos gereelde swak oeste as gevolg van droogtes, wat tot geweldige prysfluktu-
asies van jaar tot jaar gelei het. Daarom het die koringprodusente in die Swartland,
wat op daardie stadium sowat 80% van Suid-Afrika se koring verbou het, reeds in
1912 ’n koöperasie (die Westelike Graan Boeren Koöperatiewe Vereniging, bekend
as Wesgraan) gestig in ’n poging om hulpbronne te verpoel, toerusting te verkry en
onder mekaar te gebruik en verkope te bevorder.
In 1920 het die Swartlandse produsente ook ’n meulenaarsmaatskappy, Bokomo,
gestig met die doel om die lede se koring te maal en aan hulle ’n mate van beheer
oor hulle produkte en die prys daarvan nadat dit die plaas verlaat het, te gee.
Aan die einde van 1930 het die produsente wat by Wesgraan en Bokomo betrokke
was, ’n sentrale bemarkingskoöperasie, naamlik Sasko, gestig wat sou poog om
koring regdeur Suid-Afrika te verkoop, die prys daarvan te stabiliseer en produksie
te konsolideer. Ongelukkig was Sasko weens wisselende invoerpryse en onvoor-
spelbare plaaslike produksievolumes nie in staat om die prys van koring werklik te
stabiliseer nie.
Koringprodusente het dus aanhou druk uitoefen vir meer staatsondersteuning,
veral in die lig van die groot droogte en dalende pryse van die vroeë 1930’s. Dit het